‘Mighty Men’ bid 40 dae vir die land

Die Mighty Men Konferensie. Foto: www.karoommc.co.za

Die Mighty Men Konferensie. Foto: www.karoommc.co.za

Die Karoo Mighty Men-konferensie het hul 40-dae-bid-samekoms op 17 Maart bekendgestel. Gedurende dié jaarlikse geleentheid kan Suid-Afrikaners hande neem om 40 dae lank vir die land te bid.

Die Mighty Men-konferensie, gelei deur Angus Buchan, het ten doel om die lewe van mans te verander deur hulle te versoen met God en met mekaar.

Die konferensie het elke jaar ʼn 40-dae-aanloop waartydens almal uitgenooi word om te bid vir die land. Die 40ste dag van dié konferensie is vanjaar op Vryheidsdag, 27 April, wat die eerste dag van samekoms vir die Mighty Men-konferensie sal wees.

Ferdie Potgieter van RTD Ministries het gesê die samekoms is juis op Vryheidsdag omdat hulle hoop vir groter betrokkenheid van mense.

“Omdat dit Vryheidsdag is, stel dit mense in staat om die laaste dag van die samekoms af te neem by die werk en die hele dag saam hande te vat en te bid,” het hy gesê.

Die Mighty Men-konferensie moedig ook mense aan om op 27 April vir die hele dag te vas.

“Die kombinasie van vas en bid is algemeen in die Bybel. Jesus het gesê daar sou ʼn tyd kom dat sy dissipels moet bid en vas,” het hy gesê.

“Ons weet dat ware vryheid net te vinde is wanneer Jesus Christus in ’n mens se lewe is. Die landwye samekoms en die dag van gebed gaan egter nie net ʼn positiewe uitwerking hê op die gees van die mens nie, maar ook as oproep dien dat God weer beheer neem oor ons land en elkeen se lewe.”

Potgieter sê mense moet op 27 April in watter omstandighede ook al die dag saam met ander probeer deurbring om te bid en te vas. “Almal moet byeenkom in huise, kerke en enige ander plek om saam te bid in groepe. Elke man moet bid saam met sy vrou, elke pa saam met sy gesin en elke groep- en kerkleier moet gebed hanteer soos God hulle lei.”

Hy sê gebedstemas gedurende die bid-en-vas-samekoms behels alles wat mense ook al op die hart het – van die regering, ondernemings, opvoedkunde, familielewe, die media, kerke en vermaak waaraan mense blootgestel word.

Vir meer inligting oor die samekoms, bel Dave Turner by 049 842 1911/079 879 1848 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Besoek die Mighty Men Konferensie se webwerf of Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elizabeth ·

Baie dankie, julle! Dit is al wat ons nog kan red. Te veel negatiewe “vibes” hang hier rond!

m ·

Dankie julle ons het verseker nodig in hierdie deurmekaar land.

Ronnie ·

Baie goeie inisiatief. Eintlik moet ons elke dag vir ons land bid, nie net 40 dae nie.

rudolph ·

dis die enigste manier om verskil te bewerkstellig gebed in eenheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.