Miriam is dood

Miriam

Foto: Verskaf

Miriam is vanaand dood. In my hele lewe was ek nog nooit so hartseer nie. Maar ook nog nooit so kwaad nie. Maar nog nooit so seerhartseer nie. Vir ’n regering wat haar gefaal het.

Pieter Steyn, ʼn joernalis van Beeld, het dié plasing op sy Facebook-blad gemaak toe hy die tyding van Miriam se dood ontvang.

“Boetie, ek het maer geword. Jy sien as die wind waai? Die plastieksakke? Die wind waai my so. Miriam is besig om dood te gaan boetie.”

Miriam Simelane (59) was die huishulp in Pieter se ouerhuis in Glencoe, KwaZulu-Natal. Sy het 35 jaar lank vir dié gesin gewerk.

Die vrou, wat saam met my ma en pa, my groot gekry het. My gemaan het, maar ook gepleit het as ek ’n pakslae gekry het, dat my pa of ma sagter moet slaan en gesê het sy dink dis genoeg. Wat ons huisfoon geantwoord het: “32012, dis Miriam Steyn wat praat”, al was haar van Simelane. Wat elke liewe oggend vir my putu gemaak het, of oats of maltabella. As ek te lui was om my kooi op te maak, dit vinnig gedoen het, sodat ek nie in die moeilikheid sou kom nie. Skoene gepoets het voor skool en my heeltyd herinner het: “Boetie, ek is liefe vir jou. Baie liefe, myneer (meneer).”

Miriam het twee jaar voor Pieter se geboorte reeds vir die Steyn-gesin begin werk en is vroeg vanjaar met kanker gediagnoseer.

Sy het nooit ’n diagnose gekry by die tallose staatsdokters wat sy gesien het nie. Nooit behoorlike behandeling nie. Nooit genoeg pynmedikasie nie. Nie eers ’n kombers as sy koud kry nie. Komberse kon my pa darem bring. Hulle het haar die laaste keer aangesê om in Junie terug te kom. Sonder enige van bg. My pa het haar oral heen gevat. My ma (uit Abu Dhabi) het gebel en probeer uitvind by die dokters wat fout is. Niks. Tot ons huisdokter haar (amptelik) gediagnoseer het. En gereël het vir bloedoortappings en behoorlike pynmedikasie. Hierdie patetiese regering, het nóg, wéér, bloed aan hulle hande. Al kon hulle haar nie red nie, kon hulle dit makliker gemaak het. Hulle is patete.

Pieter se skrywe oor dié vrou het soveel mense se harte geraak, want die verhouding wat beskryf word, herinner aan ʼn ma-en-seun-verhouding.

“Boetie, ek is liefe vir jou. Baie liefe, myneer (meneer).” En dit elke dag oor die foon, as ek haar in die hospitaal gebel het, weer dié versekering gegee het. Sy het my en Job (ons papegaai) leer Zoeloe praat en gevra of ek “mooi met jou girlfriend praat”.

Die meeste mense het in die een of ander stadium in hul lewe ʼn Miriam gehad.

Ou Miriam, Boetie is bitterlik liefe vir jou. Slaap sag, my hart en oë huil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Benita ·

Ons lewens sou armer sonder ons Miriams wees.
Myne was Mamma Liesbet.
Dankie vir haar onbaatsugtige invloed in my lewe. Ons het saam gehuil toe albei haar kinders dood is. Saam gelag en sy was ons surrogaat Mamma oor 60+ jare heen.
Rus sag Miriam Steyn ? Mamma Liesbet sal haar engelvlerke om jou vou daar waar julle nou afkyk na ons

Cindy ·

Sjoe, knop in die keel. Ons Mariam is Theresia en kan dink my hart sou breek as ons so iets met haar moet deur maak en vir haar moet verloor. Soos jy se sys soos my tweede ma, en om te dink dat sy nie die selfde voordele kan deel as sy siek sou word nie maak my naar. Sterkte.

Susan Hager-du Toit ·

My Miriam se naam is Maggie Nabana du Toit. Ek ry haar kliniek toe en huur al ekstra hulp in om met gróót take te help omdat die rug en knieë nie meer wil saam werk nie. Daardie paar sterk arms moet eendag vir my onder die sipresse gaan neerlê en my kleinkinders my waardes oordra.

Karen Loots Zevenster ·

Hoe verlang ek nou na ons Maria, Shorty, Mary-whê! Veertig jaar was sy 24/7 deel van ons lewe. Ma het haar voor my geboorte uit gebid en ha alles geleer wat sy vir ons gedoen het! Sy het die hele huishouding na haar “opleiding” oorgeneem. Maria kon beet, sousboontjies en geelperskes inlê. Appelkooskonfyt kook. Ek mis elke liewe dag haar heerlike boere-kookkos! Sy kon wragties enige kos maak. Heerlike mieliepap soggens, eierbroodjies in die middae en dan elke aand ‘n heerlike bord kookkos! Sy’t geraas, gemaan: ” Jollie, jy ka ga speel, maar jy sorg dat jy etenstyd by jou eie huis is”! Elke Sondag was daar heerlike nagereg en vla! Ons huis was haar huis! Sy was al siekerig, maar wou nie ophou werk ni! Sy was 2weke afgetree, toe ons die nuus van haar dood kry! Maria ek is seker jy maak vir Ma, Pa en al hul vriende wat ons vooruit gegaan het, heerlike tee! Mis jou steeds. Baie liefde Jollie, Boetie en Abrie!

suzan de jager ·

Soetland, Pieter! Nou sit ek ook met ‘n knop in my keel en ek onthou vir Martha wat my so getrou versorg het en later jare toe my kleinsus gebore is, het Martha se kleindogter, my kleinsus help grootmaak. Tussen my en Mieta het kleinsus haar eerste tree gegee en ek het Mieta leer swem in die plaasdam. My lewe sou soveel armer gewees het sonder Martha en Mieta. Wat ‘n voorreg om hulle te kon ken.

Wilma ·

Rus sag Mirriam , Pieter jou brief is wonderlik moes swaar sluk

Antoinette Marais ·

Rus in vrede waar geen pyn of swaarkry meer is nie Miriam. Pieter jou brief glo ek het baie geruk en laat dink aan die Miriams in hulle lewe…..pragtig

Lana Pretorius ·

Ek het ook ‘n Miriam gehad. Sy was my Oumaria. Sy het my van 5jaar af grootgemaak tot ek 17 was.

Tascha ·

Sluk ek swaar aan die knop in my keel want ons het ook so ‘n ‘Miriam’ haar naam is Evelyn en sy’s al 37 jaar werksaam by my Tannie. Evelyn leef nog en o as ek onthou hoe sy ons gefoeter het met die nat vadoek – ek het vandag ‘n heilige respek vir ‘n vadoek – dan wil ek sommer huil as ek aan Pieter se verlies dink. Rus sag Miriam by ons Meester ken jy nou geen pyn meer nie.

doreen visser ·

ai ai dis n hartseer storie,rus sag Miriam,sterkte Pieter en gesin

Karma ·

Ai, hoe groot is die knop in my keel nou en hoe wil-wil my oë dan nou net oorloop … RIV, Marriam, RIV … jou lyding op aarde is verby; van nou af, hoef jy nooit weer op ‘n ander mens en die falende regering staat te maak oom jou pyn en lyding minder te maaak nie.

Pieter Steyn, ek haal my hoed af vir jou. Met hierdie FB-“post” het jy gewys dat daar tog sekere goeie dinge uit die apartheidsjare ook kon kom; hierdie spesiale “moeder-en-seun”-verhouding was een daarvan. Jy het gewys dat mense, van alle rasse KAN klaarkom. Jy het Mirriam met jou hele hart liefgehad en sy vir jou. Hoe gelukkig was jy nie, Pieter, om ‘n tweede Mama te hê nie. Sy was die vrou wat jou nie uit haar skoot gebaar het nie, maar uit haar hart.

ANDRÉ ·

Sjoe! Dis nou ‘n hartseer storie. Ja, ek het ook ‘n Miriam in my lewe gehad. Ek het op Newcastle in Natal grootgeword. (My pa is in Glencoe gebore, en daar woon nog familie van my daar.) My “Miriam” se naam was SUSAN MAVUSO, ‘n Zoeloe vrou van Madadeni/Mountain View, net buite Newcastle. Tot vandag mis ek vir Susan. Rus in vrede, Miriam Simelane.

Marlize ·

Ons het ook vir Catherine…’n Vriendin vir my en tweede ma vir my dogters. Die hartseerste van alles is: dat Miriam se lyding en dood NIKS gaan verander aan ‘n Regering wat net eenvoudig nie omgee nie..!! Solank elkeen van hulle kan skep “wanneer dit pap reën”, bly hulle blind vir die swaarkry van SA se mense.

Christo Visagie ·

Daar is baie “Miriam’s” in die lewe, ek het ook ‘n “”Miriam” in my lewe gehad,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,maar met al die HAAT in ons huidige lewe vergeet ‘n mens dat nie almal sleg is nie, nie almal is diewe of moordenaars nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Vliegie ·

Ons “Miriam” was Gina….en nes Tascha se Evelyn het sy ons respek geleer vir ‘n vadoek! Sy was een van die gesin, sit so met ‘n glimlag as ek terugdink hoe ek en my boetie menigde middae saam haar wou pap en tik eet…..pap so in bolletjie rol en in sous druk terwyl sy vir ons stories vertel…..

Riki ·

Rus sag Miriam met jou hart vol Liefe, ons het Aunty Rosie gehad ♡

Jo-anli ·

Ekt ook so Mirriam in my lewe gehad mamma het haar en haar man se begrafnisse betaal sys my 2 de mamma wat Jesus toe is RIV en oupa Maga

tinah ·

ai dis seer dinge die,,,,,,,,,,,,,,,, maak nie saak dat dit Miriam is nie, daar is baie mense wat mediese sorg nodig het en dit nie kry nie, ons gesondheidsdienste gaan vi n ball of xxxx, eintlik dit het klaar, gaan kyk, steve biko, hulle emergency,,,,,,,,,,, dis filthy, morsig, beddegoed is morsig!!! ek het nie medies nie, asb laat ek langs die pad op die teer doodgaan , asb nie my in daai morsige bedens sit nie, asb!!!!, as iets gebeur hoop ambulans vat so lank om te kom soos hulle nou al n reputasie voor het,,,,,,,,,sterf daar,,,,,,asb nie daai vrot morsige beddegoed nie

Jacomien ·

Ek sien die titel ” Ons Mirriam”…….ek sien die boek tussen die lyne.
Die hartseer /lewe wat so deel van so baie Suid-Afrikaners is, net die name verskil.
Dit maak dat ons weer waardeering het vir haar “ons Mirriam” want die dag as sy nie meer daar is nie is ons huis en harte leeg.
Daarom “Ons Christina”…ons waardeer jou. Dat jy agter ons opruim en skoon maak ,jy weet van die raas en baklei in die huis en praat nooit daar oor nie. Jy weet van die opgewondenheid ,die verjaarsdae ,partytjies en bak en brou saam ons ,net om weer die gemors op te ruim (met n smile) die kere wat jy my kinders op jou rug rond gedra het as ek nie meer krag gehad het vir die koliek babatjie , hoe jy vir hulle gesing het tot hulle slaap. Die kere wat jy die honde kos gee as die seuns vergeet . Ek sien jou as vrou en ma en ouma nou-dit is nie waar wat Julius Malaema se oor “domestic workers” nie. Jy was nog altyd deel van ons en ek het vir jou net so veel liefde en respek soos vir my eie mense…..daarom deel ek die verlies wat Mirriam nalaat…rus in vrede

Rene van Wyngaarden ·

So hartseer! Het niks in 25 jaar verander nie? Rus sag Miriam.

MARTHIE ·

SO JAMMER OOR JULLE VERLIES PIETER DIS N EINA SEER. MY MIRIAM WAS JULIA CHIKWANE MYSE 2DE MA. RUS IN VREDE MIRIAM GEEN PYN MEER NIE.

broos ·

wat ‘n mooi brief….ek wens ek het ook ‘n Miriam gehad

Sonya Nortier ·

En nou huil my hart en oë sommer saam met jou Pieter. My kinders het ook ‘n “Miriam” in hulle lewe gehad. Rus saggies Miriam.

katrien ·

RIV Miriam,jy is n engel van Bo gestuur vir Pieter hul.So het ek ook Liesbet gehad syt my by di skool gaan haal party middae en ons het slapchips en aartappel skille en pap en polonie geeet wat ons in di pan gebak het.sy was erg oor haar kopdoek en ek het dit altyd gesteel as sy staan en stryk dan jaag sy my tot sy my vang.ook oorlede al.baie sterkte Pieter met jul verlies.

george jones ·

Ons het n Sara in ons huis….dankie Sara…..Ons sê te min dankie……baie dankie mooi brief Pieter…

Carol ·

Ek het ‘n Johanna. Sy is uit die ou geslag. Sy is my vriendin by wie ek my hart kan uitstort en by wie ek kan kla en huil. Nooit kla sy of is sy ongelukkig net. Elke dag net dankbaar. Ek het haar leer koekies bak en versier en nou doen sy dit met trots. Sy gaan stap saam met my as inspirasie vir ons gesondheid. Sê nooit skewe woord van iemand en altyd gewillig om te help. Ja, daar is nog baie goeies en daarom sal ek haar help en bystaan waar ek kan en haar waardeer vir wat sy vir my beteken in die lewe.

Estelle ·

Ons ‘Miriam” se naam was Victor. Hy het vir 25 j plus vir my man gewerk. Kinders skool toe gevat, ouma en oupas rondgery, by die kantoor kon net hy n file opspoor en die filing was altyd op datum. Die pos was gehaal en gesorteer, die bank besigheid was altyd geode, die karre se lisensies en dienste was altyd op datum. Victor se kinders het by my man gewerk en hy het hulle skool to gestuur. Tot Victor siek geraak het n jaar terug. dit het amper 10 maande gevat vir n diagnose, ons is van bakboort na stuurboot, na 2 provinsiale hospitale, veskeie spesialiste, seker 50 veskillende soorte toetse oor n periode van 10 maande. Hy het voor ons weg gekwyn! Toe uiteindelik is hy met kanker gediagnoseer. Nie voordat hy week in en week uit by die hospital was, een week is dit om die dokter te sie, dan weer n week om die uitslae te kry dan weer n week om die resultate te kan bespreek met die dokter, en elke keer moet hy vir n dag daar sit. Ons was baie kere saam met hom, wat ons land se mense moet deurmaak in die staats hospitale is skokkend. Victor is oorlede n paar dae voor sy eerste chemo sessie sou begin. Te min te laat! Dis die storie van die nuwe Suid Afrika. RIP Miriam / Victor / ……………………………..

René ·

Rus sag dierbare Miriam!! Ek huil nou saam met jou Myneer!! Ons het almal n Miriam in ons lewe op een of ander stadium…..myne se naam was Emily. …ek het op haar rug grootgeword……wonder so baie of sy nog lewe ?

Pierre ·

Dit maak seer, sy is deur haar eie mense in die steek gelaat, nie n NP Regering of iets dergeliks nie, nee ‘n regering wat nie hierdie land kan of ooit sal kan bestuur nie. Infrastrukture is besig om in te gee sonder om die konsekwensies daarvan te besef. Wie gee om want hulle wat in die topstrukture staan het nie nodig om by ‘n staatshospitaal te gaan sit nie hulle het die beste medies, Hulle sien die beste en word met koninklike sorg na omgesien. Miriam het daai voorreg mis geloop, dalk kon dit vir soveel anders gewees het. Vir Pieter was sy ‘n mens, vir die regering net maar nog ‘n kieser wat gevul word met lee beloftes van valse verwagtinge. Hoe hartseer is dit nie. RIV Miriam, jy het ‘n verskil gemaak in ander se lewe.

Marianke ·

My hart huil saam met jou myneer. Dis verskriklik hoe dit deesdae gaan wat ons land se Medici aanbetref. Ons pragtige simonye land…. Sterkte vir jou en mag ons Vader jou styf vashou in die bittere seer tyd.

Bertie ·

My ou ‘moeder’, vriendin en vertroueling Josephine Moloi is ook huistoe geroep 4jr gelede. Ai Pieter, ek weet presies wat jy se en voel! Ek mis daardie swart, skurwe hand in myne as ons hande vat om te bid en die trane loop by haar wange af. Ek koester die herhinneringe aan my Josephine. Hamba kahle Miriam!

Jacomina ·

Sterkte boetie, mag die genadige hande van tyd, die seer wegstreel en net die mooi herhinneringe terug bring! Rus sag Miriam…..If there’s medals for Mother’s, hierdie medal is vir jou xx

REGVERDIG ·

En daar tjank ek ook snotters en trane oor Miriam. My “Miriam” is in September oorlede. Dieselfde, presies dieselfde storie as Pieter sn. Hoe tragies. Ek wil nou eers klaar grens……………………………………

Mariaan ·

En so het ons ‘n Sophie gehad wat vir my oom gaan werk het en later jare weg is by hom, maar tot vandag het ek kontak met Sophie, ek kry trane in my oë, as ek die storie lees, want ek weet ek is so lief vir Sophie soos ‘n eie ma, my ma is reeds oorlede, en as ek ‘n probleem het bel ek net vir Sophie!

Magda ·

Sterkte Pieter. Ek het nogsteeds ‘n Miriam…..ja haar naam is ook Miriam. Sy het 32 jaar vir my gewerk voor ek verplig was om na Pretoria van Rustenburg te verhuis. Sy is MIV positief wat deur haar man oorgedra is aan haar. Sy was ook my alles. Sy het tot my klere heelgemaak, die lekkerste kos gekook, en in die tuin gewerk. Sy het altyd gesê as sy tuin natmaak “nou praat ek met die hart” en nou doen ek dit ook. Ek help haar nogsteeds sover ek kan en ons is baie lief vir mekaar.

Lizette Visser ·

Ek het ook n engel gehad haar naam was Miriam …. daar was tye wat sy vir my n R10 . onder die suikerpot gelos het met n brief ….. “mev hier is vir jou brood geld” sy het scons gebak by haar huis en vir my kinders gebring vir hulle kosblikkies. Ek weet presies hoe jy voel…..sterkte

Annalize ·

Ek het my eie mammie ook so verloor. Sy het kolon kanker gehad maar was by die staatshospitaal gediagnoseer met aambeie! Ons huisdokter het ook die diagnose van kanker gemaak. Dit was te laat om haar te help! Patete!

Lettie ·

My hart huil saam jou Pieter.. Ek verlang nou na my Frieda, Polina en Morah.. Het met hulle sorge ook gedeel. Medisyne en klere gekoop vir hul kinders. Vleis gestuur en geskenke. Wonde versorg as hul mans hul slaan.. Maar ons is mos nou als wat sleg is. Maar hulle het ook diep in ons harte geklim. Blessings vir julle almal!

Louvaine Roos ·

Ons het n Miriam gehad, haar naam was Sannah Mahlangeni… en jou storie is n bloudruk van ons Sannah se storie…

Een, twee hoeveel meer…

Woede, Ja

Ongelooflike hartseer, Ja

Hoe ver gaan dit nog gaan?

Alta Schutte ·

So jammer….Mag julle vertroosting vind…Ten minste het julle mekaar se lewens beter gemaak. Ek het ‘n Emily gehad…my kinders het vir Tina gehad….en toe later het ek ‘n goeie vriendin Kate gehad. Ek moes drie jaar gelede weens omstandighede wegtrek…maar ek mis steeds vir Kate. Ons kan gerus in hierdie land ‘n monument oprig vir Huishulpe…

Rene van der walt ·

Ons het almal n Miriam in ons lewe. As die ANC net wil besef ons gee regtig om. Sterkte Pieter.

Corrie ·

Ons het as kinders Vir Sara Bos gehad, ek kan ñ boek skryf oor die ondervinding van 26Jr met haar, sy was so deel van ons lewe, ek huil nogsteeds as ek aan haar dink. Sy is 11Jr gelede oorlede. My kinders het vir Lucy gehad vir 17jr, ek het soms gedink hulle is liewer vir haar as vir my, maar het verstaan, want sy was so kosbaar.

Leon ·

Hoeveel meer liefde en voorspoed sou daar nie in ons land kon wees as meer mense so oor mekaar kon voel, eerder as om haatspraak en vernedering uit te basuin nie!

Liz Verburg ·

Hoe hartdseer voel ek nou. Lina was vir my soos ‘n 2de Ma – ons saam gelag, gehil en gebid vir ons kinders. Twee jaar gelede is sy oorlede en my verlange bly groot.

Denise Engelbrecht ·

Hoe hartseer Pieter en so onregverdig teen oor die wat deel is van ons gesinne. Ek het ook n Miriam sy was Liesbet Machobane gehad wat my kinders groot gemaak het en als vir ons was. Soos my man eendag gese het toe ek in die hospital was. Liesbet neem al my vrou se pligte oor terwyl sy in die hospital is behalwe om agter die baas se rug te slaap. Sy het als saam ons deur gegaan en ons was baie lief vir haar en sy vir ons. Sy was by my vir 18 jr en 3 van daardie jare het sy AIDS gehad en ek het haar nie weg gejaag maar na haar gekyk so goed soos wat ons kon in daardie dae want die ANC regering het op daardie stadium nie medikasie vir AIDS gratis gegee nie. Ek het haar begrawe en op haar sterf bed belowe om na haar dogter wat maar 9 jr oud was om te sien. Ek het haar in my huis laat bly saam my kinders skool gegaan. Haar deur matriek gesien en vandag is sy n wonderlike ma van 2 en getroud. Waar is die regering as hulle kla oor dat ons nie na ons huishulp kyk. Hulle kyk nie na hulle eie mense. Rus sag Miriam jy was gelief en het jou ander familie net so lief gehad.

Thea Bothma ·

Mens kan nie anders as om saam te huil nie! Daar is soveel wonderlike “Miriam’s”, en dis so hartseer dat hulle so swaar moet kry. Inderdaad, ek kry angsaanvalle as ek net dink mens moet in staatshospitale, wel meeste, behandel word. Maar vir soveel mense is daar geen ander uitweg nie. RIV Miriam Simelane! Jy was ‘n belangrike persoon in hierdie huisgesin, nie net ‘n werker nie!

Mariana ·

Soek ‘n steen en jy sal hom kry … arme Pieter !! ek het nie ‘n Miriam nie, maar mag Miriam in vrede rus, sy was goed vir baie jare , vir ‘n hele gesin, so sê die skrywer, maar die regering het haar gefaal….. ai ai ….. my dogter het ‘n Lina … en sy is vir hulle goud werd en ons steek ons hande diep in ons eie sakke om te help waar die regering faal…. omdat sy deel is van ons …

Dirk Beukes ·

Ons het self vir Margaret gehad wat deel van ons gesin was. Sy was amper een maal gearresteer omdat sy my beskerm het en ek weet sy sou my met haar lewe beskerm. Rus in vrede Miriam. Ons verstaan jou pyn Pieter en ons deel daarin.

Martie ·

Rus in Vrede Miriam. Sjoe Pieter sit en huil ek nou so dat ek amper nie kan lees nie. Sterkte vir jou en die familie. Weet dat jou 2de mamma nou nie meer pyn het nie.

Jolande ·

Dit is n skande hoe ons regering se staatsamptenare spesifiek die verpleegsters in die staatshospitale hulle eie mense hanteer. Ons mense op die plaas weier om hospitaal toe te gaan want hulle word op geskree en moet n hele dag in n ry sit en wag vir niks. Hulle vat n hele dag verlof om medikasie by die kliniek te kry net om na heeldag in die son vertel te word hulle gaan nie gehelp word nie. Hoe kan dit net ongesiens toegelaat word??? Dis n skande

Martie ·

Die regering en privinsiale hospitale is pateties My broer is op 13/02/2016 oorlede ook met kanker maar daar was geen wond sorg nie hy het op gevrot in die hospitaal en ek was magteloos ek kon hom nie help nie geen wasbakke,geen suurstof geen kragprop vuil vloere staf wat heeldag in nhoekies weg kruip met hulle cell fone,lag uitbundig terwyl hy sterwend is so magteloos as hy nie meer in rolstoel kn sit nie moes hy op die cement vloer le en wag om n dr. te sien.R.I.P Miriam

Bella ·

Myne se naam was Pinkie en Paulina. Paulina het haar bloeddruk probleem gehad, maar heelaas was daar nooit genoeg medikasie….. Al wat ek graag wil weet met ‘n brandpyn in my hart: Hoe gaan hulle die “National Health” behartig, as daar nie eens aan allerdaagse behoeftes kan voorsien word nie….. Wat gaan dan gebeur?

Liesie ·

Toe my ouers onlangs Kaap toe trek, het ons liewe Liesbet van 25 jaar kom help uitpak op hulle nuwe klein dorpie. Sy wens sy kon ook saam trek, maar wat sal dan word van haar eie dogter en familie na wie sy ook omsien, ver van hier af? Hoe spesiaal was dit toe ook nie om haar vir n naweek as n gas in my huis te onthaal en n bietjie te bederf met n paar goed wat ek as vanselfsprekend aanvaar. Dit was n voorreg om vir haar in my gastekamer n plekkie reg te maak, roomys op die strand te eet en fotos by Tafelberg te neem – my hart is vol dankbaarheid teenoor hiedie vrou wat meer vir ons beteken het as waarvan sy ooit sal weet.

Elaine Engelbrecht ·

Pragtige Miriam.. rus sag by Jesus se voete… daar is miljoene Miriam’s daar buite wat die beste verdien !!!!

Liewe land! ·

Watter kosbare herinneringe laat Miriam nie agter nie.

Wees gegroet, Mama Miriam.

Oom Boer ·

Pieter ons harte en gebede gaan uit na jou verlies in Miriam en haar laaste oomblikke in sulke omstandighede. Laat Miriam en nagedagtenisse in jou hart bly vir altyd as die vrou wat jul as gesin lief was en omgegee het. Dit alreeds beteken meer as die kruisie wat sy by cANCer moes trek wat haar gefaal het in swak dienslewering. So was my haat, kwade gevoelens, frustrasies teenoor elke staats instansie toe my broer deur swak behandeling op 19 Nov 2015 in staatshospitaal gesterf het, drie dae in ‘n rystoel geplaas want daar was geen bed beskikbaar en gewag het op ‘n toegeruste ambulans met suurstof aanboord want eerste 2 het nie gehad nie. Vir drie dae het familie lede met besoek tye vir hom iets geneem om te eet en te drink ‘n kombersie gebring om hom warm te hou tot hy om 00H30 daardie oggend sy laaste asem uitgeblaas het met geen staats hospitaal hulp of omgee, sy einde was deur ‘n DA T-hemp wat hy aangehad het. Staats instansies is vuil, swak diens, plekke wat stink, mense wat nie werklik omgee en voor jou sit en eet, lunch bordjies voor jou plaas ens. Die meerderheid is net daar om ‘n salaris in te palm. Miriam is net ‘n statistiek. RIV Miriam want GOD het jou verdere pyn gespaar en Pieter jou storie is hartroerend en alle medelye aan jul verlies. Sy was ‘n juweel.

Eva ·

Hoe verlang ek nou na ons ou Sidney, hy was altyd daar. My oupa se regterhand. Ou Sidney het saam oupa die windhonde geoefen en vroeg oggend seker gemaak hy is wakker voor “nonna” opstaan om seker te maak die bure se katte het nie van nonna se hase dood gemaak nie. Want dit sal nonna se hart breek en dit wil Sidney nie he nie. Met elke verjaardag partydjie en spit was Sidney daar en het hy saam die mans sy ou biertjie geniet. Sidney wat as hy die roomys karretjie van ver af hoor uit sy kamer hardloop om hom betyds te stop sodat Oupa vir Sidney & nonna n roomys kan koop. Tot Sidney ook gediagnoseer is met Kanker en die staats hospitaal hom nie kon help nie het oupa hom keer op keer ingery Heidelberg toe vir mediese hulp. En was dit vir my ouma & oupa so swaar om hom te begrawe dat my ouma gevoel het sy groet 1 van haar eie kinders. Ek was nog klein toe Sidney reeds sy reis op aarde voltooi het en kon nie verstaan hoekom ons ou Sidney van ons af weg geneem is nie. En hier waar ek vandag al my eie 2 kinders het mis ek hom nog elke dag, met elke partydjie en elke spit. Maar by God rus hy sag.

Basil ·

My innigste meegevoel vir jou verlies! Baie persone se menslikheid word liefdevol geopenbaar wanneer julle met trots praat van ‘n persoon, wat nie net vir julle gewerk het nie, maar wat deel was/is van julle daglikse lewens. 
As ek mag wil ek graag verskil van Pieter se oordeel. 
Albei regerings het vir Miriam gefaal! Nie net vir Miriam nie, maar tale blanke persone wat nie privaat medies kan bekostig nie. Die persone wat lojaal was teenoor die NP. Voorheen kon die NP ‘n beter diens lewer vir beperkte blanke mense in blanke hospitale. Nou word dit gedeel… Miriam is van geboortedag af behandel onder nie-menslike omstandighede!
Ja! Die ANC moes meer hospitale bou en nie die geld steel nie.
Was dit ook nie die NP se verantwoordelikheid nie? 
Ek was 4 jaar oud, met dubelle pneumonia, toe ek en my Ma op die sement vloer moes slaap in Baragwanath hospitaal terwyl daar leë beddens was in JG Strydom, Alberton ens. Ek is nou 50.

Terwyl daar geen verskoning is vir maladministrasie, diefstal en onkunde, moet ons nie eenvoudig ons geskiedenis onder die mat vee sonder om te vra of ons self meer kon doen nie. Wat baie van julle as agteruitgang aanskou is vir miljoene ‘n gelyke vlak. Totdat ons eerlik met self gaan wees en persoonlike verantwoordelikheid aanvaar, bly Miriam ‘n statistiek, soos velige swart en wit mense in publieke hospitale.

Laetitia ·

Ek is ‘n geregistreerde verpleegkundige. Ek het my opleidings in ‘ n staats hospitaal gedoen. Veering jaar gelede. Ai hoe trots en belangrik het ek gevoel toe ek die eerste dag begin werk het. Uniform styf van die stysel. Bruin veter skoene blink gepoets. As leering verpleegster moes ons bedpanne skuur tot Jy jou gesig daarin kon sien. Krane en bedkassies blink vryg tot hulle vir jou lag.
Niks was lekkerder as om n pasient skoon te was, hare te kam en die vals tandjies met bright pink tandvleise skoon te borsel nie. Jy kon die blydskap in oe van die pasiente sien .
Ons het koekies en fudge gemaak en verkoop sodat ons kersversierings kon koop en vir elke pasient wat kersdag in die hospitaal moes deurbring n geskentjie kon koop. Die salaris was min, die werk baie maar die beloning was pasient tevredenheid.
Kyk hoe lyk die hospitale nou. Ek kan nie eers begin om te beskryf hoe ek voel nie.
Dis verwaarloos. Die krane wat eens op n tyd geglimlag het huil nou. Die pasiente kry swaar. Die verpleegsters toi toi en staak.
Ai. Wat het geword……….???

Andre ·

RIV Miriam. Ons het ook n “Miriam” gehad. Haar naam was Augustine Ramatla. Sy het 32 jaar vir ons gewerk in Eldoraigne tot 1997. Wonderlike mens, het gehelp met my grootmaak. Ek was bevoorreg om soortvan twee ma’s te kon he, sy ook gese sy lief ons kinders ens.

Augustina is in Jan 2002 oorlede, maar die sisteem het nog redelik goed gewerk. Absoluut tragies dat SA se gesondheidsorg sederdien so wanbestuur en agteruit gegaan het, veral onkologiese departemente.. Die huidige regering is verantwoordelik vir duisende “Miriams” se dood, en ontneem SA burgers van die mees basiese reg wat op aarde bestaan, nl. gesondheid. Begrotings is knap, ek verstaan,…. maar wanbestuur en korrupsie in gesondheidsorg is niks minder as moord nie! #onsverstaanpietersteyn

judy ·

ek is bevoreg om my verloofde se ouers se Mariam te kon kry ou anna stok oud 24 jaar wat sy werksaam is 20 jaar by skoonma en nou vir die afgelope 4jaar by my. ek kon nie vir n beter 2de ma vir my drie kinders gekry het nie . rus in vrede marriam en sterkte aan almal

Ansa Barnard ·

My hart en oë huil saam Pieter. Vir al die Miriams.

Lithop ·

Hierdie is ‘n positiewe storie en die wonderlike herinneringe van almal wat hulle eie Miriams onthou is kosbaar. Kom ons skryf ‘n boek oor Miriam en al die ander Miriams? Dit kan stories bevat oor wat JOU Miriam vir jou beteken het. Ek net ook ‘n Miriam gehad. Inteendeel, daar is dêm min middeljarige wit mense wat nie ‘n Miriam gehad het nie. Ek sal hierdie boek skryf as julle vir my julle Miriam stories stuur. Skryf is my beroep. En dan gebruik ons die opbrengs om lewende Miriams te help met hulle probleme. Maroela Media, sal julle so ‘n projek ondersteun en administreer? Epos my my [email protected].

E.K. ·

Hierdie storie behoort aan die minister van gesondheid voorgelë te word vir antwoorde oor “behandeling” in hospitale.

Lizette ·

so het ons ook ‘n Maria…. sy is al 35 jaar in die van Dijk familie. van my skoon Ouers, na my swaer, na my Skoonmoeder Oorlede is aan Kanker.. toe hulle Imigreer na my toe….. Wat ‘n vrou…. Maria se hande staan vir NIKS verkeerd nie…. sy is lief vir my kinders en ons is lief vir haar….. sy is deel van die familie, ek vertrou haar met ALLES…. as ons uiteet eet sy saam. as ons braai , kry sy haar braaivleis en pap saam…. Sy was nou 4 weke terug vir n pep scan. ek bel om te hoor wanneer kry ons haar uitslae, hulle weet nie…. SY IS MOEG BAKLEI…. haar id nommer is verkeerd,,,, maar hulle gee nie om nie.. sy is al 63 en moet pension kry… hulle stuur haar huis toe en sê kom oor 3 jaar terug, jy is lui om te werk…
ons harte bloei vir haar…..

gerda ·

Ons Miriam ……..so getrou , so ‘n wonderlike sin vir humor! So lief gewees vir die kinders – al die kinders-maatjies ook! So ‘n raakvatter! So totaal onvervangbaar!
Ook sy is deur ons ‘gesondheids-dienste’ gruwelik in die steek gelaat,ten spyte van groot ingrypings en baie moeite van ons kant af. R.I.V. Ons sal jou altyd onthou en glimlag…..

Curious ·

Curious as to why, after 35 years, as “part of the family” she was a dependant on the family medical aid? Why the state/government hospital route?

Jakoba ·

Curious most Med Aids do not want to put a non family member on a medical aid and if it is a family member like your mother or father they refuse. Only husband, wife and Children. Do not judge if you do not know the truth

Lynni ·

As ek so lief is vir iemand en daai persoon goed is vir my sal ek hom na ‘n privaatdokter neem. Elkeen in die gesin kon mos geldjie bysit. Vir al die kere wat sy daar was vir julle. Net vir ‘n diagnose. En daarna besluite neem. Help nie mens blameer nou die regering nie.

Karin ·

Ai Pieter hoe snik ek nou aan my trane!! My Nana (haar geboortenaam was Legina Kunene) het my en my boeties en sussie grootgemaak soos haar eie. Ons kwaai beteuel as ons stout was, het al my hartsgeheime geweet en nooit ooit by ma ma daarvan vertel nie. SY was my ma. My kinders se Goggo. Kos gemaak soos geen ander nie, doekbrood gestoom op die stoof, afval gekrap tot hy spierwit was, ek mis haar vandag so na ek jou brief gelees het!! Maar ek weet sy rus sag, sy was die opregste mens wat ek ooit geken het, het saam met ons bybel gelees in die aand, vir ons gebid dat dit goed gaan op skool, as my ma-hulle nie daar was nie en ons was stout het sy ons betig en dit geheim gehou. My ma-hulle het mos nie nodig om te weet nie, sy het mos klaar geraas!! Hoeveel geheimpies is saam met haar graf toe, die hemel weet!!

Sonet Coetzee ·

??? tjank ek wragtig nou oor die man se hartseer en woede! Dit laat mens ‘n magtelose woede ondervind oor n slapgat regering wat niks voel vir sy mense of land nie en net verskonings soek vir luigatte, skelms, moordenaars en bo-oor almal se foute kyk en Gods water oor Gods akker laat loop!! Al wat hulle verdomp goed kan doen is om n tafel sit en praat en praat en praat en dan kom daar boggerol in elk geval van al daai gepraat! ……….ek het in my lewe ook so n “Miriam” geken, haar naam was Shara, en na baie jare wat sy oorlede is (ook deur slapgat hospitaal en dokters) mis ek haar nog steeds………..

G Berglund ·

Wat van haar eie kinders? Wie het hulle grootgemaak? Kon sy hulle so mooi versorg soos sy jou het? Hierdie mense was verskeur van hulle eie families. Dit is wat my laat huil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.