Moets en moenies vir jou trourok

Diaan Daniels (Foto: Dacebook)

Terwyl daar baie klein dingetjies is waaroor jy ʼn besluit moet neem voor jou groot dag, behoort jou trourok nie van jou ’n stresbal te maak nie. Diaan Daniels, bekende Suid-Afrikaanse modeontwerper, gee sy mening oor besluite wat hedendaagse bruide oor hul trourokke moet neem.

Moet bruide …

Van die internet af ʼn rok bestel?

Diaan sê:

“Om van die internet af ’n rok te bestel is ’n baie groot risiko, want as dit van China af kom, is die verskaffers geneig om ander ontwerpers se rokke op hul webwerwe te gebruik. Jy mag dalk met ’n rok sit wat nie pas nie, waarvan die kleur verkeerd of die kwaliteit van ’n baie swak gehalte is. En as die rok verkeerd by jou aankom, wie gaan dit herstel en regmaak?”

ʼn Rok huur of koop?

Diaan sê:

“Om ’n rok te huur is ’n opsie by party bruidshuise en ontwerpers, maar die gehalte is partykeer baie swak, want dit is al voorheen gedra deur menige bruide. As jy nie ’n prentjie in jou kop kan sien nie, is die beste om ’n “ready-to-wear”-rok te koop in plaas daarvan om iets te laat ontwerp. As jy wil uniek wees, is ontwerp die beste opsie, maar sorg dat jy die regte ontwerper kies, want vertroue in jou ontwerper is baie belangrik vir die ontwerper om sy/haar werk te kan doen. Luister ook na jou ontwerper se raad.”

Diaan Daniels het ’n “ready-to-wear”-reeks as jy bang is om iets van voor af te ontwerp. “Ons kan ’n paar veranderinge aanbring om by jou te pas of ons kan iets vir jou pasmaak.”

Na ander kleure as wit kyk vir jou trourok?

Diaan sê:

“Ek is glad nie ’n aanhanger van Omo-wit rokke nie. Dit is die beste om ’n rok te kies wat naaswit is of selfs naaswit met ʼn blos/pienk of sjampanjekleur voering in. Die kant en blink detail op ’n rok staan net meer uit as op ’n spierwit rok. ʼn Spierwit rok kom ook gewoonlik goedkoper voor. Omo-wit rokke is net gemaak vir bruide met ʼn baie donker blas of swart vel.”

Volg Diaan Daniels hier op TwitterInstagram of Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mandi ·

Ek wens met my hele hart dat Diaan my trou rok kon maak! Die “bekende ontwerper” wat wel myne gemaak het sal ek NOOIT vegewe nie!

Ina ·

Niks kom naby die onbeskryflike lieflikheid van ‘n ware rein bruid in ‘n spierwit trourok nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.