Movember: Peter de Villiers gee raad vir snorre

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

“Alle hare moet as gelykes behandel word en gelyke geleentheid gegee word om te groei.”

Dít is Peter de Villiers, voormalige Springbok-afrigter, se advies aan diegene wat die hare wild wil laat groei vir Movember-maand.

Movember het in 2003 in Australië begin toe ʼn groep vriende in Melbourne besluit het om sommer vir die grap hul snorre te laat groei. Vandag, 13 jaar later, neem meer as 5 miljoen mans en vroue van reg oor die wêreld aan dié inisiatief deel. Ja, dis reg. Vroue kan ook deelneem.

Behalwe vir die wilde hare gaan Movember oor die bewusmaking van mans se gesondheidkwessies: prostaatkanker, testikulêre kanker, geestesgesondheid en selfs selfmoordvoorkoming.bron

De Villiers het ook nou by dié inisiatief betrokke geraak en deel in ʼn King Price-video, wat al meer as 50 000 keer gekyk is, advies oor hoe om ’n inspirerende snor te groei en te onderhou.

“As jou snor nie groei nie, of onderpresteer, kan jy nie jou snor die skuld daarvoor gee nie. Dit is te wyte aan die bestuur. Die snor kan slegs presteer met goeie bestuur. Jy benodig die regte toerusting: die beste baardknipper, skêr en skeermes. Jy kan nie ’n stick gebruik en resultate verwag nie,” skerts hy in die video.

Vir diegene wat sukkel om ʼn snor te kweek, het hy advies; Dit alles lê in die grootheid van jou behoefte om ʼn snor te hê.

Vir meer inligting oor Movember besoek die amptelike webwerf of Facebook-blad.

Die video is vervaardig deur King Price-versekering.

As jy ʼn begeesterde baardgroeier is, besoek Maroela Media se aanlynwinkel vir ʼn baardmeter T-hemp. Dis dié hemp vir die manne met ʼn regte egte hardebaard.

Manage your Mo – Peter de Villiers

It’s #snorre good idea to cut your mo this #movember, rather manage it… Some tips from the snor king himself, Peter de Villiers #manageyourmo #momotivation

Posted by King Price Insurance on Wednesday, November 2, 2016

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marcel ·

Seker King-Price en nie Kring-Price nie, LOL dit gebuer maar met almal.

Landi Slatter ·

Dagsê Marcel

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.