ʼn Dag van liefde

liefde hart

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Ek moet bieg. Ek is ʼn sucker vir romanse, liefde en bederf. Maar wat ís romanse, liefde en bederf?

Romanse is blomme en die woorde van ʼn liedjie op e-pos. Dis ʼn blommetjie uit my tuin (of uit die buurvrou se tuin as my tuin nie het nie). Dit is ʼn briefie voor my bed as ek wakker word, of ʼn bederf-kosblikkie wat ek nie self gepak het nie. My dogtertjie is baie lief daarvoor om te bederf met selfgemaakte kaartjies, geverfde spoelklippe, en allerlei handgemaakte items wat sy iewers raakgesien het.

Liefde en bederf is nie ʼn duur uitgawe nie, wel, nie eens ʼn finansiële uitgawe nie. Dis drukkies en dade van omgee. Dis inisiatief om iets vir iemand te doen voor hulle vra – wag hulle in by die huis se deur, stap saam motor toe voor hulle ry, gaan gooi ʼn bal of sit langs die veld terwyl hulle sport doen, al is dit net ʼn oefening. Dit kan ook wees om net vir jouself in die spieël te kyk met ʼn glimlag eerder as ʼn frons.

Man, vrou, pa, ma of kinders: dis eintlik so eenvoudig om iets vir mekaar te doen wat wys jy gee om. Hoekom is dade van omgee dan so tydrowend? Ons tyd op aarde is so kort en die ure van saamwees so min. Ons hoef nie net op Valentynsdag ʼn uitsondering te maak nie, want elke dag kan ʼn dag van liefde wees.

Meer oor die skrywer: Marisa Engelbrecht

Marisa Engelbrecht se liefde vir skryf het op skool reeds posgevat. Sy skryf graag oor dit wat haar na aan die hart lê en vind inspirasie in die alledaagse doen en late van haar hartsmense. Sy het bykans 20 jaar ondervinding in kommunikasie, skakelwese, bemarking en joernalistiek.

Deel van: Goeie goed, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.