Nagbesoeke aan dieretuin ’n groot avontuur

Foto: Daniel van der Westhuizen

Foto: Daniel van der Westhuizen

Vincent van Gogh het gesê dat die nag meer lewendig en kleurryk is as die dag. ʼn Nagtoer by die Nasionale Dieretuin in Pretoria skep dié gevoel.

Hoekom ʼn nagtoer?

Volgens die hoof van opvoeding, Ulrich Oberprieler, word verskeie diere gesien wat nie noodwendig in die dag te sien is nie.

“In die nag is daar eintlik baie unieke ondervindings. Baie van die diere is nagaktief.”

ʼn Maksimum van 30 mense word per groep aanvaar, wat ʼn intieme gevoel skep, asof jy die dieretuin vir jouself het. Daar is ook ʼn gids wat jou toer begelei, iets wat nie in die dag beskikbaar is nie. Dié gids verskaf agtergrond oor elke dier, vertel oulike staaltjies en beantwoord elke vraag entoesiasties.

Die witrenosters se kamp het ʼn pragtige uitsig oor die stad wat toergangers vir ʼn rukkie laat stilstaan en kyk. “Ek dink al die diere kom hier bymekaar as die mense weg is,’’ skerts een van die toergangers.

Vir kinders is die nagtoer ’n groot avontuur – hul geesdrif is byna aansteeklik. Elke dier word met groot opgewondenheid ontmoet, en die toergids word gepeper met vrae. “Oom, mens kry mos iets soos ʼn insektivoor?” vra een van die jonger toergangers. Ons het geleer dat mens WEL iets soos ʼn insektivoor kry.

Nadat die avontuur verby is, word die aand met ʼn braai afgesluit wat vir ʼn gesellige kuier sorg.

Die nagtoere kan vir Woensdae, Vrydae en Saterdae bespreek word, maar spesiale versoeke vir ander dae sal ook oorweeg word.

LET WEL: Die nagtoere is nie in die winter beskikbaar nie. Skakel die Pretoriase dieretuin gerus weer in die middel van Augustus om jou plek te bespreek.

Besoek die dieretuin se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle ·

Hoe teleurstellend! Die artikel is vandag gepubliseer en na verdere navraag aan die Dieretuin, is ek ingelig die toere en oornag kamp is gekanselleer tot verdere kennisgewing. So het dus opgewonde geraak oor niks:(

Sune van Heerden ·

Dagsê Estelle

Ag nee! Ek is jammer om te hoor dat die nagtoere nie tans beskikbaar is nie. Dit is ook nie mooi duidelik aan ons gestel dat mens eers weer van middel Augustus kan skakel om plek te bespreek nie. Ek hoop jy maak tog ‘n aantekening in jou kalender om dan vir later in die jaar te bespreek – dis ongetwyfeld die moeite werd!

Stuur asseblief jou posadres aan my by [email protected] – ek maak ‘n plan om die teleurstelling so klein bietjie te verlig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.