Nasionale Dieretuin loop deur op Aprilgekkedag

Argieffoto

Argieffoto

Poetsbakkers was omtrent bedrywig vandag. Selfs die Nasionale Dieretuin in Pretoria het deurgeloop onder Aprilgekkedag-poetse. Craig Allenby, woordvoerder van dié dieretuin, het gesê hulle het deur die loop van die dag meer as 230 poets-oproepe ontvang.

Allenby het gesê mense het van heinde en ver gebel en gevra om met spesifieke personeellede by die dieretuin te gesels.

“Die poetsbakkers het hulle familie en vriende ingespan om die dieretuin te bel, en onder meer te vra vir mense soos mnr. G Raffe, mnr. De Leeuw, mnr. Olifant en selfs mnr. Jack Russel,” het hy gesê.

Die telefoonlyne is glo al heel oggend bedrywig. “Sommige van die mense vind dit ongelooflik snaaks terwyl ander bloot geïrriteerd is daarmee. Ons ontvang steeds oproepe,” het hy gesê.

Allenby sê die dieretuin het selfs ʼn oproep van ʼn bekende apteek gekry wat ʼn afspraak wou maak om ʼn apteek in die dieretuin oop te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ellabad ·

Ag mens hoor net elke dag van moord en dood en slegte nuus. Dis lekker om net bietjie te kan lag en grappe maak. Mense moet chill. Lag is goed vir die gesondheid. Ons het al vroeg vroeg ‘n hele paar ‘pranks’ gehad in ons kantoor en almal het heerlik saam gelag.

lexi ·

Ek stem saam , n Bietjie pret het niemand nog ooit kwaad gedoen nie. Mens is nooit te oud om die kind in jou te laat uitkom nie.

Johann ·

Ek stem saam, dit is nogal snaaks, al is die personeel besig. In my dae van Nasionale Diensplig, het ons gereeld die personeel gevang met ‘n boodskap om Kolonel Burger te bel. Dan het ons vir hulle KFC se nommer gegee! Die gevolge vir my was nie snaaks nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.