Neem deel aan Majuba- en Slagtersnek-herdenkings

Die slag van Majuba. Foto: Argief

Die slag van Majuba. Foto: Argief

Majubadag het sy naam te danke aan die Boere se oorwinning tydens die Slag van Majuba in 1881, te midde van die Eerste Vryheidsoorlog. Dié dag word steeds jaarliks by die Majuba-gedenkplaas naby Volksrust gevier, en vanjaar is geen uitsondering nie.

Tydens die Slag van Majuba wou genl. Colley van die Britse magte glo die Boere onkant betrap met sy aanval, maar nadat die Boere die Britse soldate op die berg gewaar het, het hulle eerste aangeval. Hoewel die geveg van korte duur was, was dit ʼn groot nederlaag vir die Britte, en net so ʼn groot oorwinning vir die Boere.

Vanjaar word die Majubadag-herdenking van 27 Februarie tot 1 Maart gehou. Die 100ste herdenking van die Slagtersnekopstand word terselfdertyd gevier. Verskeie tradisionele aktiwiteite word vir dié naweek beplan, insluitend ʼn skyngeveg, ʼn begeleide toer van die omgewing, skyfskiet, volkspele en ʼn potjiekoskompetisie.

Die tarief vir dagbesoekers wat die Majuba-gedenkplaas wil besoek, beloop R25 per persoon. Daar is ook kampeerfasiliteite, woonstelle te huur en ʼn herberg. Vir meer inligting kliek gerus hier.

Besoek www.majubafees.co.za vir meer inligting.

  • Bykomende bron: Geskiedenis van Suid-Afrika – Van voortye tot vandag (Fransjohan Pretorius)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.