Negester Onrusrivier bewaarheid jou huisie-by-die-see-drome

Negester Onrusrivier

Die bekoorlike Overbergse kusdorpie Onrusrivier, net om die draai van Hermanus, het die afgelope paar jaar ʼn voorkeurbestemming vir vyftigplussers geword. Hierdie omgewing bied aan inwoners en vakansiegangers topklas wynlandgoedere, swemstrande, gholfbane, winkelsentrums, restaurante, ʼn Mediclinic-hospitaal en nog vele meer. Met sy ideale ligging, maak Negester Onrusrivier dit nou vir jou moontlik om in hierdie veilige pragomgewing – tussen die Groenberge en see – te kom nesskop.

Jou huisie by die see

Negester Onrusrivier se tydlose argitektuur en sy aantreklike Kaapse ontwerp-elemente, soos outydse stoepe, lae mure en landskapstuine, laat jou onmiddellik tuis voel. Die eietitelhuise met hul ruim leefareas, hoë plafonne en groot vensters, word toegerus met kwaliteit materiale en afwerkings. Ondervloerse verhitting en ʼn braaikamer is addisionele opsies.

Hierdie beveiligde leefstyl-landgoed bestaan uit 125 eiendomme en ʼn verskeidenheid van huise én plot-plan-pakkette is beskikbaar. Die huisgroottes wissel van 144 tot 205 m² en pryse begin by R2 860 000. Sedert Negester Onrusrivier se bekendstelling in November 2013 is 95% van die eiendomme reeds verkoop.

ATKV as gemoedsrus-ontwikkelingsvennoot

Die ATKV-direksie het ongeveer agt jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar om ondermeer betrokke te raak by die ontwikkeling van leefstylbehuising vir die vyftigplusser-groep. Volgens Schalk Cilliers, ATKV-Sake se besturende direkteur, was dit ATKV-Sake se strategie om ʼn voetspoor van beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika te vestig. Negester Onrusrivier en Negester Klein-Kariba was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.

Negester Onrusrivier

ʼn Toevlugsoord vir sagtesorg

Negester Onrusrivier bied ook ʼn moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 deeltitelwooneenhede. Dié sentrum het op 6 Desember 2014 sy deure geopen en drie sorgpakkette is beskikbaar: Basiesesorgpakkette vanaf R10 200 p.m., hulpsorgpakkette vanaf R16 900 p.m. en verswaktesorgpakkette vanaf R23 800 p.m. Die moderne en suite-wooneenhede is almal toegerus met ʼn kombuisie (‘kitchenette’) en ruim badkamer. Die sorgsentrum beskik oor ʼn gesellige eetvertrek, sitkamer met kaggel, dameskroeg, klein biblioteek, haarsalon en kliniek.

Tuisversorging word as ʼn standaardopsie deur Medwell, die mediesesorgdiensverskaffer, aangebied. Medwell spesialiseer in raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste. Hulle beskik oor ʼn praktyknommer wat hulle in staat stel om in sekere gevalle kostes vanaf die mediese fondse namens die inwoner te verhaal. “Dit is ook ons oogmerk om tuisversorging by elke Negester as ʼn standaarddiens aan te bied, asook om moderne en goedtoegeruste sorgsentrums te bou wat aan inwoners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende verdere gemoedsrus te verseker”, aldus Schalk Cilliers.

Skyn helder!

Die bekende skrywer en digter, DJ Opperman se gedig, Negester en stedelig, het gedien as inspirasie vir die naam en die ontwikkeling van die handelsmerk en slagspreuk. Die Negester-visie het hierop voortgebou, naamlik die ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde en gewaardeerde leefstyl-landgoedere, waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester kan word. En, soos met Opperman se gedig, “Onthou altyd aan jou dade grens ʼn ewigheid […] en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter,” glo Negester Onrusrivier dat sy leefstyl-landgoed juis so ʼn volhoubare omgewing aan sy inwoners bied.

Kontak Basie Oelofsen by 083 259 7597 ([email protected]) óf Elmar van Tonder by 081 534 5604 ([email protected]) óf besoek ons webtuiste by www.negester.co.za/onrusrivier om meer oor die skouhuise, woonstelle, plot-en-plan- en sorgpakkette uit te vind en jou huisie-by-die-see-droom op Onrusrivier te kom bewaarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.