Negester Onrusrivier bewaarheid jou huisie-by-die-see-drome

Negester (Foto: Verskaf)

Negester (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Die Overbergse kusdorpie Onrusrivier, net ʼn klipgooi van Hermanus, het die afgelope paar jaar ʼn voorkeurbestemming vir mense bó 50 jaar geword. Hierdie omgewing bied aan inwoners en vakansiegangers topklas wynlandgoedere, swemstrande, gholfbane, winkelsentrums, restaurante, ʼn Mediclinic-hospitaal en nog vele meer.

Die Negester Onrusrivier met sy ideale ligging maak dit ook moontlik om in ʼn veilige omgewing – tussen berg en see – te kom nesskop.

Dié beveiligde leefstyllandgoed skakel mooi in by Onrusrivier en omstreke met aanloklike ontwerpelemente soos outydse stoepe, lae mure en landskapstuine. Die verskeidenheid argitektoniese style herinner aan onder meer aan Stellenbosch se Dorpstraat en sluit ook aan by die kenmerkende Kaaps-Maleise styl en ʼn gemaklike moderne plaashuisstyl.

Negester (Foto: Verskaf)

Negester (Foto: Verskaf)

Negester Onrusrivier bestaan uit 125 eietitel-eiendomme. Verskeie plot-plan-pakkette van twee- of drieslaapkamerwonings met ʼn dubbel- of enkelmotorhuis is beskikbaar. Ondervloerse verhitting en ʼn braaikamer is addisionele opsies. Die huisgroottes wissel van 128 tot 267 m². Voltooide woonhuise se pryse begin by R2 460 000. Sedert die bekendstelling in Oktober 2013 is 50% van die eietitel-eiendomme reeds verkoop.

ATKV as gemoedsrus-ontwikkelingsvennoot

Die ATKV-direksie het ongeveer ses jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar om onder meer betrokke te raak by die ontwikkeling van leefstylbehuising vir die vyftigplusser-groep. Volgens Schalk Cilliers, ATKV-Sake se besturende direkteur, was dit ATKV-Sake se strategie om ʼn voetspoor van beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika te vestig. Negester Klein-Kariba en Negester Onrusrivier was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.

ʼn Toevlugsoord vir ‘sagtesorg’

Negester (Foto: Verskaf)

Negester (Foto: Verskaf)

Negester Onrusrivier bied ook ʼn moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 wooneenhede wat verhuur word. Dié sentrum het op 1 Desember 2014 sy deure geopen en drie sorgpakkette is beskikbaar: Basiese sorgpakkette vanaf slegs R8 200 per maand, hulpsorgpakkette vanaf R14 100 per maand, en verswaktesorgpakkette vanaf R17 800 per maand. Die moderne en suite-wooneenhede is almal toegerus met ʼn kombuisie. Die sorgsentrum beskik oor ʼn gesellige eetvertrek, sitkamer met kaggel, dameskroeg, klein biblioteek, haarsalon en kliniek.

Tuisversorging word as ʼn standaardopsie deur Elsorg, ons mediesesorgdiensverskaffer, aangebied. Elsorg spesialiseer al sedert 1997 in raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste. Elsorg beskik oor ʼn praktyknommer wat hulle in staat stel om in sekere gevalle kostes van die mediese fondse namens die inwoners te verhaal. “Dit is ook ons oogmerk om tuisversorging by elke Negester as ʼn standaarddiens aan te bied en om moderne en goedtoegeruste sorgsentrums te bou wat aan inwoners se mediese behoeftes kan voldoen en om sodoende verdere gemoedsrus te verseker,” aldus Cilliers.

Skyn helder!

DJ Opperman se gedig “Negester en stedelig” het gedien as inspirasie agter die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk. Die Negester-visie het ook hierop voortgebou, naamlik die ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde en gewaardeerde leefstyllandgoedere waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester kan word. En, soos in Opperman se gedig – “Onthou altyd aan jou dade grens ʼn ewigheid en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” – glo Negester Onrusrivier dat sy leefstyllandgoed juis so ʼn volhoubare omgewing aan sy inwoners bied.

Heelwat tevrede kopers het reeds gesonde groei op hul eiendomsbelegging gekry. Diegene wat in 2013 woonstelle in die sorgsentrum gekoop en onlangs weer verkoop het, het tot 110% groei op hul eiendomsbelegging gekry.

Vir meer inligting, bel Elmar van Tonder by 081 534 5604 of stuur ʼn e-pos na [email protected] óf bel Basie Oelofsen by 083 259 7597 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.