[promosie-artikel]
Die afgelope tyd is baie geskryf oor die Afrikaanse gemeenskap en Afrikaners wat moet saamstaan om Akademia te steun as ʼn private Afrikaanse universiteit van die toekoms. Die Afrikaanse aanbod in hoër onderwys sluit ook Aros (Akademie vir Reformatoriese Opleiding en Studies) in, wat tans aan meer as 900 Afrikaanse studente opleiding verskaf.
Aros beplan om ʼn private Christelike Universiteit te word en bied tans ʼn graadkursus van vier jaar in grondslagfase-onderwys en een in Intermediêre Onderwys, sowel as ʼn diploma van drie jaar in ontvangsjaaronderwys (graad R) aan.
Die proses om nog grade te akkrediteer het al begin. Tans studeer ongeveer 900 studente by Aros, maar na verwagting sal die studentetal volgende jaar tot meer as 1 000 studente groei. Volgens Aros is die instelling sover hulle weet, dus die grootste private Afrikaanse tersiêre instelling en kan daar in gesprekke oor die toekoms van Afrikaans meer erkenning aan die bydrae van Aros gegee word. Vir meer oor die geskiedenis van Aros besoek die nuwe webwerf van Aros.
Ons kan dankbaar wees dat daar vir die Afrikaanse gemeenskap tans twee private tersiêre instellings is wat tans voldoen aan die behoefte van studente om in onderwys en ekonomie te studeer, het Aros gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Wat van die Afrikaanse Protestante Akademie wat nie net predikante vir die APK oplei nie? Dis ook mos ‘n private tersiêre instelling wat opleiding bied in teologie, sielkunde en tale. (sien http://www.apa.ac.za/ )
Wel gedaan Aros. Pragtige leerplan en studentegetalle. Mag julle van Krag tot krag groei.
Welgedaan, 2 privaat Afrikaanse Universiteite wil gedoen wees!
HOU SO AAN! TROTS OP JULLE!
Dit is die pad vorentoe. ‘n Private instelling, wat sy eie beleid kan maak, sonder inmenging van die staat. Ek wens AROS alle sukses met die voorneme toe.
Baie geluk – hou so aan en in Afrikaans!!!!!!!! Hoe meer Afrikaanse instellings daar is hoe beter.