Nog ʼn private Afrikaanse universiteit vir die toekoms

Aros

Foto: Maroela Media

[promosie-artikel]

Die afgelope tyd is baie geskryf oor die Afrikaanse gemeenskap en Afrikaners wat moet saamstaan om Akademia te steun as ʼn private Afrikaanse universiteit van die toekoms. Die Afrikaanse aanbod in hoër onderwys sluit ook Aros (Akademie vir Reformatoriese Opleiding en Studies) in, wat tans aan meer as 900 Afrikaanse studente opleiding verskaf.

Aros beplan om ʼn private Christelike Universiteit te word en bied tans ʼn graadkursus van vier jaar in grondslagfase-onderwys en een in Intermediêre Onderwys, sowel as ʼn diploma van drie jaar in ontvangsjaaronderwys (graad R) aan.

Die proses om nog grade te akkrediteer het al begin. Tans studeer ongeveer 900 studente by Aros, maar na verwagting sal die studentetal volgende jaar tot meer as 1 000 studente groei. Volgens Aros is die instelling sover hulle weet, dus die grootste private Afrikaanse tersiêre instelling en kan daar in gesprekke oor die toekoms van Afrikaans meer erkenning aan die bydrae van Aros gegee word. Vir meer oor die geskiedenis van Aros besoek die nuwe webwerf van Aros.

Ons kan dankbaar wees dat daar vir die Afrikaanse gemeenskap tans twee private tersiêre instellings is wat tans voldoen aan die behoefte van studente om in onderwys en ekonomie te studeer, het Aros gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

DMC de Koker ·

Wat van die Afrikaanse Protestante Akademie wat nie net predikante vir die APK oplei nie? Dis ook mos ‘n private tersiêre instelling wat opleiding bied in teologie, sielkunde en tale. (sien http://www.apa.ac.za/ )

Victor Correia ·

Goeiedag Mnr. de Koker

Jy is heeltemal reg. Daar kan ook meer publisiteit aan die APA se akademie gegee word. Ek het self al die APA besoek en was geweldig beïndruk met die groot biblioteek en dosentekorps.

Indien ek weer vorentoe ‘n artikel skryf sal ek probeer onthou om nie van die APA te vergeet nie.

Op die gebied van hoër onderwys is ons as Afrikaners geroepe om saam te werk.

Groete. Victor.

Emile ·

Wel gedaan Aros. Pragtige leerplan en studentegetalle. Mag julle van Krag tot krag groei.

JC ·

Welgedaan, 2 privaat Afrikaanse Universiteite wil gedoen wees!
HOU SO AAN! TROTS OP JULLE!

JC ·

Geluk Aros, trots op julle! Julle moet sommer nog uitbrei na ander verwante studievelde ook. Afrikaans is “awesome” !

Torsten Knackstedt ·

Dit is die pad vorentoe. ‘n Private instelling, wat sy eie beleid kan maak, sonder inmenging van die staat. Ek wens AROS alle sukses met die voorneme toe.

Disselboom ·

Vir al die goeie werk wat AROS doen, moet perspektief behou word dat al hulle kursusse staatsgeakkriteer is en hulle dus onderwysers – benewens Christelike insette – oplei om die staat se sosialistiese NKV met sy CAPS aan te bied.

AROS se skoolboeke vertoon eie Engelse term “CAPS” trots op die buiteblad.

Disselboom ·

Regstellings: … staatsgeakkrediteer… en “.. die Engelse term…”

Wern ·

Disselboom, neewat, jy soek nou fout. Dit is die minste. Goeie onderwys is onderwys. Ek is seker dit is meer universeel en akademies volledig om baie meer as net CAPS te dek.

Disselboom ·

Wern, die werk moet nie stop nie en moet natuurlik ondersteun word, maar dit moet met die nodige waaksaamheid gedoen word wat besef daar is nog baie werk om onderwys regtig onafhanklik van die staat (wat doelbewys sy kloue orals inslaan) te maak. Torsten druk die wens van baie uit, naamlik “sonder inmenging van die staat”, maar die ideaal is nog nie bereik nie. Valse gerustheid kan mens duur te staan kom. Gehalte-instellings soos AROS kan onafhanklikheid bereik, mits daar aktief soontoe gewerk word.

Johann ·

Disselboom, indien jy mooi die skoolboeke gaan kontroleer, sal jy sien dat die KABV (die mooi Afrikaans vir “CAPS”, slegs gebruik word as raamwerk vir die inhoud, dit word geensins slaafs nagevolg nie. Tweedens, die programme wat aangebied word, is deur al die tersaaklike statutêre liggame goedgekeur, sódat die studente by énige skool, hetsy staats- of privaat, kan werk kry. Daar is nie naastenby genoeg werk in die privaatsektor vir die massa studente wat kwalifiseer nie.

oopkop ·

Baie geluk – hou so aan en in Afrikaans!!!!!!!! Hoe meer Afrikaanse instellings daar is hoe beter.

Kyk hoe vinnig bou ons! ·

Ek het nie geweet Aros is al so groot nie. Baie geluk aan julle. Ons kan trots wees om Afrikaans te wees. So vinnig soos die ANC hul eie instansies vernietig so vinnig bou ons ons eie weer op.

Oom Ekonoom ·

Baie geluk Aros. Belangrike voorstel is dat julle moet fokus op groeiende bedrywe wat ons ekonomie kan bou en die studente kan verseker om werk te kry. Onderwys is baie belangrik om ons volk op te voed. Wanneer julle verder uitbrei dink aan sektore waar ons n mededingende voordeel het. Kies baie mooi en koordineer met Akademia. Tussen die 2 instansies kort ons opleiding in nuwe tegnologiee soos sagteware, web development, data analise, ingenieurswese, biotech, medies, nanotech en e-commerce, als sterk gekombineerd met entrepreneursvaardighede. Dit is gespesialiseerd maar opwindend en dit is wat ons weer gaan vinnig en sterk bou. Kyk maar na singapoer, suid Korea, israel en die skandenawiese lande. Ligte grade is maklik en lekker maar dit is nie wat welvaart skep en ons oorlewing gaan verseker nie.

Mr B ·

Veels geluk. Soek ook Afr universiteit in Weskaap. Help asb.

Leonard van der Dussen ·

Ons het drie AROS-persone in diens by Laerskool Raslouw (privaatskool) – een afgestudeer en twee studente – wat jongmense is met onderwys in hulle are. Hulle is goeie ambassadeurs vir AROS.

Victor Correia ·

Goeiedag oom Leonard.

Dankie vir die goeie terugvoer.

Thea ·

So trots my borskas wil oop bars van trots. Lank lewe Arikaans !!!!!!!!, APK nog n spog instelling met trots en rigting

BAREND ·

al die instelings waar Afrikaans weg geneem is het tot nietgegaan S.A.L S.A.U.K KRYGKOR ,EKSDOM [ESCOM] Afrikaans is my trots en my lewe ,niks sal hom onder kry
hou so aan

Hennelie Rust ·

Hoë standaarde, veiligheid,geen stakings,en ‘n absolute prestige om by so ‘n instansie te kan studeer. Wat ‘n wonderlike voorreg en wat kan ‘n student meer vra vir gelde wat betaal word. Ons ouer garde is in die wolke hieroor.Die toekoms is in ons eie hande betreffende wat ons wil hê ,eiesoortig aan ons behoeftes,dis ons reg vir ons nageslag,baie dankie vir die betrokkenis wat met geloof bou en aanhou!!

Morne Diedericks ·

Dit is ‘n wonderlike voorreg om vir Aros studente klas aan te bied! Jy kan hulle enige tyd by enige skool aanstel.

Koos Adendorff ·

Ons by die Afrikaanse Protestantse Akademie is dankbaar vir elke Afrikaanse tersiêre instelling. Die AP Akademie is al 28 jaar aan die gang met grade in teologie en die geesteswetenskappe. Ver oor die 200 grade is al toegeken. Ons wil graag met die ander instellings saamwerk om ‘n intellektuele tuiste vir Afrikaners te bied.

Rentia Wilkinson ·

Ek het 13 jaar terug ñ afrikaanse kleuterskool in my motorhuis begin omdat ek nie ñ geskikte afrikaanse christelike skool met ñ gekwalifiseerde graad R onderwyseres kon kry nie vir my tweede kind, ek was nie van plan om die fout te herhaal deur weer ñ kind in ñ gemengde klas te plaas nie. My eggenoot is engelssprekend en praat slegs engels met ons kinders, ons dogter het pragtig onderskeid tussen die twee tale getref totdat sy in ñ gemengde klas ingedeel is, daarna het sy haar taal begin meng en die twee tale deurmekaar geskryf. Ons seun het dit nooit gedoen, beide tans onderskeidelik 21 en 16 is tenvolle tweetalig maar hulself afrikaans, gaan in afrikaans skool en studeer aan die Puk in afrikaans. Ons hou dieverwikkelinge dop vir ons jongste se studies later. My kleuterskool is steeds trots afrikaans!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.