Nuwe 4DX- teater in Menlyn

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Fliek het pas ʼn nuwe betekenis in Pretoria gekry: ʼn Splinternuwe 4DX-teater wat die gehoor deel maak van ʼn multidimensionele fliekervaring, open vandeesmaand sy deure in die Menlyn-inkopiesentrum in dié stad.

ʼn 4DX-teater is daarop gemik om die manier waarop jy na ʼn fliek kyk geheel en al te verander. In dié teater word jy só meegevoer deur die spesiale effekte dat dit byna voel asof jy deel is van die fliek.

Fliekgangers word onder meer meegevoer deur omgewingseffekte soos wind en “reën”.  Apparate in die teater stel byvoorbeeld vriendelike gasse vry wat ʼn spesifieke toneel in die fliek ondersteun – soos die reuk van die see of nat grond.

Verder kan die sitplekke ook op en af, links en regs en vorentoe en agtertoe beweeg sodat dit aksies soos vlieg en ry kan naboots.

Dié teater is die eerste van sy soort in Pretoria. Die ander 4DX-teater in Gauteng is in die Hyde Park-winkelsentrum in Johannesburg. Daar is ook ʼn 4DX-teater in Kaapstad en een in Durban.

Die eerste vertoning in die Menlyn-teater is eerskomende Vrydag (10 Februarie) en die fliek wat vertoon word, is Resident Evil.

Op 17 Februarie word die aksiefliek xXx: Return of Xander Cage met Vin Diesel en Ruby Rose vertoon.

Wat gaan dit my kos? ʼn 4DX-fliekkaartjie gaan jou R175 uit die sak jaag. Vir meer inligting besoek Nu Metro se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nu Metro ·

Vergelyk die prys dalk met wat ritte by pretparke of rollercoasters kos – vir ‘n rit van maks 10min. Hierdie teater bevat al daardie effekte en nog heelwat meer, plus 3D beelde en Dolby 7.1 klank. Dis met ander woorde ‘n totale 360-sensoriese ervaring vir 90min plus. En dis ook nie soos die ander pretpark-simulators waar kort films met vissies wat swem ens vertoon word nie. Dis ‘n volwaardige fliek wat gekodeer word oorsee tesame met die films, vir die effekte ens om gekoordineer te word met die aksie op die skerm.

Nu Metro ·

Neem asb kennis dat 4DX nie geskik is vir jong kinders, verwagtende vroue, fliekgangers met rug- of nek-probleme nie. Epilepsielyers word ook sterk afgeraai a.g.v. die hoe intensiteit van sekere fisiese en lig/rook/water-effekte in sommige 4DX flieks. Die prys is per kaartjie is egter baie goedkoper as sekere pretpark of rollercoaster-vermaakopsies. En in plaas van ‘n 10min rit, is dit nou ‘n fliek van 90min – met gevordere tegnologie vir ‘n 100% multi-sensoriese ervaring.

Hes ·

Mens doen dit (baie selektief!) vir die ervaring daarvan! Gesinne moet maar die dvd uitneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.