Nuwe skoonheidsalon vir die alternatiewe vrou (of man)

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

[Promosie-artikel]

ʼn Nuwe skoonheidsalon het pas sy deure oopgemaak by Menlyn Maine in Pretoria. Tenfold fokus nie net op skoonheid nie, maar doen dit met ʼn natuurlike inslag.

Volgens Tenfold se eienares, Georgia Shekeshe (29), bied dié salon ʼn unieke skoonheidsdiens vir die alternatiewe, denkende vrou.

“Ons glo die volgende generasie van skoonheid is meer natuurlik, gifstofvry en verantwoordelik. Dit is ook baie meer sjiek – en ons glo ons is besig om die fondament te lê,” sê Shekeshe.

Tenfold is nie ʼn tipiese salon nie – wanneer jy instap, vang die minimalistiese ontwerp jou oog. Dit skep dadelik ʼn kalm en verwelkomende atmosfeer. Shekeshe sê die rede hiervoor is dat Tenfold nie net vir vroue bedoel is nie en dat die ontwerp juis so gekies is om mans ook welkom te laat voel.

Hulle het ook ʼn sterk fokus op higiëne. Instrumente (wat nie van metaal is nie) word net een keer gebruik. “Instrumente word in gesteriliseerde sakke verseël en voor die kliënte oopgemaak. Ons skep ʼn omgewing wat gesond en veilig is – nie net vir die kliënt nie, maar vir ons werknemers ook,” meen Shekeshe.

“Vandag se vrou is meer bewus oor wat sy op haar vel sit. Dit is juis om dié rede dat ons deeglik gedink het oor die produkte wat ons gebruik. Ons is ook tans in die proses om met ʼn plaaslike besigheid te onderhandel oor natuurlike produkte vir die salon.”

Shekeshe sê hoewel hulle gesteld is op die besigheid se sosiale verantwoordelikheid, gaan dit eintlik oor die kliënt se ondervinding. “Vandat die persoon instap en ontvang word, haar konsultasievorm invul, tot die einde van haar sessie en wanneer sy weer uitstap – dit gaan oor die persoon se ervaring.”

En dit is beslis ʼn ondervinding – of jy nou tydens jou sessie wil gesels oor naelsorg, of net so ʼn bietjie oë wil toemaak, die werknemers by Tenfold lees ʼn mens goed en maak dit ʼn gemaklike en aangename ondervinding.

Tenfold bied dienste van masserings tot haarverwyderings. Stuur ʼn e-pos na [email protected] of skakel hulle by 012 348 0340.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denker ·

Hmmm – ek hoor jou @Dankie tog, maar mens hoef nie ontevrede met jouself te wees om na jouself om te sien nie:)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.