‘Ons leef saam met Ruben in sy wêreld, een dag op ʼn slag’

Ruben (Foto: Facebook)

Ruben (Foto: Facebook)

Hulle het geveg met álles wat hulle het. Baklei tot hul vuisvoos was teen dié kanker wat nie bes wou gee nie. Hulle het aand ná aand op hul knieë deurgebring, en dag ná dag vir ure aaneen in dokters se spreekkamers gesit.

Ná die nuus in Januarie dat haar sesjarige seuntjie se kanker terminaal is, het Marinda Scharneck nou besluit tot hier en nie verder nie. Vir die twee maande wat hy oor het om te leef sal sy sal seker maak hy lééf – sonder dokters en pille en spreekkamers.

Die gesin loop al sedert 2014 dié pad. Ruben het in daardie tyd van maagpyn begin kla, maar X-strale kon die gesin nie voorberei op die werklikheid wat op hulle gewag het nie. Hulle was onder die indruk Ruben het galstene.

Dit was in Junie 2014 toe hul lewe handomkeer verander het. Dokters het ʼn groot gewas opgespoor ná ʼn biopsie en die gesin het kort daarna gehoor daar is gróót fout.

Ruben is kort daarna met hoë-risiko neuroblastoma gediagnoseer en het 100 dae van chemoterapie ondergaan. Hoewel die uitslae positief gelyk het, was die Scharnecks wéér platgeslaan toe dit blyk dat die kanker in Junie 2015 weer versprei het.

Hoewel hy selfs nietradisionele kankerbehandeling uit Australië ontvang het én in Januarie vanjaar weer ʼn groot operasie ondergaan het om al die gewasse te verwyder, het die gesin nié die goeie nuus ontvang waarvoor hulle gehoop het nie. Van die gewasse was vas aan die aorta en dokters kon nie daarin slaag om dit te verwyder nie.

Ruben saam met sy ma, Marinda, en boetie, Rossouw (Foto: Facebook)

Ruben saam met sy ma, Marinda, en boetie, Rossouw (Foto: Facebook)

Nóg ʼn ronde chemoterapie het hul donkerste drome realiteit gemaak: Ruben se neuroblastoma is metastaties, en daar is niks wat hulle vir hom kan doen nie.

“Ons het voor ʼn stopstraat gekom. Ons moes besluit of ons gaan voortgaan met chemoterapie en of ons alle behandeling gaan staak. Die chemo het hom baie siek gemaak, en hy het glad nie gesonder geword nie,” sê Scharneck.

“Ek en my man, André, moes lang en harde ure bid en daaroor praat. Ons wou nie mekaar later verwyt vir ʼn besluit wat ons gemaak het toe ons emosioneel was nie. Maar ons het op ʼn dag geweet wat die regte besluit is en die onkoloog gebel met die nuus: Ons gaan die behandeling staak. Hy het gesê hy respekteer dit.”

Die gesin het ook ʼn 12-jarige seun, Rossouw, en sê dit was veral moeilik om hom te verduidelik wat dit alles beteken.

Dokters het Ruben einde Junie twee maande gegee om te leef sonder die chemoterapie. Hulle het gesê met die behandeling sou hulle sy leeftydperk met minstens ʼn paar maande kon verleng, maar dat hy nooit gesond sou word nie.

“Hulle het verduidelik daar was nog nooit ʼn kind in Suid-Afrika wat gesond geword het van dié kanker nie. Ons moes besluit ons of ons vir hom die laaste paar maande ʼn kwaliteit lewe wou gee, of ure in die hospitaal sodat hy van voor af kan siek raak,” het sy bygevoeg.

Ruben saam met die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld (Foto: Facebook)

Ruben saam met die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld (Foto: Facebook)

“Dit was nooit maklik nie. Mense veroordeel ons vir ons besluit, hulle verstaan nie waardeur Ruben gaan nie. Hulle verstaan ook nie waardeur ons gesin gaan nie. Ons het gebid. Ons het gesmeek. Ons het gehuil. As hy móés gesond word, glo ek hy sou. Maar hy is terminaal, en daar móét ʼn groter plan wees as wat ons menslike breine kan verstaan.”

Mense van dwarsoor die land het intussen hulle harte én beursies vir die gesin oopgemaak sodat Ruben “spesiaal kan voel” vir die tyd wat hy wel nog saam met sy gesin is.

Die niewinsgewende organisasie Caring Daisies het onlangs onder meer gereël dat hy saam met die Springbokke op die veld kon uitdraf. Die rugbyspeler Israel Folau het ook vir hom ʼn rugbytrui en die span se “match coin” gegee.

“Hy is mal oor rugby. Ek dink hy weet baie meer daarvan as wat ek weet,” skerts sy ma.

Die gesin is ook deur anonieme donateurs met vakansie na Mauritius en Tanzanië gestuur. Die Afrikaanse sanger Anaïs het dit ook onlangs moontlik gemaak dat hy die akwarium en Tafelberg in Kaapstad kon besoek.

“Ons lewe in so ʼn goor wêreld. Ek sou nooit ooit kon dink dat mense nog soveel goedheid in hulle harte het vir ʼn jong seuntjie met nog baie drome nie. Dit raak ʼn mens se hart onbeskryflik baie aan.”

Scharneck sê hoewel die gesin wéét wat die toekoms inhou, rig hulle nie hul fokus daarvolgens nie.

“Elke keer as hy ʼn nuwe pyn het, dink ons die kanker het weer versprei. Ons vat hom steeds dokter toe, maar die dokters wil nie meer opereer nie, hulle wil hom nie eers vir ondersoeke stuur nie. Die dokter het vir hom gesê as hy gaan opereer, gaan hy dit maak nie. Hy het toe gesê dis oukei, hy wil net nie meer seer hê nie. Dit breek ons harte nog elke liewe dag.

“Die wonderlike ding is die gees van sy kindwees. Hy kan by die spreekkamer uitstap en vergeet van alles. Hy sê steeds hy wil Affies toe gaan, maar as hy nie daar keuring kry nie, gaan hy sommer reguit Tuks toe. Ons leef saam met hom in dié wêreld, een dag op ʼn slag. Wanneer ons vir hom sê ons is jammer hy het seer en dat ons graag sy seer sal wil oorvat, sê hy altyd hy wil dit eerder hê omdat hy nie wil hê ons moet seer hê nie. So ons bid, huil, en vat elke dag soos dit kom.”

Vir meer inligting oor die Scharneck-gesin besoek die Hope4Ruben-Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Annie ·

Ek is nou skoon hartseer, Sterkte aan die gesin en geniet julle tyd saam met hom, hy is ‘n pragtige seun.

maraai ·

myself nou dood gehuil, kon skaars die berig klaar lees. sterkte seun, ek bid vir jou en jou familie, al weet ons dat Jesus jou nie hierdie keer gesond gaan maak nie. ek weet self nie hoekom hierdie tipe dinge moet gebeur nie, en hoe mens bly glo ten spyte van als?

Jean ·

Julle is ‘n brawe ouerpaar en NIEMAND kan vir julle sê wat julle moet doen en watter besluite julle moet neem nie. Dis net julle en julle seunskind wat daardie besluite kan maak. Mens bid altyd vir ‘n wonderwerk wat nie onmoontlik is nie, maar as hy intussen iemand het van elke dag vir hom lief is en sy dae so draaglik as moontlik maak, dan het julle baie verrig. Baie sterkte vir julle op die pad saam met Ruben, hy is ‘n pragtige kind ..Mens weet nie hoekom hierdie goed gebeur nie . die mens wik maar God beskik .. mag hy julle dra en vertroos ook op hierdie reis ..

Anel ·

Dokters het einde Junie gese hyt 2 maande oor om te lewe sonder Chemo, ons trek al by Oktober, al amper 4 maande verby en hy lewe nog! Net een God wat wonderwerke kan laat gebeur!!!

Meraai ·

Ek kan nie glo dat mense julle kwalik neem vir julle besluit nie. Baie mense en gesinne moet een of ander tyd so n besluit neem. Ek dink die meeste mense het so n ontsaglike vrees vir kanker dat hulle dink mens moet ALLES probeer. Soms moet mens mooi vir die dokters luister en met alle inligting so n besluit neem. Geniet elke oomblik wat julle nog saam is. Mag julle n geseënde tyd saam hê.

Helgaardt Muller ·

Sterkte vir julle gesin GOD is Groot. Moes dieselfde besluit neem met my oorlede ma

Harold ·

Sjoe, ek wil huis toe ry van die werk en my 3 styf vas druk. Ek kan nie dink wat julle moet deur maak nie. Dis verskriklik hartseer. Die ergste ding op die planeet is om n kindjie te begrawe. En dan nog moet wag vir dit om te gebeur. Baie baie erg. Alle gebede met julle. Sterkte.

hartseer ·

Julle het die regte besluit geneem. Al wat hy nodig het nou is liefde. Om behandeling te kry wat in elk geval nie die uiteinde gaan verander nie is totaal en al onnodig. Stertkte pragtige seun! xxx

Maxine ·

Liewe Here, ons dra hierdie pragtige seun Ruben aan U op vandag & proklameer genesing in elke sel in sy liggam!
U het reeds die Prys vir ons betaal & ons is deur U wonde genees!
Al se die dokters dat daar niks is wat hulle kan doen nie dan weet ons Dat U die laaste se het & dat U in ‘n sekond Ruben kan genees!
Ons loof U hiervoor,
Amen

Donovan ·

Amen ek sekondeer die gebed…Here U woord se waar twee of meer oor n saak saam stem dan sal dit so wees… U beloftes van gister, vandag en more bly staande en ons dank U vir die magtige wonderwerk wat U in Ruben se lewe gaan doen… Soos U weet is daar menslik niks anders as Geloof Hoop en Liefde vir Ruben oor nie, maar U het gesterwe sodat ons kan lewe en n lewe in oorvloed kan geniet… Here U woord leer ons dit ook dat die duiwel kom slag steel en verwoes en daarom kom ons vandag teen sy werke in Ruden se lewe en ons kla hom aan en beveel dat hy sy vuil kloue van Ruben sal af haal… Here daar is lewe in Ruben en lewe in oorvloed Vader en ons pleid vanoggend dat die Bloed van Jesus Ruben sal genees… Here in Spreuke2:3-5 Vader ons roep in ons Gees na insig ons roep na begrip vader en ons roep na U om Ruben se lot te verander Here… Ek bid ook Vader dat deur sy genesing sy familie sal sien en ervaar die liefde wat U het vir hulle… Vader u verander ons smeek gebede in Jubel en JUIG voor U troon Here en ons gee U al die lof en eer… Ons bid die gebed in Jesus naam… Amen.

Hartseer ·

Julle het die regte besluit geneem. Al wat hy nodig het nou is liefde. Om behandeling te kry wat in elk geval nie die uiteinde gaan verander nie is totaal en al onnodig. Stertkte pragtige seun! xxxxx

Lindy ·

My Liefste Rubes, jy is my ultimate HERO en ek weet jy gaan Affies toe en rugby speel in NewZealand! ❤️❤️❤️

Riana ·

Ai dis hartseer. Ek het nie rêrig woorde nie….die lewe is nie altyd maklik of regverdig nie. Ek dra Ruben en sy gesin op in my gebede.

Sonja ·

Marinda, jou seuntjie Ruben is die mooiste seuntjie ! My mamma hart is seer saam met julle. Ek dink julle het die regte besluit geneem om hom ‘n kans te gee om die vreugde en volheid van elke dag te gee wat hy nog by julle is en nie met nare chemo effekte nie. Baie sterkte aan julle as gesin, stywe drukkie vir Ruben… Soos jy sê dit is dag vir dag.. Druk hom en soen hom elke dag soveel jy kan en drink elke glimlag en oomblik in sodat jy dit vir altyd kan onthou..

Nicolise ·

Dis verskriklik. My hart gaan uit na julle toe en moenie julle steur aan wat mense sê nie want niemand kan oordeel as jy nie in julle skoene sit nie. Hulle het nie ‘n idee wat julle moet deurgaan nie. Baie sterkte aan julle.

Sonja ·

Marinda, jy het die mooiste seuntjie ! My mamma hart is saam met julle seer. Ek dink jy het die regte besluit geneem om vir Ruben nie verder bloottestel aan die nare effekte van die chemo en medikasie nie.. Baie sterkte aan julle as gesin, spesiaal vir jou as mamma. Geniet nou elke dag saam met hom, drink elke glimlag en oomblik in.. Drukkie vir Ruben !

Elize ·

Julle het die regte besluit geneem Marinda en André. Mag elke dag wat God jul gun saam met jul geliefde Ruben en Rossouw die beste wees. En steeds glo ons dat die hoop nie beskaam nie. Sterkte en liefde in oorvloed.

Charlene ·

Moet julle aan niemand steur nie! Niemand weet wat dit vat om so ‘n besluit te neem nie en dit word sowaar nie ligtelik gedoen nie. Baie baie sterkte aan julle hele gesin. Wees goed vir mekaar en onthou julle tyd saam. Mag God julle in Sy liefde omvou nou en in die dae wat voorlê.
Xxxxxxxx

Dale ·

Kan meneer Edwards van Affies nie’n plan maak vir een dag nie?

Beste besluit ·

Beste besluit, ten minste sal hy nie naar en siek voel heeltyd nie. Jul attitude is reg, leef elke dag op ‘n dag.

Ek ken jou persoonlik liewe Rubes ·

Wat n voorreg om jou
te ken jy kruip in almalse harte in, altyd vrolike maak nie saak of jy pyn het nie. Ek bid s elke aand vir jou Ruben . Sterkte vir Andre, Marinda en Roussouw.

peter ·

Ag hoe seer is my hart nou. Ons is deur dieselfde met my boetie. HY was nou wel ouer (34) maar ai hy was my ouers se baba. Die kanker om sy aorta was die laaste strooi. Hy het stage 4 metastaties dunderm kanker gehad. Ons het letterlik miljoene spandeer. Dokters ingevlieg uit Switserland…hulle het hom 6 maande gegee. Hy het ‘n jaar geleef…toe is dit verby. Ook tussen sy eie mense oorlede. Dis nou 7 maande…en die gemis is louter hel.

Lucy Hammond ·

Ai my hart nou so seer.Huil saam met die vrou.My seun al 14jr trug oorlede.op 10jr.Sterte vrou daar lè lang pad voor vir jul×××××

BOLANDER ·

Ai, dit is so hartseer. Sterkte vir dit waardeur julle gaan. Kyk altyd net op en julle sterkte en genade sal daar wees.

Johanna ·

Sjoe. dapper seun, dapper familie. God dra julle. Sluk om my trane weg te hou. ek het nie woorde nie. dankie aan almal wat Ruben bystaan.

carol ·

Ai is daar ooit rerig die regte woorde? My hart bloei vir julle. Maar wees gerus Onse Goeie Vader het sy heilige hande oor jul en jul familie. Glo bid en vetrou ….. Miracles do happen

Sterkte….

Francois ·

Ek huil vandag soos n klein seuntjie, net omdat ek twee klein kinders het en my lewe nie sonder hulle kan indink nie, dit moet n groot besluit wees en persoonlik respekteer ek julle daarvoor, dit maak mens se hart sommer lekker warm om te hoor hoeveel goedheid daar nog oor is in ons land. Iemand het vandag vir my gese dat met tyd verdwyn die slegte dinge, en die goeie bly agter, en die “memories” wat julle nou maak sal altyd in julle harte bly, en hy sal altyd by julle wees…sterkte mense

Inge ·

In my hart weet ek julle het die regte besluit geneem. Ek is so jammer dat hierdie op julle pad gesit is. Niemand sal die pyn verstaan waardeur julle gaan nie, maar bly asb net sterk. Mag julle voorentoe net vreugde en geluk ervaar saam met julle seun!

ogies ·

Mag God julle dra dag na dag en julle altyd van Sy teenwoordigheid bewus wees. Sterkte vir die pad wat voorlê

Edith Allers. ·

Sending angels of comfort to this family. My heart bleeds for you.

Anoniem ·

Liewe Marinda en André, dit was sekerlik ‘n baie moeilike besluit om te maak, maar ek glo met my hele hart dis die beste besluit vir Ruben. Dis nie kies om moed op te gee nie, dis kies om die tyd wat julle saam het te LEWE! Ek sou presies dieselfde doen as ek in julle skoene was. Moet asb nie skuldig voel nie! Nie eens ‘n bietjie nie! Mens kan duidelik aflei julle is baie lief vir hom. Wens elke kind in hierdie land het so ‘n goeie pappa en mamma gehad as julle Ruben en Rossouw!

shirley ·

Ai seer is my hartjie nou. Dit moes moeilik vi di ouers gewees het om so n besluit te neem. Weti of ek dit sou kon reg kry ni. Maar weet dis di regte besluit nou kan hy sy kort lewetjie wat oor is geniet tot Jesus sy engeltjie nodig het. Sterkte seun jy is baie dapper. Sterkte aan mamma, pappa en ouboet

Andre ·

Weet nie wat om te se nie…….te hartseer vir woorde. Baie sterkte vir julle ! Ons bid vir julle .

Zanné ·

Liewe Jesus pas Ruben op!!
Hou vir mamma pappa en boetie styf vas!!
Amen

Elize Hebden ·

Ek verstaan presies hoe jul voel. My dogter was ook 21 jaar terug gediagnoseer met neuroblastoom en sy het net 6 maande en 1 dag gelewe vandat dit ontdek was. Sy was maar amper 14 jaar oud. Baie sterkte vir julle dis sooo moeilike tyd waardeur julle nou moet gaan. Geniet elke minuut met hom. Ek verstaan hoe siek hul word met chemo. Bid vir julle

Anoniem ·

Hoe seer maak die n mens. Dis 4 maande later en hy is nog met julle. Als is in God se Hande. My hart gaan uit na julle. Ek bid vir julle. Wat n pragtige kind. Een van God se engele….God is met julle elke oomblik…weet dit maar. Kleine seuntjie jy is n voorbeeld vir elkeen van ons. Jy is pragtig. Die trane loop…Wees sterk en weet dat God saam jou die paadjie loop…Ons…… Suid Afrika is lief vir jou!!!!!!

SêMaarNet ·

Mense is so vinnig om te oordeel. Julle as gesin en ouers sal die beste weet oor watter besluite om te maak.

Baie sterkte vir julle.

Loretta Blignaut ·

Die Dr wat vir julle gesê het niemand het nog ooit gesond geword van die kanker nie in nie ingelig nie. Ek is vandag 27 jaar oud met ‘n pragtige klein dogtertjie van 2. Ek het neuroblastoma gehad, Dr het vir my ma gesê ek sal nie ouer as 7 word nie en hier sit. Later sou ek nie kon kinder hê nie. Sy hardloop hier voor my rond. Ek het dit oorleef en ek weet met God kan enige ander kind dit ook oorleef. Ek bid vir julle.

ena ·

My dogtertjie is 4 jaar terug met breinkanker gediagnoseer en verlede jaar sept moes ons ook di besluit neem opereer ons of geniet ons dt wat oor is . Nous dt n jaar later en di pad was ni maklik wat al geloop is maar ten minste is sy nog met ons. Mense is wreed maar jul as ouers (eintlik gesin) weet wats die beste en loop di pad saam mt Ruben en ni di ander. baie sterkte!!!!

manda ·

oe nat gehuil weet hoe dit voel om nie te weet of jo kind more oggend haar oe gaan oop maak nie, ek weet van bid en huil en skree en van icu en toetse en dokter op dokter van hoekoms en waaroms en ek weet van oordeel, baie sterkte julle is al wat ek kan se hoop vir nog n dag n uur n minuut, o liewe HERE ons kyk op en ons bid want dis waar ons krag vandaan kom.

Johann Marx ·

Ek ken hierdie pad. ‘n Man het eendag vir my die volgende gesê: “God genees alle siektes…alle gebreke…alle kanker. Soms net nie altyd aan “hierdie kant” van ons lewe nie. Aan die ander kant is ons geliefdes in totale perfektheid….genees en gesond.

Jopie ·

Dawid het gevas en getreur terwyl sy eie seun terminaal siek was. Na sy afsterwe het Dawid God gedien, sy rouklere uitgetrek en weer begin eet. Toe sy dienaars hom verwonder uitvra or sy optrede, het hy geantwoord dat sy seun nie weer na hom sal kom nie, maar dat hy eendag na sy seun sal gaan.

As dit die Vader eerder behaag om Ruben te neem, is my bede vir sy ouers en familie dat God hulle sal toerus met dieselfde visie, hoop en vertroosting as waarmee hy die treurende Dawid toegerus het. Vrede aan julle!

Jeanne ·

Julle is n wonderlike gesin en ek love julle! Dis net amazing wat julle als vir Rubs doen en opoffer! En eendag sal julle dankbaar wees vir elke oomblik wat julle met hom en mekaar spandeer het! En Rossouw, jy is die beste boetie ooit!! Jy gaan dubbel en dwars geseen word vir jou liefde en gerund met Rubs! Xxxx

Emma Barnard ·

Ons wil vir julle dankie se as gesin om Filipense 4:13 uit te lewe ” Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Saam met dit lees ook 2 Kor 12: 7 – 10 “My genade is vir jou genoeg……”

Sanet Olivier ·

Ruben jy is ongelooflik en vir selfs die ou tannie (ek verstaan hoekom jy nie jou seer sal ruil met jou mamma of pappa nie). Mamma, pappa en boetie…. julle het die voorreg om een van God se engele reeds te ontmoet. Dankie Ruben

Sanet Olivier ·

Ruben jy is ongelooflik en vir selfs die ou tannie (ek verstaan hoekom jy nie jou seer sal ruil met jou mamma of pappa nie). Mamma, pappa en boetie. Julle het die voorreg om een van God se engele reeds te ontmoet. Dankie Ruben

Trudie ·

Ek ondersteun julle besluit 100% Liefde, liefde en nogmaals liefde is al wat Ruben nodig het :-)

Hannelie ·

Sjoe my hart is so seer vir hul part en syne. Jy is so ‘n ou dapper seuntjie, ek wens ek was naby jou net om jou ‘n stywe drukkie te gee, jou teen my hart vas te hou.

Hannelie ·

Sjoe my hart ruk in my binneste vir hierdie pragtige gesin. Ruben ek wens ek was naby jou om jou styf teen my hart vas te hou en jou nie te los nie. Jy is ‘n dapper seuntjie. Baie liefde vir jul gesin word jul toegebid.

charlene ·

Aan Ruben se mamma: Moet asb nooit sleg voel oor julle besluit, ek glo dis die beste besluit wat julle as gesin gemaak het. Julle het `n keuse gehad van of `n goeie einde om `n aaklige siek einde en julle het gekies om vir julle kind die mooi in alles te wys, die omgee van mense vir mekaar, vreemde mense wat vir mekaar help, mense wat jou nie ken nie wat saam jou huil. Jy wys vir jou kind nou die wêreld is eintlik `n goeie plek en nie net sleg nie, jy leer hom van naaste liefde van geloof en van saam-wees. Jy en jou man en julle seuns is ongelooflike sterk mense, mense wat die regte besluit geneem het.

Wilmien ·

Sterkte liewe ouers en boeties, mag God julle deur hierdie moeilike tyd dra baie liefde stuur ek aan julle

Sus ·

Ken ‘n bietjie van julle reis. Dis ‘n opdraande pad maar met baie seëninge besaai! Ek het na die tyd so baie uit die een-vrou opvoering van Sandra Prinsloo ‘Oscar en die Pienk Tannie’ geleer. Geniet julle pragtige Ruben elke oomblik! Ons is almal net aan mekaar geleen en as ‘n besonderse knapie soos dié, só baie lewens kan aanraak is hy beslis Jesus se witbroodjie! Sterkte julle!

Ouma Alta ·

Liewe mensies, hierdie ouma hart is saam met julle, my eie klein Engelkind gaan deur dieselfde eina, hy is maar net 8 jaar oud en ‘n regte klein vegtertjie. As hy pyn in sy ruggie kry is dit so erg dit voel of ‘n ou net die pad wil vat en wil vlug – dis hel. Maar ek weet dat ons Liewe Heer hulle styf vashou. Ek sien klein Ruben se ou duimpie is ook in die lug en het ook die ou mooiste glimlaggie net soos my ou Engelkindjie. Baie, baie sterkte vir julle ek weet ons Here sal elke dag met julle wees en vashou, dis wat Hy vir ons doen. Hy sal ons nooit verlaat nie al is ons harte stukkend.
Baie liefde XX

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.