Oom Herrie se kerrie: Nou kan hy skop

Oom-Herrie-se-Kerrie

Oom Herrie se kerrie. Foto: Argief.

Klein Willem Venter is as’t ware met die rugbybal onder die arm gebore. Sy rugbybal was van kleins af sy min of meer permanente metgesel – omtrent net Sondae moes die bal in die motor agterbly wanneer Willem se ouers, hy, en sy jonger boetie en sussie in die kerk is.

Omtrent van boetie en sussie kon loop het Willem hulle al ingespan om saam rugby, of na die ouers ingegryp het – raak-rugby op die grasperk saam met al wat weerbare kind in die buurt te speel.

Maar rof het dit rof gegaan. Gelukkig was die hospitaal nie ver nie, en ma moes gereeld met ’n ongeval in die ongevalle-afdeling aanmeld, en heel dikwels was dit van haar eie kroos. Op ’n dag wou sy tong-in-die-kies van die noodgevalle-dokter, wat al op voornaamterme was, weet of hy dink die mediese fonds sal oorweeg om haar kinders se noodgevalle op chronies te sit.

Die dokter het uit sy maag gelag.

“Ek moet daai ene onthou. Jy is nie al ma wat so gereeld hier moet inklok nie.”
Tuis, sê ma sy gaan gou op die rekenaar kyk of hul dorp se naam nie dalk na Van Helsdingesfontein herdoop is nie. “Die vet weet, dit sal meer gepas wees as Rustfontein.”

Maar Rustfontein het dit gebly. Die tuinspelery het plek gemaak vir die ware Jakob, Of min of meer. Willem het oud genoeg geword om by die skool te kan begin speel. Pa wil weet watter posisie, na hy ’n wedstryd gaan kyk het en nie kon agterkom waar die kleinman speel nie. “Heelagter of slot, of so iets,” verduidelik kleinman. Pa gaan verneem by die afrigter-onnie. “Nee, ek wil nog nie die pikkies vas plaas nie – Willem word nog om die beurt as heelagter en slot ingespan – maar eintlik doen hy in die wedstryd ’n flank se werk. Eintlik drie flanke se werk.”

En toe die ramp der rampe. Willem kom met ʼn erg verbinde knie en ʼn briefie van ʼn rugby-oefening af. “Sy knie is erg geswel en ons stel voor u neem hom dokter toe.”
Rugbybal onder die arm is Willem saam met ma dokter toe. Die dokter verwys hom na ’n spesialis in die stad, en so maak pa ’n hele gesinsuitstappie stad toe van die okkasie. In die spesialis se gebou is roltrappe, en vir die kleingoed is dit ʼn fees. Selfs Willem, met sy styfverbinde been is, rugbybal onder die arm, roltrap op, en roltrap af. Die spesialis bekyk die plate, en ondersoek die knie. Hy beweeg die been, en buig die knie. Willem byt op sy tande.

“Ek is bevrees,” sê die spesialis vir pa en ma, “hy sal ’n prosedure moet ondergaan.” Hy praat maar so hoog dat Willem nie verstaan nie, en ontsteld word nie. Maar Willem, wat as’t ware ’n tweede tuiste in Noodgevalle gehad het, verstaan wel. En hy is nie ontsteld nie.

“Sal ek na die operasie nog pale toe kan skop?” vra hy hoopvol, en klou sy rugbybal ekstra hard vas.

“Ja natuurlik, jy sal ’n skerpskutter wees,” troos die dokter.
Willem se ogies blink: “Jippie, ons moet dadelik laat sny want ek kon dié pale nog nooit raakgeskop kry nie.”

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Gesondheid, Karmenaadjies, Rubrieke, Rugby

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Shannon ·

Herman ek is nie seker wat die boodskap is van hierdie storie nie – ek neem aan dis iets soos “we breed them tough” ?
Want in daai geval dink ek Suid Afrika het `n helse fout laat voortleef. Dit wil nou voorkom of dit eerder talent en verstand is wat koning kraai. Ek verwys nou spesifiek na die senior toernooie soos die binnekort oorlede Super reeks waar ons outjies nie die mas kan opkom nie.

Maak nie saak hoe hard hulle bid voor, gedurende en na die wedstryd nie, die boodskappie is altyd die selle teydens die na-doodse ondersoek : “We’ve learnt a lot” NOT “from this game” en die kosbare woorde van Piet Spiere van die Bulle : “We know we’re on the right track” Huh !!?

Wat sê ons proebeer maar kwotas vir so 5 jaar of wat ? Kom ons kyk of dit werk, ons het niks om te verloor nie, of hoe sê jy ?

Herman Toerien ·

Hallo Shannon. Dis ‘n versameling van ware staaltjies wat aanmekaar gevleg is om by die punt uit te kom waar die knapie dink die knie-operasie gaan sy hopelose skopwerk pale toe ook regdokter – want die dokter het dan gesê hy gaan (steeds) ‘n skerpkskutter wees.
Ek dink SA se grootste probleem in die Super-reeks is die teenwoordigheid van soveel Suidsee-eilanders in die NS en Australiese spanne. Hulle is gebou vir rugby. Hulle is bv ook ver “oorverteenwoordig” in die Amerikaanse grootste voetballiga, al is die voedingsbron, Amerikaans-Samoa, piepklien.

Shannon ·

Dag Herman, ja kyk ek word self warm onder die keel vandag nog as ek terug dink aan die tyd toe SA met 10 duisende $$ beboet was oor die insluiting van `n sekere Tonderai Chavhanga in die SA 7’s span – deur die New Seelandse beampte/s. Oordat hy onder Mugabe se nkosi geklasifieseer het. Maar nou ja..

Ek glo egter nie dat die persentasie kokos neute `n benoemingswaardige rol speel in die verbetering van rugby nie. Indien dit die geval was dan moes die Blitz Bokkies pal die knie buig voor die Fiji reuse .. en tou staan agter die ewe atletiese Samoanatane.
Ek sien ook nie eintlik prominente en konstante uitblinkers onder hierdie etniese groep in rugby nie – nie in Aus nie, en ook nie te veel selfs in die Kiwi konferensie nie. Dis nog steeds die ou blanke gesigte wie die grootste geld trek – McCaw, Carter, Kieran Read, Aaron + Conrad Smith.
Daar’s waarskynlik `n ewe groot hoeveelheid ander onuitspreekbare name en vanne met te veel trippel klinkers en koppel tekens, maar hulle hou nie lank nie.

Mens moet ook in gedagte hou dat, die ‘gekleurde’ deel van die NZ volk dalk nie as inheems Maori klasifiseer nie maar hulle woon reeds geslagte lank in NZ. Trouens, besef jy dat Aukland die hoofstad van Polynesia is ? En anders as die geval met bv. Suid Afrikaanse kleurlinge, is rugby lank reeds deel van die kultuur van baie van Oceania se eilande.

Die probleem met Suid Afrika se rugby Herman, is die feit dat dit bankrot is. Bankrot in meer as een opsig. As `n pa die dag vir sy jong seun vertel om sy toekoms oorsee te gaan soek eerder as om sy tyd lokaal te mors, dan is die koeël mos deur die kerk !
Die probleem met `n papsak rugby kliek is die feit dat daar genoeg ‘runners up’ is .. jy weet, die oorskot “talend” onder beide spelers maar veral afrigters, om die bal nog so klein bietjie kunsmatig aan die rol te hou. En na 1 honderd jaar van rugby is daar nog steeds meer soets-en-taais met BeeEmWees in Loftus se skaduwee as goed betaalde spelers met `n werklike toekoms.

Sê vir Willem ek sê alle sterkte. Daar is natuurlik ook die opsie van skydsregter.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.