Opskerp-kongres vir onderwysers

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Kongres vir wiskunde- en Afrikaans huistaal-onderwysers met kenners van regoor die wêreld, word binnkort aangebied om onderwysers die geleentheid te gee om hul vaardighede op te skerp.

Die Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied tydens die Julie-skoolvakansie sy vyfde jaarlikse driedagkongresse in Noordwes en die Wes-Kaap aan. Hoewel ʼn groot deel van die kongresse op wiskunde en Afrikaans as huistaal fokus, bied vanjaar se kongresse ook ʼn volledige program vir onderwysers van ander vakke en van alle grade.

“Dit is ʼn geleentheid vir onderwysers om ʼn bietjie ekstra gehalte-opleiding te ontvang. Omdat onderwysers hulle tyd gedurende vakansie afstaan om die kongres by te woon, gaan ons vir hulle ʼn waardevolle kongres aanbied,” sê Hannie Viljoen, onderwysspesialis by Helpende Hand.

Hannie meen dit is ook belangrik vir Helpende Hand om betrokke te raak by projekte wat Afrikaans bevorder en daarom sal hulle ook die onderwysers by die kongres die geleentheid gee om betrokke te raak by Maroela Media se Wikipedia-projek.

Sy sê onderwysers gaan die geleentheid kry om stukke te vertaal of om inligting by te werk op Afrikaanse Wikipedia omdat onderwysers soveel kennis het om te deel.

“Wikipedia is ʼn beskermende plek waar kinders gratis inhoud van goeie gehalte kan kry. Dit word ook verewig want niemand kan dit verwyder nie. Omdat Afrikaans juis so onderdruk is, het ons besluit om dit deel te maak van die kongres se inhoud.”

Die Noordwes-kongres vind vanaf 27 – 29 Junie by die ATKV Buffelspoort-vakansieoord plaas en die Wes-Kaapse kongres vind vanaf 4 – 6 Julie by die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool in Bellville plaas.

Stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek die webtuiste vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.