Orania het ontwikkelingsplan om stad te word

Foto: Orania Ekonomiese Ontwikkleingsplan

Foto: Orania Ekonomiese Ontwikkleingsplan

Die dorp Orania, wat reeds 25 jaar bestaan, gaan môre tydens ʼn perskonferensie ʼn ekonomiese ontwikkelingsplan bekend maak wat die status van dié Noord-Kaapse dorp na dié van ʼn stad sal verander. Dié plan is die afgelope twee jaar saamgestel in samewerking met verskeie vakkundiges.

Frans de Klerk, uitvoerende hoof van Orania se dorpsraad, sê hulle het dit reggekry om Orania as ʼn suksesvolle dorp te vestig en dat stadstatus hul visie is.

“As ons Orania wil uitbrei van ʼn dorp na ʼn stad het ons gestruktureerde beplanning nodig. Ons ekonomiese ontwikkelingsplan is ons beplanning vir die volgende vyf jaar rakende watter ontwikkelingsplanne ons moet uitvoer om ekonomiese ontwikkeling en werkskepping te stimuleer.”

Verdere ontwikkeling het reeds vanjaar begin en sluit projekte in soos die diens van erwe, behuising, nywerheidskorwe, kantoorruimtes, opleiding en ʼn stadsplein.

De Klerk meen hulle het verskeie aktiwiteite gerig om die ontwikkelingsplan te finansier wat oorskotte op bedryfbegroting, donateurs en beleggers insluit.

“In sy huidige grootte en met wat ons tans het, kan Orania 10 000 mense vestig. Daar woon tans 1 200 mense. Dis ʼn mediumtermyndoelwit om 10 000 mense te kan vestig met ʼn infrastruktuur en om sakeondernemings en ontwikkeling daar te stel.”

De Klerk meen die ontwikkelingsplan is dinamies en sal hersien word namate sake vorder. “Ons sal elke jaar na prioriteite kyk en voortbou op suksesse.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dirk ·

Orania is ‘n goeie toekoms vir ons, net jammer dat hulle eiendomme so belaglik duur is… Maak erwe bekostigbaar en daar sal meer mense kan koop… Daar is asbes huise vir Miljoen rand in mark ander een vir amper 2 miljoen,hout huise dieselfde… Jy kan baie beter eiendomme koop as in Orania… Moenie fout maak ek sal môre daar koop maar nie teen daai pryse… Orania en sy mense is regtig tops…

Dirk Breytenbach ·

Vir die wat oor die middele beskik moenie twyfel nie begin net en trek soontoe jy sal nie spyt wees nie.

James Kemp ·

Dankie vir die ondersteuning Dirk. Die eiendomspryse is die gevolg van `n groot belangstelling in die gemeenskap. `n Groot vraag en beperkte aanbod lei tot hoër eiendomspryse. Die Dorpsraad stel wel voortdurend nuwe erwe teen baie billike pryse beskikbaar. Maak gerus met hulle kontak. Terloops, daar is nie asbeshuise op Orania. Die voorafvervaardigde huise wat uit die waterwesetydperk dateer word soms daarmee verwar. Kom lê sommer gou weer besoek af.

JC ·

Awesome, dis die toekoms! (Art 35 v/d Grondwet=selfbeskikking)

JC ·

Nota: korreksie: Awesome, dis die toekoms (Art 135 v/d Grondwet=selfbeskikking)

ASA ·

James, wat nodig is, is dat die Oraniabeweging ‘n residensiële filiaal op die been moet bring – iets soos ‘n Orania behuisingstrust – wat ten doel het om, dmv skenkings en gereelde maandelikse bydraes van in – en -uitwoners, behuisingsprojekte te ontwikkel. Amper soos die helpsaamfonds doen, maar op ‘n groter basis. Die probleem, volgens my, met residensiële eiendomsontwikkeling is dat dit ‘steriele’ beleggings is – dit verskaf net tydelik werk en dit dra by tot ‘n verhoging in lewenskostes. Die voordeel wat Orania aan besighede kan bied is dat daar geskoolde arbeid is, wat produktief is en oor ‘n christelike werksetiek beskik, maar as die lewenskoste hemelhoog is, gaan salarisse verskriklik hoog wees en gaan julle jul so self uit die mark prys. Net mt beskeie mening.

Angelina ·

Hallo Orania. Ek is Nederlandse. My aanstaande man is gebore en getoë in Nelspruit. Ek het baie gesien van Orania via die internet en youtube. Ek vind dit ‘n wonderlike stelsel en het gewonder of ons / ek (as gevolg van my nederlandse nasionaliteit) ook welkom wees in Orania. Alvast dankie vir die antwoord en baie sukses. Groete, Angelina

Adoons ·

Angelina, met so ‘n mooi brief in perfekte Afrikaans sal jy verseker welkom wees. Hier is hoofsaaklik Afrikaners maar tog ook ‘n paar Duitsers en ander Europeërs – die een saak wat almal aan mekaar bind is dat almal hulle ten volle met die ideaal van Afrikanervryheid vereenselwig.

Oom ekonoom ·

Orania in n blink toekoms he in die inligtingstegnologie bedryf. Jongmense en ouer mense wat kans sien vir n loopbaanverandering kan leer om sagteware, foon apps en moderne websites te ontwikkel, of om data analise te doen vir kliente regoor die wereld.

Harold ·

Kan mense soos Johan Rupert en kie nie begin industree oprug in Orania sodat daar vir mense soos ek wat geleerd is maar onglukkig nie geld het om besighede op te rug werk is en sodat ons soon toe kan trek en werk.

AmY ·

Wens Ek kon my eiendom net so gevat het en soontoe getrek het. ?

Donovan ·

Orania n dorpie wat sy eie reels en regulasies het en hulle eie geld eenheid wat bestuur word deur diktators en kapitaliste…

Dirk Breytenbach ·

Dis lyk of Donovan ‘n probleem met gesag het. Maak nie saak waar jy in die wereld gaan bly nie, daar is oral gesag strukture: huis,skool, kerk, universiteit, dorpsraad, provinsiale regering en sentrale regering so kan mens aangaan. Ongelukkig is dit nou mode in SA om alle gesag strukture te ondermyn en te vernietig. Hierdie strukture is nie die gevolg van mense wat diktators wil wees nie maar eerder om ‘n geordende en veilige omgewing te verseker. Die enigste lewensvatbare ekonomiese stelsel is juis gegrond op kapitalisme en nie op afgeleefde ideologiee en sosiale manipulasie soos wat tans in SA gebeur nie. Dit lyk of die skrywer hierbo daarvan hou om onder die waan van sameswerings teoriee te leef eerder as om die werklikhede te aanvaar en die beste daarvan te maak. As Orania nie vir jou is nie, klou vas aan jou oortuiging daar is mense vir wie dit sin maak. Verdagmakery sal nie mense wat selfbeskikking voorstaan laat wyk nie, inteendeel hoe meer andersdenkendes die idee van selfbeskikking verdag maak hoe vasberader word die voorstanders daarvan. Hierdie lyk vir my na ‘n geval van suur druiwe.

Leeukop ·

Ja ou donovan, en die res van die land word deur engel zzzz en die guptas regeer vir wie geld nie belangrik is nie, slegs die welstand van die volk. Sommige mense se redenasie vermoe slaan my stom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.