Ou tas word speeltas

 

02 Toddler.inddSpeelkoffers is vernuftige alles-in-een-ruimtes wat eindelose geleenthede vir fantasiepeletjies bied. Maklik om op te stel en ewe maklik om op te pak en te bêre. Dié speelgoedkis kan as bêreplek sowel as pophuis dien, perfek vir die vakansie.

 

BENODIGDHEDE:

’n ou reistas, kis of trommel – die een wat hier  gesien word, is ’n groot gereedskapkis

klein skoenboksies

stuk karton vir ’n rak

geskenkpapier

skryfbord

stukkies materiaal vir vlagversiering

sterk kleefband (“gaffer tape”)

GEREEDSKAP:

papiergom

papierskêr

deursigtige kleefband

  1. Bedek die skoendose en kartonrak met geskenkpapier of mooi materiaal.
  2. Plaas die boksies in die kis en heg dit met die sterk kleefband vas.
  3. Heg ’n skryfbord in die kis se deksel vas.
  4. Voeg die vlagversiering en speelgoed by.

 

ANDER IDEES:

Vir ’n seun s’n kan jy ’n werkplek met werkbank, gereedskap en al, of ’n motorhuis vir karretjies en treinstelle maak.

Net soos dogtertjies het poppe baie dinge. Om al die popklere te bêre is geen maklike taak nie. ’n Speelkoffer as hangkas vir popklere, skoene ensovoorts is ’n volmaakte oplossing.

Omskep die speelkoffer in ’n teekis, ’n wonderlike ruimte, nie net om teetyd te speel nie, maar ook om bak- en koskookspeelgoed in weg te bêre.

As jy boeke uitstal waar hulle maklik bygekom kan word, is die kanse baie beter dat jou kind sal wil lees. Bou rakke in die koffer se diep kant in om ’n minibiblioteek te skep. Voeg ’n gerieflike mat, sitkussing en los kussings by en lees saam in ’n rustige atmosfeer.

Bron: Kreatiewe kinderkamers van NB Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.