10 goeie geskenkidees vir Vadersdag

Leerstrikdasse (Foto: Maroela Media)

Of jy nou ʼn Vadersdaggeskenk koop vir jou pa, jou man of jou skoonpa, dit is altyd ʼn geskarrel ʼn dag of twee voor die viering om die regte geskenk in die hande te kry.

Daarom bied ons jou vanjaar vroeg reeds raad om die pa in jou lewe te vier. Al hierdie geskenke is aanlyn beskikbaar – jy hoef dus nie die winkels in te vaar nie.

Onthou, gehaltetyd bly maar altyd die beste geskenk wat ʼn mens kan gee. So, as jy gelukkig genoeg is om vanjaar by die pa in jou lewe te wees, is dit reeds ʼn groot geskenk. As jy nie vanjaar kan of wil geld afknyp nie, vat vir hom koffie in die bed, berei saam met hom ʼn maaltyd voor of maak ʼn lys van redes hoekom jy hom waardeer. Daar is min dinge wat ʼn pa so spesiaal laat voel soos om te weet hy word waardeer. Sit vanjaar jou selfoon weg, en bring gehaltetyd saam deur.

Hier is 10 idees vir Vadersdaggeskenke:

  1. Skaapvelpantoffels

Die winter is in volle gang; help jou pa om snoesig en warm te bly met lekker skaapvelpantoffels.

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Geskenkbewys

ʼn Geskenkbewys by ʼn groot aanlyn winkel is altyd lekker wanneer jy nie seker is wat om te koop nie. Hy kan dan sommer self besluit wat hy wil hê.

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Goeie wyn of whiskey

Bederf hom met iets lekkers om te drink. Hy sal lank nog aan jou dink wanneer hy ʼn glasie geniet.

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Gehaltekoffiebone

Pa’s is besige mense, gee hulle ʼn ekstra hupstoot met ʼn goeie koppie boeretroos.

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Bierbroodmengsel

Hou jou pa van brood bak? Koop hierdie bierbroodmengsel, ʼn paar biere om saam te geniet en bak!

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. “My pappa”-T-hemp

Wys vir almal hoe oulik jou pa is met hierdie treffer-T-hemp wat sê: “My pappa is ʼn bobaasbraaier”. Hy sal dit breëbors dra!

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Braaivelle

Pa’s wat hou van kampeer, sal hiervan hou. Braai die lekkerste groente of roereier op hierdie velle.

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Leer-messesak

Pa kan al sy belangrikste messe op ʼn stylvolle en veilige manier bêre.

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Kookboek

ʼn Kookboek is ʼn geskenk wat aanhou gee. Oortuig hom dat jy die proefkonyn sal wees vir al die nuwe disse wat hy gaan toets, dan is dit ʼn wen-wen-situasie!

Klik hier vir so ʼn geskenk

  1. Leerdas

Hierdie klassieke en stylvolle leerdasse is perfek vir jong of ouer pa’s. By die volgende geleentheid sal hy behoorlik uitstaan met so ʼn spoggerige strik om sy nek!

Klink hier vir so ʼn geskenk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.