10 ooievaarstee-geskenke vir ʼn nuwe ma

Foto verskaf deur Bebedeparis

Die aankondiging oor die nuwe pienkvoet is gemaak en almal is saam opgewonde! Nou lê die ooievaarstee om die draai en jy het nog steeds nie ʼn idee wat om te koop nie.

Goeie nuus: Bebedeparis is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar! Bebedeparis is die wêreld se mees vername geskenkwinkel vir geskenke vir pasgebore babas en hul ma’s. Jy kan jou volgende geskenk sommer aanlyn koop – uit die gerief van jou huis.

Fantastiese openingsaanbiedinge

Wanneer iemand naby aan jou vir die eerste keer ʼn ma word, is die opgewondenheid sommer baie groot. Mens se eerste gevoel is om die kleinding tot in die afgrond in te bederf, maar dan begin jy na babaprodukte kyk en besef jy kan nie alles koop nie!

Alhoewel jy nie alles in ʼn geskenkmandjie kan sit nie, is hierdie lysie ooievaarsgeskenke vol unieke en bruikbare geskenkidees – net waarna jy op soek was!

  1. Enigiets handgemaak

Die kosbaarste geskenke is gewoonlik dit wat nie in ʼn winkel gekoop is nie. Wanneer ʼn swanger ma iemand spesiaal in haar lewe het wat kan brei, hekel of iets anders kan maak, sal dié geskenk ʼn groot sentimentele waarde vir die nuwe ma hê. Handgemaakte geskenke kan ʼn leeftyd lank duur en die kleinding kan dit dalk selfs een dag aan hul eie kinders oorhandig!

  1. Rustige klanke

Witgeraasmasjiene word al hoe meer gewild en hul vermoë om ʼn pasgebore baba aan die slaap te sus, beteken dat die nuwe ouers ook bietjie slaap kan inkry. Hierdie handige masjiene is in alle groottes en vorms beskikbaar – sommige lyk selfs soos ʼn sagte speelding en kan naby aan die wiegie geplaas word.

Foto: Bebedeparis

  1. Selfsorg vir ma

ʼn “Duo Diary” kan help om die oorweldigende emosies van ʼn nuwe ma te verlig. Dit is ontwerp om ma’s aan te moedig om bietjie energie vir hulself te gee. Dié nageboorte-joernaal skep ʼn ruimte waar ma’s hul eie emosionele reis kan dokumenteer tesame met die fisiese vordering ná ʼn geboorte. Ma’s kan ook inligting bywerk van hul baba se vordering. Dis maklik om jou eie emosies te onderskat omdat jy vir ʼn nuwe babatjie moet sorg. Met dié dagboek kan jy jou nuwe realiteit op ʼn gesonde manier bestuur.

  1. Geen-kontak-termometer

Hierdie geskenk kan nog lank ná babajare gebruik word. Dié geen-kontak-termometer kan gebruik word om temperatuur op die voorkop te meet, sonder dat jy aan baba raak. Sodra die kind ouer is, kan dit in die oor gebruik word.

  1. Fopspeen-knippie

ʼn Fopspeen-knippie is in meeste winkels beskikbaar en dis baie handig sodra baba begin om aan ʼn fopspeen te suig (en dit laat val!) Nuwe ma’s kan nie gereeld fopspene, wat geval het, was nie. Met dié handige knippie kan jy die fopspeen aan baba se klere vasspeld, sodat die fopspeen nie top op die grond sal val nie.

Foto: Bebedeparis

  1. Bababuideldoek

ʼn Absolute lewensredder vir enige ma – die buideldoek is ʼn elegante manier om baba te dra. Daar is ʼn paar op die mark beskikbaar en van die mooistes kan aanlyn bestel word. Met ʼn buideldoek kan die besige ma nog steeds haar hande gebruik en baba naby aan haar hou. Só stuk lap bied genoeg ondersteuning vir ma en baba.

  1. Borsvoed-bedekking

Kry voldoende privaatheid as jy baba wil borsvoed. ʼn Moderne borsvoed-bedekking is soveel meer as net ʼn stuk lap, dit kan ʼn mode-bykomstigheid word. Nuwe ma’s wat onseker is oor die proses sal dit waardeer om bietjie privaatheid te hê wanneer hulle gewoond raak aan die idee om baba in die publiek te voer.

  1. Tandkry-speelgoed

Wanneer die klein tandjies eers hul verskyning maak, gewoonlik met ʼn skreeuende, ongemaklike kind, sal elke ma ʼn tandkry-speelding verwelkom. Of dit ʼn spesifieke speelding is om aan te kou of ʼn strelende, spesiale kralehalssnoer, sal dié tipe geskenk groot berusting bring vir ma en baba.

Foto: Bebedeparis

  1. Bederfpakkie

Talle ma’s sal saamstem dat die herstelperiode ná geboorte fisies en emosioneel uitputtend is. As jy bietjie wil wegbreek van die gewone, kan jy ʼn bederfpakkie vir die nuwe ma saamstel. Stel sommer jou eie pakkie saam met verskillende bederfprodukte soos badsout, tee, rome en salwe wat spesifiek vir die behoeftes van ʼn nuwe ma ontwikkel is.

  1. Spesiale geskenkmandjies

Unieke geskenkmandjies is baie gewild en dit is in alle groottes en vorms beskikbaar. Afhangend van waar jy jou mandjie koop, kan jy dalk self kies wat in die mandjie moet kom. Jy kan die geskenkmandjie vul met babaprodukte of selfs klere met baba se naam daarop. Van die geskenke wat hier bo genoem word, is soms ook ingesluit.

Hierdie is maar net ʼn paar geskenkidees vir ʼn ooievaarstee wat nog lank onthou sal word en waardeer sal word – elkeen met ʼn spesiale plekkie in die nuwe babakamer.

Besoek Bebedeparis se webwerf en bestel die mooiste geskenke vir jou volgende ooievaarstee of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Volg Bebedeparis op sosiale media:

Nuutste kliënt-getuigskrif – Dankie vir die blitsvinnige aflewering aan een van ons personeellede wat onlangs ʼn baba gehad het
– Hoof van menslike hulpbronne by Zinia

Artikel deur Louis Schoeman van Editorial Africa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.