6 wenke om meer as een kind suksesvol tuis te onderrig 

tuisonderrig

Foto: todaysparent.com

[promosie-artikel]

Danielle Barfoot

Nie alle ouers wat op tuisonderrig besluit, het slegs een kind nie. Tuisonderriggesinne kom in alle vorme en groottes en sluit in die algemeen kinders in verskeie grade in.

Hier is ʼn paar voorstelle om tuisonderrig te laat werk as jy dit oorweeg, maar bekommerd is oor hoe jy meer een kind tuis sal kan hanteer, of dat die ouderdomsgaping tussen jou kinders te groot is.

  1. Wees georganiseerd. Goeie organisasie is die sleutel tot tuisonderrigsukses, of jy een kind of vyf kinders tuis onderrig en of jy ʼn tradisionele of meer onkonvensionele stelsel volg of nie. As jy vooruit beplan en verseker jy het die nodige hulpbronne, kan jy op die werk wat gedoen moet word, konsentreer.
  1. Kies die regte kurrikulum. Die gebruik van ʼn omvattende, gebruikersvriendelike kurrikulum, sal jou lewe vergemaklik. ʼn Kurrikulum van goeie gehalte, wat weeklikse beplanning bied, belangrike leerdoelwitte uiteensit en eenvoudige lesse en aktiwiteite aanbied, sal jou kinders in staat stel om aan te gaan met hul werk sonder jou aanhoudende toesig.
  1. Beplan tyd saam met elke kind. Sit daagliks ʼn spesifieke tyd opsy om op elke kind te fokus. Dit mag wissel van dag tot dag, afhangend van elke kind se leerstyl en leertempo, maar sal verseker dat jy enige kwessies wat opduik vinnig identifiseer en aanspreek.
  1. Laat groter kinders die jonger outjies help. Laat jou ouer kinders toe om ʼn kleinboetie of sussie te help. Hulle kan saam lees, wiskundeprobleme oplos, tyd buite spandeer of kunsprojekte aanpak. Dit sal jou baie tyd spaar, maar sal ook jou ouer kind help om belangrike vaardighede te ontwikkel en ʼn verantwoordelikheidsin te kweek. Dit kan selfs tot hegter bande tussen jou kinders lei.
  1. Moedig onafhanklikheid aan. Hou “terwyl jy wag”-aktiwiteite byderhand vir wanneer jy ekstra tyd aan een kind moet spandeer. Verskaf lêers met aanvullende werkkaarte, opvoedkundige projekte of boeke wat verband hou met jou kinders se leerwerk. Dit sal jou toelaat om ekstra aandag aan ʼn spesifieke kwessie te wy en sal jou kinders leer om onafhanklik te werk.
  1. Beskou daaglikse aktiwiteite as leergeleenthede. Berei saam ʼn maaltyd voor, plant ʼn groetetuin as ʼn gesin, neem deel aan buitemuurse aktiwiteite, besoek museums en woon vertonings by. As jy jou kinders tuis onderrig, bied enige interaksie ʼn waardevolle leergeleentheid. 

Selfs met noukeurige beplanning en die beste voornemens, gaan dinge soms skeefloop. Een van jou kinders se werk raak dalk agter, hulle word siek, of ʼn geleentheid vir ʼn prettige uitstappie duik onverwags op.

ʼn Reuse voordeel van tuisonderrig is egter dat dit jou toelaat om rondom sulke dinge te werk wanneer dit gebeur. Beplan sover vooruit as wat jy kan. Dinge sal vanselfsprekend gladder verloop as almal weet wat elke dag van hulle verwag word, maar bly buigsaam.

En geniet die reis saam met jou kinders! Ja, om kinders van verskillende ouderdomme tuis te onderrig kan uitdagend wees, maar dit is ook ʼn wonderlike manier om hegte gesinsbande te smee.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.