Akademia bied nou gevorderde diploma in projekbestuur

Die Akademia-kampus. Foto: Verskaf

Die Akademia-kampus. Foto: Verskaf

Akademia, die hoëronderwysinstelling en gemeenskapsuniversiteit in Centurion, se snelgroeiende akademiese portefeulje bied vanjaar verskeie geakkrediteerde kwalifikasies in Afrikaans as  voertaal aan.

Studente by dié universiteit kan hoër sertifikate (een jaar), asook gevorderde diplomas en grade (drie jaar) in verskeie studierigtings verwerf.

Chris du Plessis, hoof van bemarking by Akademia, sê dié universiteit bly voor met die jongste neigings om te verseker dat studente op die beste moontlike manier onderrig ontvang. “Die universiteit gebruik die jongste tegnologie vir die optimale ondersteuning van ons studente. Ons rus ook studente toe om meer mededingend in die arbeidsmark te wees,” het hy gesê.

Akademia bied ook van die begin van 2016 ʼn gevorderde diploma in projekbestuur. Die doel van dié diploma is om die student te bemagtig om die beginsels van projekbestuur te verstaan. “Dit is ook vir ons belangrik dat studente dié beginsels in die praktyk kan toepas sodat projekte suksesvol ontwikkel en bestuur kan word. Dit rus studente toe met kennis en vaardighede in projekbestuur, projekuitvoering en beheer, tydsbeplanning, kostebestuur en projekkwaliteit en -risikobestuur.”

Die diploma kan aangewend word in ʼn verskeie beroepe wat dié rigting gewild maak vir baie studente. “In ʼn komplekse ekonomie is projekbestuurders onmisbaar. Dit lewer vaardige, gesogte projekbestuurder op vir sakeondernemings of as werknemer of vir gemeenskapsprojekte.”

Mense wat belangstel moet ten minste ʼn geakkrediteerde driejaarkwalifikasie op NKR vlak 6 voltooi het en ten minste drie jaar praktiese werkservaring in ʼn ooreenstemmende veld hê.

Die program strek oor ʼn tydperk van een jaar en moet aan die einde van die inskrywingsjaar voltooi word.

Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel 0861 222 888.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

anna ·

Hi Akademia!!!
Goed om van julle te hoor!!
Wanneer kan ons fakulteite regoor die land sien?
Wanneer sal julle regoor die land verspreid wees?
Met alle grade wat in Afrikaans aangebied word?
kan nie wag om dit te beleef nie!!

Tiki Jordaan ·

Dit word tyd dat ons ‘n volwaardige kampus ontwikkel – al is daar voorlopig net een kampus iewers in die RSA – wat al sy kursusse ongebonde NET in Afrikaans aanbied, vry van regeringsfinansiering.

Ons kan dit doen! Ons kan die wetenskappe en ingenieurswese weer in suiwer Afrikaans aanbied. Ons kan alles doen. Ons moet net geen geld van die regering af aanvaar nie. Ons moet alleenseggenskap oor vakke in ons moedertaal hê.

Mari Green ·

Nee,navrae:
Is Maatskaplike werk een van die kususse wat u aanbied?
Het u enige Maatskaplike werk poste in u verskeidenheid betrekkinge wat u aanbied?
Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.