Akademia se aansoeke vir 2018 is nou oop en voornemende studente kan aanlyn aansoek doen, of die opedag op 25 Maart 2017 bywoon om meer inligting oor die kursusse te bekom en daar aansoek te doen.
Akademia is ʼn gemeenskapsinstelling wat gehalte onderrig in Afrikaans bied. Die volgende grade, gevorderde diplomas of hoër sertifikate kan voor ingeskryf word:
- BCom (Ondernemingsbestuur)
- BCom (Bestuursrekeningkunde)
- BCom (Ekonomie en Regte)
- BCom (Finansiële Beplanning)
- Gevorderde Diploma in Projekbestuur
- Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
- Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
Akademia se Opedag vind by vier van die studiesentrums plaas:
- Bloemfontein:Groenewoudstraat 48, Bloemfontein
- Centurion:H/v Von Willichlaan en Suidstraat, Die Hoewes, Centurion
- George:Eerste vloer, Joubert-plaza, Meadestraat 100, George
- Somerset-Wes:Firmountweg 82, Briza, Somerset-Wes
Studente wat sukkel om aanlyn aansoek te doen, kan hul gesertifiseerde dokumentasie na die opedag saambring, waar hul bygestaan sal word om die aanlynaansoekvorm in te vul.
Bring die volgende dokumente saam:
- Gewaarmerkte afskrif van ID-dokument
- Gewaarmerkte afskrif van matrieksertifikaat (ook vir 2017-matrieks)
- Nuutste CV
- Gewaarmerkte afskrif van enige ander reeds voltooide tersiêre kwalifikasie wat behaal is.
Program vir die dag:
10:00 – Opening en verwelkoming
10:10 – Waarom Akademia en hoe lyk die pad vorentoe?
10:20 – Hoe werk die Akademia-model en akademiese jaar?
10:30 – Verduideliking van die verskeie studierigtings met vraag-en-antwoord-geleentheid
11:00 – Program eindig – algemene navrae en hulp met aansoeke nou moontlik
Die program herhaal om 12:00.
Vir navrae, kontak Akademia by 0861 222 888, stuur ʼn e-pos na [email protected] of stuur ʼn teksboodskap na 34933 (R2 per SMS).
Vir meer inligting oor registrasie, klik hier.
Dankie tog vir Akademia! :-)
Fantasties!! Mag daar duisende inskryf, suksesvol studeer en hul kwalifikasies met trots verder neem die werkswêreld in.
BAIE dankie dat jul nie moed opgee nie.
Wonderlik! Sal staatsinstansies hul ook in diens neem as hul klaar studeer het. Ek wonder maar net….. Maar ek ondersteun julle 100%.
Hoekom sal hulle by staatsinstansies in SA wil werk?
Ek wonder net waar of hoe moet die 2017 matrieks n gewaarmerkte afskrif van hul matriek sertifikaat in maart 2017 kry as hul dit natuurlik eers in Januarie 2018 gaan kry? Wonder maar net…