App gaan help met vak- en loopbaankeuses

Argieffoto

Solidariteit Helpende Hand se Skole-ondersteuningsentrum (SOS) stel Maandag die Loopbaan-app en -webwerf bekend.

Die Loopbaan-app is ʼn gratis Afrikaanse app wat skoliere, ouers en veral lewensoriënteringsonderwysers se lewe gaan vergemaklik deur leerders se belangstelling te toets en die toelatingspuntetelling (TPT) te bereken.

Dit verskaf voorts inligting oor slaagvereistes en toelating, asook nuusflitse wat die jeug raak. Die app sal leerders bystaan om die regte vak-en loopbaankeuses te maak en hulle inlig oor wat ʼn spesifieke beroep behels en waar hy of sy dit kan studeer.

Hierdie app beloof om ʼn wonderlike hulpmiddel te wees.

Die bekendstellingbesonderhede is:

Datum: 7 Augustus 2017

Tyd: 15:00 – 16:00

Plek: Solidariteit Helpende Hand, h.v. DF Malan- en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion.

RSVP: Voor of op 6 Augustus 2017 deur ʼn e-pos te stuur na Sonica.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

OompieKedoompie ·

Hierdie is ‘n broodnodige toep. Beide leerlinge en onderwysers het al lankal so iets nodig.

OompieKedoompie ·

Hierdie is ‘n broodnodige toep wat al lankal die lig moes gesien het. Beide leerlinge en onderwysers sal baie baat kan vind hierby.

1+1 ·

Beroepsleiding is ‘n “wetenskap”. ‘n Leerling kan nie net op sy/haar belangstelling staatmaak om keuses te maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.