Baba se haredos: Hier is die finaliste

Die oumense het altyd gesê as ʼn vrou tydens haar swangerskap vreeslik sooibrand kry, dan gaan haar baba met ʼn bos hare gebore word. Maroela Media is so oorval met inskrywings in die Baba se haredos-kompetisie dat dit blyk ons lesers het vreeslik sooibrand gehad!

As gevolg van die magdom inskrywings het ons besluit om ʼn top-10 aan te wys en ons lesers die geleentheid te gee om hul gunsteling‑baba-haredos te kies.

Só lyk die top-10

Kara Venter se haredos staan onder haar familielede bekend as ‘Die fontein’.

Kara Venter.

Willie Meyer se hare het nog nie ʼn dag opgehou groei nie. Met geboorte het hy ʼn bos swart hare gehad wat mettertyd ligter begin raak het.

Willie Meyer.

Kiara du Plessis het op drie en ʼn half maande reeds met dié skattige haredos gespog.

Kiara du Plessis.

SJ “Baksteen” Page het op sewe weke oud reeds ʼn haredos wat vir niks skrik gehad.

SJ “Baksteen” Page.

Mienke Hofmeyr het op drie maande die koppe laat draai met haar uitspattige haredos.

Mienke Hofmeyr.

Lian Wolmarans het as baba soveel hare gehad dat mense op straat foto’s van hom wou neem.

Lian Wolmarans.

Kirah Hamman sit al sedert die ouderdom van ses maande af doodstil as haar hare uitgeblaas moet word, hoewel dit ongeveer 20 minute neem.

Kirah Hamman.

Nova Grace Pringle is met ʼn groot bos hare gebore wat die koppe laat draai het.

Nova Grace Pringle.

Handré Spies het reeds sy eerste haarsny op ses maande gehad.

Handré Spies.

Autumn Eliana Aanhuizen het verskeie haarstyle en hoewel dit uiters krullerig is, hou sy daarvan wanneer dit uitgeblaas word.

Autumn Eliana Aanhuizen.

Stem nou

Lesers het tot 7 Mei om middernag kans om te stem vir hul gunsteling-haredos. Die wenbaba staan die kans om ʼn kontantprys van R1 000 te wen. Vul die vorm in om te stem.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gene Milton ·

Net baie jammer ons kan hulle nie sien wanneer hulle wakker word nie.
The photos are all “posed”

John ·

Hierdie haardos lyk nou getem… Mienke se Mamma moet haar “bad hairday” foto’s publiseer.

chantelle ·

jinne hul almal is pragtig verseker verdien hul om in finale te wees
Kirah kry my vote as daai die kind se regte hare is

Renate ·

Mienke is my absolute gunsteling. Mooiste gesiggie. Net bly ek hoef nie haartjies te blaas nie

Lydia Steyn ·

Kirah ook my gunsteling. Net jammer mens kry nie gestem nie.

Chantelle ·

hoe so? Hoe dan anders dit lyk skoon soos n pruik
eerlik het ek nog nooooit so bos hare in my lewe gesien op so n klein kind nie
Kan dan mos nie help wonder nie

beautiful

Pensioenaris ·

Is julle seker Kara is n baba, sy lyk eerder soos n pop.

Hayley ·

En Handre Spies is die mooiste baba wat ek in ‘n lang tyd gesien nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.