Berei voor vir die eksamen met Die Markplein

Argieffoto (Foto: nastya_gepp/Pixabay)

Die jaar is al amper weer op sy kop en voor jy jou oë uitvee is dit tyd vir die November-eksamen.

As jy op skool is, beteken dit dat jy agter jou boeke moet inskuif en begin met hersiening. Talle ouers en onderwysers spook ook om ou vraestelle en ander hersieningshulpbronne in die hande te kry wat leerders kan help met voorbereiding.

Onderwysspesialiste aan die Skoleondersteuningsentrum (SOS) benadruk hoe belangrik dit vir leerders is om ou vraestelle uit te werk ter voorbereiding van ’n groot eksamen, veral vraestelle wat deur ander onderwysers opgestel is.

Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaans Wiskunde-onderwysers (VAW), sê dit is goed om vraestelle uit te werk wat deur onderwysers by ander skole opgestel is, omdat vraestelle in hoër grade dikwels departementeel of nasionaal opgestel word. “Indien jy net gewoond is aan jou onderwyser se manier van vrae vra en nie gemaklik is om ander tipe vrae te beantwoord nie, kan dit jou dalk kniehalter – veral in matriek.”

Hugo Vermeulen, hoof van Opleiding aan die SOS en betrokke by WETO (die SOS se Wetenskap-vakvereniging) stem saam. “Elke onderwyser het sy of haar eie sterkpunte en kan soms geneig wees om tydens interne eksamens op hierdie sterkpunte te fokus met die opstel van die vraestel. Deur blootstelling aan meer as een onderwyser se vraestelle, sal jy aan vrae van ’n groter verskeidenheid inhoud blootgestel word.”

Jana Terblanche, hoof van die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) sê die bestudering van ekstra hulpbronne is noodsaaklik vir leerders wat werk vir ʼn onderskeiding. “Hoe meer hulpbronne jy gebruik, hoe groter is jou kanse op sukses, want dit gee vir jou breër kennis en insig. Veral in die poësie- en letterkunde-vraestelle is dit belangrik om te kan toon dat jy meer as een bron kan aanhaal of meerdere insig toon wanneer jy die vrae beantwoord.”

Die Markplein, ’n aanlyn studiewinkel, bied vraestelle en werkkaarte oor ’n verskeidenheid onderwerpe teen baie billike pryse. Leerders kan vraestelle aankoop wat opgestel is deur van die land se beste onderwysers. Ervare onderwysers het geleentheid om op Die Markplein vraestelle en hulpbronne te verkoop, ten einde ekstra geld te verdien.

Produkte op Die Markplein, is onderhewig aan goedkeuring van die SOS om gehalte te verseker voordat dit op Die Markplein beskikbaar gestel word.

Besoek Die Markplein en begin nou al voorberei vir die eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.