Bly kalm en leer slim

Foto: pixabay.com

Talle kinders sukkel om te leer. Met skooleksamens sit die meeste ouers met die hande in die hare oor dreigende swak punte, liggeraakte kinders en ’n gespanne atmosfeer in die huis.

Ouers wil graag betrokke raak, maar weet nie hoe om hulle kinders te help om reg te leer nie. ’n Unieke eienskap van die Bly Kalm en Leer Slim-studieprogram is die leiding wat ouers saam met hulle kinders kry om die tien geheime van suksesvolle leer te bemeester. Suksesvolle leerders glo in hulleself, het ’n liefde vir kennis, luister aktief, verstaan wat hulle leer en ken die kuns van eksamenskryf.

Die belangrikste is dat om alles uit jou kop te probeer leer ’n fout is! Papegaaileer werk nie. Om te verstaan wat jy leer, is die sleutel tot sukses. Hoe om dit prakties reg te kry, sal ouers en kinders stap-vir-stap kan aanleer en inoefen.

Omdat leerders feitlik oorweldig word deur ’n tsoenami van inligting, moet hulle reeds vroeg die kuns van opsommings maak bemeester. Om die leerwerk kortliks te kan weergee, is die duidelikste bewys dat ’n leerder die werk ken en verstaan, wat natuurlik ’n voorvereiste is vir sukses in enige naskoolse studie.

 Bly-kalm-en-leer-slim.jpg

Bly Kalm en Leer Slim-studieprogram (foto verskaf deur Carpe Diem Media)

Alhoewel die program ideaal gesproke oor 12 weke strek, kan dit in ’n korter of langer tydperk deurgewerk word. Jy en jou kind bepaal self hoe vinnig julle daardeur wil werk. Julle kan stop, herhaal of teruggaan na ’n onderwerp net soos julle verkies.

Dalk is jou eerste gedagte: Waar gaan ek tyd kry hiervoor? Sien dit so: Om vir 10 tot 12 minute per week vir sowat 12 weke na ’n DVD te kyk en die bladsye in die Ouerhandleiding te lees, is dalk minder as die tyd wat jy sou bestee om na ’n sportwedstryd van jou kind te kyk.

Bly Kalm en Leer Slim is ontwikkel deur dr. Deon van Wyk en dr. Jena Raubenheimer. Albei het jare lange praktykondervinding van studiehulp aan skoliere. Daarby het hulle die jongste navorsing oor die brein, die rol van tegnologie en die uitdaging om studie as ’n avontuur te beleef en te geniet, geïnkorporeer om dié studieprogram op te stel.

Deon van Wyk het sy doktorsgraad in sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, waar hy ook vir ’n aantal jare dosent was. As spesialis op die terrein van kindersielkunde, is hy later aangestel as die direkteur van die Instituut vir Kinder- en Volwasseneleiding aan die Randse Afrikaanse Universiteit (tans Universiteit van Johannesburg).

Jena Raubenheimer se werk by die Studentediensburo van die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Johannesburg het ingesluit om studente te help om doeltreffende studievaardighede te bemeester. Uit haar uitgebreide kliniese ervaring het sy besef hoe belangrik ’n goeie leesvermoë vir akademiese prestasie is, en haar doktorsgraadstudie daaroor gedoen.

Die program bestaan uit drie DVD’s van 60 minute elk, vir ouers, laerskoolkinders en hoërskoolkinders. Daar is ook ’n handleiding vir ouers, en afsonderlike werkboeke vir laerskool- en hoërskoolkinders.

LINDIE-STRYDOM.jpg

Lindie Strydom (foto verskaf deur Carpe Diem Media)

Die DVD’s word deur die bekende motiveringspreker en ma van drie kinders, Lindie Strydom, aangebied.

“As ek terugdink aan my eie skooljare, onthou ek eksamens as ’n tyd van spanning wat ek deurgeworstel het met ’n nare kol op my maag sodat ek dikwels feite wat ek eintlik geken het, doodeenvoudig net nie kon onthou nie. In hierdie program word kinders studievaardighede geleer wat hulle help om die werk in ’n korter tyd beter te verstaan en beter te onthou,” sê Lindie.

Hoewel leerders die nodige studievaardighede in hulle werkboek en DVD geleer word en oefeninge doen om dit te bemeester, moet ’n mens onthou dat die aanleer van enige vaardigheid tyd en die liefdevolle ondersteuning van ’n “afrigter” nodig het. Ouers word dus aangemoedig om hulle kinders se studieleier en rolmodel te wees.

Die Bly Kalm en Leer Slim-program bied die volgende bonusse:

BONUS #1

Toegang tot webblad waar ekstra werkboeke vir graad 4-7 en graad 8-12 afgelaai kan word, teen geen ekstra koste nie.

BONUS #2

’n Oudio-opname in MP3-formaat wat gratis afgelaai kan word. Jy en jou kind kan daarna luister in die motor, terwyl jy draf of oefen of met ’n koppie koffie ontspan.

BONUS #3

Toegang tot ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep, waar ons kenners weekliks vrae sal beantwoord

Die beste belegging ooit om jou kind te help om ’n sukses van sy/haar studies te maak:

  1. Vir minder as net een maand se skoolfonds kry jy alles wat nodig is vir jou kind se suksesvolle leer van graad 4 tot universiteit.
  2. Jy kry ook toegang tot ’n webblad waar jy ekstra werkboeke kan aflaai. Jy hoef dus net een pakket te koop, ongeag hoeveel kinders jy het of in watter ouderdomsgroep hulle val.
  3. Die program berei jou laerskoolkind voor om suksesvol in die hoërskool te wees, en dit bemagtig jou hoërskoolkind om goeie punte te behaal vir toelating tot ’n universiteit.
  4. Dit spaar jou en jou kind die trauma en finansiële verlies van ’n mislukte eerste jaar by ’n tersiêre instelling. (Onthou, ’n ontstellende 64% van eerstejaars in Suid-Afrika druip!).

R500-afslagkoepon vir Maroela Media-lesers

E-pos jou naam, van en selfoonnommer na [email protected] vir ʼn R500-afslagkoepon, om slegs R495 (gewone prys R995) vir die Bly Kalm en Leer Slim-studieprogram te betaal. Geldig tot 28 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.