Boelies het háár ook amper laat selfmoord pleeg

Foto: healthyplace.com

Foto: healthyplace.com

”Ek wil net sê, as dit nie vir my ouers was wat my uit daardie skool gehaal het nie, sou ek ook dalk op daardie punt gekom het.” Só skryf ʼn 15-jarige meisie van Johannesburg, na aanleiding van Anneke Mostert wat glo selfmoord gepleeg het as gevolg van boelies by die skool. Lees meer hier.

*Michelle de Beer het as graad R-leerder by ʼn laerskool in Johannesburg begin. Haar skoolloopbaan het goed begin en sy het gou maatjies gemaak. “Ek en *Ronel was beste vriendinne tot graad 2, toe sy ʼn ander maatjie ontmoet het. Maar dit was oukei, want ek het ook ander maatjies gehad.” Michelle sê haar verhouding met Ronel het al meer versleg omdat dié se nuwe maatjies nie van Michelle gehou het nie. “Ek en Ronel was aan en af vriende. Elke keer dat Ronel met haar maatjies baklei het, was sy weer vriendelik met my.”

In elke skool is daar altyd ʼn groep wat soveel invloed en mag het dat ’n individu wat nie wil konformeer nie, gewoonlik ʼn teiken word. Michelle vertel hoe ʼn persoon wat eens op ʼn tyd haar beste maatjie was, deel gevorm het van ʼn groep meisies wat haar amper tot selfmoord sou dryf. “Ek het hulle die ‘blondines’ genoem. Hulle het altyd grappies oor my gemaak en my verskriklike name genoem. Hulle het gesê ek is vet en weird.”

Sy vertel dat sy nie meer vriende gehad het nie, want ander kinders het ook die spot met haar begin dryf. Sy wou ook nie meer aan skoolaktiwiteite deelneem nie. “Ek wou ook nie meer sing nie, iets waarvoor ek so lief is. Ek wou nie meer koor sing nie, want hulle was ook daar.”

Michelle het haar van ander begin onttrek en afsonder omdat sy nie meer kans gesien het om tussen kinders te wees nie. Sy is eenkeer uit ʼn boom gestamp, ʼn plek waar sy gedink het sy sou veilig wees. “Ek het toe pouses in die badkamer gaan sit. Ek het so alleen gevoel.” Dis in dié tye dat sy in haarself begin twyfel het, en gedink het dat daar dalk iets fout is met haar.

Michelle se ma, wat elke dag haar kind se seer en ongelukkigheid moes aanskou, het besluit om dit met ʼn onderwyser te bespreek. “My ma het met ʼn juffrou gaan praat, maar die juffrou het gesê sy kan niks daaraan doen nie. Ek dink nie eens die hoof het van die situasie geweet nie.”

Haar ouers het toe besluit om haar aan die einde van haar graad 5-jaar uit die skool te haal omdat die situasie net te erg geraak het. “Ek is vandag ʼn nuwe mens. Ek was mal oor my nuwe laerskool en ek het vriende gemaak wat ek tot vandag toe vertrou.”

Michelle se boodskap vir kinders wat ook geboelie word?

“As dit so erg raak by die skool, begin net ʼn nuwe lewe – kry ʼn ander skool.”

*Skuilname is gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

bets ·

Dis verskriklik om te dink dat boelies n skool oorneem dat self nie eers die personeel, wat veronderstel is om jou veilig te laat voel, belang stel om dit stop te sit nie. Ek wonder maar net hoeveel van die boelies se ouers op die bestuursraad sit, daarom kan die kinders net doen wat hulle wil.

Netsoja ·

Ai tog! Dis maklik om te sê dat jy eenvoudig jou kind uit die skool moet haal en by ‘n nuwe een moet gaan inskryf maar die feit van die saak is die boelies vind net ‘n nuwe teiken. Ek weet my dogter loop al jare lank deur – op hierdie oomblik is sy relatief gelukkig (dis asof die boelies vir eers op iemand anders fokus) en dit maak nie saak hoeveel keer ek al by die skoolhoof of haar grade hoof gaan aanklop het nie hulle trek net hulle skouers op. Self mag jy nie die ander kinders aantree nie want dan maak jy jouself skuldig aan presies dieselfde ding as wat hulle doen. Waar laat dit mens? Nee wat ouers as jy nie self geld skenk of ‘n posisie van mag beklee by die skool nie kan jy maar weet jou kind loop met ‘n groot vet teiken of sy/haar rug rond!

Renee ·

My dogter is deur dieselfde op laerskool. Dikwels tree die personeel en hoof nie op nie, omdat die boelies se ouers die skool se bron van borge en finansies is. Die beste besluit wat ek geneem het was om my kind te skuif al het baie gedink ek maak ‘n fout omdat ek dit aan die begin van haar graad 7 jaar gedoen het. Die resultate het die teendeel bewys!

pop ·

Bets dis nes jy daar se, die ouers het die skool in hulle sak.

M ·

Is nogals snaaks dat die Ouers op die Beheerliggaam se kinders gewoonlik die Boelies is. Miskien moet daar eers na kinders se optrede gekyk word voordat die Beheerliggaam gekies word. Die kinders weet hulle kan met enigiets wegkom. Ek ken sulkes.

lindie ·

Dis asof ek van my eie kind lees hierbo. Haar beste maatjie van babatyd af het haar ook op ‘n stadium geboelie. Dit was van so ‘n aard dat die naskooljuffrou al drie se ouers ingeroep het en geweier het dat die kinders weer met mekaar speel. My kind het elke dag huilend in die kar en ek het besef genoeg is genoeg toe sy ook voel sy kan nie met die lewe aangaan nie. Vandag is sy in ‘n ander skool en het sy so goed gevorder dat sy selfs die selfvertroue het om vir ander kinders op te staan wat geboelie word.

M ·

Die feit is dat die Boelie onder dieselfde kamp geskeer word as ‘n Skelm/Rower/Moordenaar wat in ons land menslik hanteer moet word. En die arme ou wat aan die ander kant staan moet maar die pak vat soos ‘n man.

Ilza Rautenbach ·

Ek wil net graag weet of boelies weet dat hulle boelies is? Weet ouers as hulle kinders boelies is? Of is hulle ook so giftig? My dogter het ‘n senu-ineenstorting gehad en in die hospitaal beland agv één boelie. Nie eers op skool – op 19 op universiteit. Sy moes haar studies staak agv van die girl se liegstories en opstokery teen haar. Selfs ‘n dosent het vir die boelie gevra wat is haar issue met my dogter. Behalwe vir 2 uit ‘n klas van 20 het almal teen haar gedraai en saam begin skinder. Die boelie was mooi, slim, ryk en talentvol – sy het beslis nie ‘n swak selfbeeld gehad nie.

Adele ·

Dis hartseer om te sien, dat daar, net in die briewe nog sulke gevalle is. Hierdie storie kon ook net sowel my dogter se lewe gewees het. Die skool het wel ingegryp, maar hulle hande is ook vas oor tot waar hulle mag. Hulle kan nie net ‘n boelie uit die skool verwyder nie. My kind het ook dae om gehuil. Hierdie is ‘n baie erstige nyging wat in ons skole voorkom elke liewe dag.

Eliza-beth ·

Ek dink mens weet nie eers hoeveel dit in ons samelewing voorkom nie. Ek kon self nog NOOIT verstaan hoe voel iemand goed om ‘n ander te verneder en te boelie. Wat sê dit van jou as mens? Ek is al ‘n grootmens en ‘n paar jaar gelede het nuwe bure ingetrek en soos dit is het ek hul met ‘n geskenkie verwelkom. Toe word ek gereeld vir tee genooi maar het nie altyd tyd vir sulke dinge nie; mens het werk en ander dinge. Sy het toe met ‘n ander buurvrou begin vriende maak en die paar kere wat ek dan wel saam kon tee drink het die twee my as Afrikaanssprekende (een van hulle is van Hollandse afkoms, die ander Engelssprekend) altyd probeer uitvat en met woorde geboelie; verder beskinder en kritiseer hul ook alles en almal en ek het net besluit ek wil nie met sulkes meng nie. Toe ek daarna gevra is en ek reguit gesê het hoekom ek nie met hulle sosiaal wil verkeer nie, want ek weier om in ‘n geskinder en negatiewiteit betrokke te wees en ek ervaar hul as negatief, TOE het die nonsens begin. Ek kan boeke vol skryf oor hul gedrag en omdat ons ‘n klein gemeenskap is hier, kan dit erg raak, maar ek het my net totaal onttrek van hulle en hul dinge. Hulle bestaan regtig nie eers vir my nie. Mens kan nie glo volwasenes is so kinderagtig nie, maar ja, dit kom regtig op alle ouderdomme voor. As grootmens weet mens dalk net beter hoe om dit te hanteer. Sterkte aan enigeen wat met hierdie nonsens sukkel, dis mense met ‘n minderwaardigheidskompleks wat ander boelie – sê dit vir jouself elke liewe dag!

V ·

Ai waar leer hierdie skool boelies die vieslike maniere.Is dit van hul ouers af.Is omdat kinders van vandag te maklik kry en nie n ordentlike pakslae meer kry nie,waaroor daar so baie boelies is.Hoe gaan daardie boelie eendag as n groot mens optree in die volwasse wereld as hul so te kere gaan.

Simone ·

My suster se seun is die boelie, my suster is nie deel van enige beheer ligaam nie, en sy is bewus van sy gedrag, dis net eenvoudig nooit sy skuld nie, dis maar net mense wat haar seun nie verstaan nie.. miskien moet die ouers dalk n pakslae of n boete kry en dan sal hulle dalk hulle kinders reg leer, alhoewel n pakslae (op doe boude soos ouds) dalk die beste sal werk… of dalk gemeenskaps diens… ouers se tyd is baie kosbaar…

Ken ook boelies ·

Die grootste boelies, is meisiekinders. My meisiekind is in’n hoërskool in die Wes-Kaap en is ook geboelie deur kinders wat dink hulle het die hef in die hand. Sulke meisiekinders (of dan nou enige boelie) is eintlik die swakkeling hier. Die boelie is die een wat aandag soek, wat dit dalk nie by die huis kry nie, en so word ander kinders getreiter. Sterkte aan die ouers wat ook al daardeur is, EN ouers julle wie se kinders boelies is, tree asb. tog net op!!! Jou kind het jou aandag nodig, wat jy nou eintlik ‘n ander ouer se “probleem” maak.

Antjie Somers ·

Ek is self op hoërskool geboelie deur die “cool groepie.” Ek het ook selfmoordneigings gehad, maar het daai tyd geglo as ek my eie lewe neem, dan gaan ek hel toe en wou dit daarom nie doen nie. My pa was voorsitter van die beheerliggaam en ek was nie die boelie nie, maar ontvanger daarvan. Boeliegedrag kom neer op een ding: Jaloesie. En ook soos hierbo staan, kinders wat nie wil konformeer tot die wanpraktyke van die boelies nie. Kyk maar mooi, dis min dat kinders as individue ander boelie, sulke boelies kom altyd in groepe voor. Daar was ongelukkig nie ander skole op die klein dorpie waar ek was nie en ja, die onderwysers het net gesit en toekyk. Die skoolhoof het geweet van die erge boeliegedrag, maar een van die boelies se pa het ‘n paar van die skool se munisipale rekeninge vir hulle gekook. Almal het geweet waarmee die groepie besig was. Dis deur God se genade dat ek dit kon deurmaak. Later het ek myself as onderwyser bekwaam en aan myself belowe dat ek nie in my klas sal sit en toekyk hoe een kind ‘n ander afkraak nie. Waar ek kon, het ek boeliegedrag in my klas aangespreek en stappe gevat. Ek wil net bylas, dat nie alle onderwysers net stilbly nie, daar is van ons wat ons kinders sal beskerm. Verder wil ek ook sê dat uit ondervinding, is dit duidelik dat baie boeliegedrag deur ouers aangeleer word. Ek sê nie alle boelie gedrag nie, ek sê BAIE. Soms is die ma’s so in kompetisie met mekaar of in kompetisie met ander ma’s se kinders. Ek’t al gesien hoe ouers sulke boeliegedrag aanpor! Hoe meer ek sien wat in ons land aangaan, hoe meer stem ek saam met Angus Buchan i.v.m. mans wat hul plek moet inneem in hul huise, en soos hy sê: “Revival is not coming through politics…it is coming through the kitchen door!” Voordat Anneke se pa haar karate afrigter probeer verantwoordelik hou, moet hy eerder die boelies verantwoordelik hou.

Rupert Ashford ·

Hoor jou Antjie, ook oor Oom Angus se storie. Maar weet jy waarvoor jy vra? Wat jy voor vra soos per Oom Angus druis lynreg in teen die heersende gees van vandag. Dit druis lynreg in teen die feministiese tydsgees en vra ook dat die vrouens dan die mans moet toelaat om daai plek in te neem en ook hulle plek in die huis inneem. Ek was een aand in ‘n diens waar ‘n bekende teoloog in SA gese het “As ons verwag dat die mans hulle plek moet inneem en die kinders ook geleer dat dit is soos dit behoort te wees moet die Mamma nie die pa ‘n ‘dom d…’ in die huis noem nie”. Dis erg en het baie opskudding veroorsaak soos jy jou kan indink maar sy het duidelik gese wat sy bedoel het. :-) Daar sal ‘n prys wees om te betaal regdeur ons samelewing om hierdie te laat werk en daar sal erge teenkanting wees. En die Christene sal dinge baie duidelik anders as die res moet doen. Let wel dit beteken nie die mamma moet ‘n vloerlap word nie (gaan lees die Bybel en kyk na die rol van die vrou, en ook na die menige stories van sterk vrouens), maar daar is ‘n orde wat ons sal moet volg. Right nou wag ek om uitgeskel te word…

Dalleentjie ·

Ek is vanaf St 5 tot Matriek geboelie. Deur meisies en toe later selfs deur die seuns – selfs kinders in hoër Sts wat ek nie eens geken het nie, het my bygekom. Ek voel nou nog benoud as ek groepies tieners by die Mall sien (en ek is al 20 jaar uit die skool!). Wat my verstom is hoe daardie selfde mislike kinders my nou wil bevriend deur ‘School Friends’. Het hulle geheue verlies?? Hulle het my hoërskool tyd regtig onaangenaam gemaak.

B S ·

Ek het agv een vroueboelie by die week feitlik my verstand verloor,moes medikasie neem soos die boelie my ontstel het, ongelukkig het sy haar sin gekry ,een dag toe ek vals beskuldig word my handsak gevat en geloop.Die ander personeel het van die geboelie geweet ,net aanhoudend vir my gese dis jaloesie wat die vrou so laat optree.

Mariaan ·

Boelies hou nóóit op met hulle boelietaktieke nie. Ek word al vir die laaste 2 jaar deur ‘n prediker geboelie, sonder ophou. En moenie dink die kerkleiers doen enigiets daaraan nie. En ek praat van ‘n baie bekende kerkleier in Suid Afrika. Hulle draai hulle gesigte weg. As die kerk nie eens kan intree nie, hoe op aarde sal die skool intree.

Rob ·

Mariaan “name en shame” die blikskottel. Al gee jy net die gemeente en ‘n rowwe beskrywing van hom. Wees verseker dat honderde van ons jou sal ondersteun.

Bert ·

Ouers moet oorweeg om regstappe te neem teen boelies. Spreek ‘n pprokureur. Dit kan gedoen word.

Michiel ·

Bert, ja ditr kan gedoen word maar die ongerief, die kostes, die tyd,die bewyse wat gelewer moet word, dis net nag. Ek dink dis hoekom mense dit nie doen, almal kan dit netn ie bybring nie. Ek dink daar moet ‘n ingesteldheid op skole wees. Daar moet ‘n spesiale span kinders aangestel word en word iemand geboelie moet die kind na so ‘n groep gaan – nie prefekte ,want baie van hulle is self boelies en ook net gekies omdat mamma en pappa op die skoolraad sit of onderwyser/skoolhoof is. Die span moet miskien ook gereeld verander. Daar met ampers ‘n tipe hofsitting wees en die spul aangekla word en uitgewys word. Sommer voor die hele skool en glo my as kinders heeltyd verby hul loop en sê jou boelie, dan word die boelie gedurig GOED verneder voor almal. As hul van hul eie medisyne inkry voor die hele skool sal hulle dink voor hul weer nonsens aanjaag. Kidners wat geboelie word moet probeer emt selfone opneem of vra iemand wat jy vertrou om bewyse te kry met selfone. Ek weet nie of dit sal werk nie maar mens kan probeer. Dis tyd dat die onnies en skoolhowe GOED vasgevat word omdat hulle ewiglik wegkyk. Wat se soort leiers is hulle?

Hendrik ·

My jongste is in Graad 2 deur een dogtertjie en haar tjommies geboelie. Kleinste se baadjie en skoene gesteel en haar toebroodjies in die grond gegooi, onder andere. So erg dat kleinste nie wou skool toe gaan nie. Een oggend stap ek saam met kleinste klas toe en wag vir die boelie om te arriveer. Ek gaan staan toe mooi stil langs die boelietjie op die stoep en vertel vir haar in kleurvolle taal wat ek met haar en haar polities-gekonnekteerde familie gaan doen as sy weer vir kleinsus treiter.
Die volgende dag is ek weer saam met kleinsus klas toe, en doen dit so vir omtrent 2 weke, maar staan net vir die boelietjie en staar. Kleinsus se gemoed verbeter aansienlik. Geen boelie gedrag. Een dag moes ek vir kleinsus 11 uur die oggend gaan oplaai vir ‘n doktersafspraak. Klop aan die deur en vra vir die juffrou of ons maar kan gaan soos afgespreek. Die volgende dag bel die juffrou vir vroulief en vra wat ek aan die boelietjie gedoen het, want blykbaar toe ek in die klas instap om vir kleinsus op te laai, het dit die klein boelie haarself sopnat gemaak uit pure vrees. Die boelie is toe die een wat voor gelag word, so erg dat haar ouers haar uit die skool gehaal het. Kleinsus is vandag nog in dieselfde skool, en niemand het weer iets probeer nie.
Dit klink wreed, maar dit het die nodige resultate gehad. Net grootbek as daar geen ondersteuning is vir die een wat geboelie word. Die skoen was toe aan die ander voet. Moenie met my familie karring nie. Ek baklei terug, al is dit ‘n vuil geveg.

Eish! ·

Saam my werk ‘n boelie (ma) Ek loop gereeld deur, maar steur my nie aan haar. My beste vriende het sy teen my laat draai. Ek het hul net uit my lewe gesny. Maar ek sien haar dogtertjie is ‘n ewebeeld van mamma. Almal by die skool haat haar met ‘n passie want sy boelie ook alles en almal. Mamma het haar so geleer. Ek kry die kind eintlik jammer want dit is haar ma, wat haar so maak.

Elfie ·

Hendrik, my storie is amper soos joune. Ook saam busstop toe gegaan (dis waar die mejj boelies hul ding gedoen het) en net langs my kind gestaan en klimphard skimpe gegooi. Bv “ja ek hoor hier is aaklige ou meisietjies by hierdie busstop wat ander boelie. Ek hoor die ou meisietjies sê….van ander. Maar die ou meisietjies moet weet ek hou hulle FYN dop en as hulle aangaan met hul twak gaan die voke sspat” Dan STAAR ek so reguit na hulle en hul weet nie waar om te kyk. Paar dae agtermekaar so gemaak en so amper TEEN hulle gestaan, niks regtig gedoen behalwe hul geintimideer en heeltyd kliphard gepraat oor wat hulle al gedoen het so hulle het GOED geweet ek praat van hulle. Ook vir die ander kinders gesê ken julle die ou simpel meisietjies wat dink hulle is groot en ander kinders slegmaak en so… dan lag hulle…Dit het ook gewerk.

Henfrik ·

Elfie,
Die klein rakker het vir Kleinste gedreig dat ek my werk sou verloor as Kleinste ooit iets vir ons sou sê, want boelie se pappa was ‘n grootkop in die “Party”. Dus het Kleinste maar stil gebly. Een middag toe praat sy haar mond verby terwyl ons vir Ousus wag, en ek druk haar onmiddelik in ‘n blik en trek die storie uit haar uit. Dis toe dat ons van die boelie en haar mede-verdagtes te hore kom, en alles maak toe sin.
Het in elk geval vir die boelie in baie duidelike, smaak- en kleurvol Afrikaans die oggend op die skoolstoep laat verstaan dat ek nie veel van haar pappa en sy gewaande politieke konneksies dink nie, en dat haar pappa eintlik maar net nog ‘n skelm politikus is wat nog nooit in sy lewe ‘n dag se eerlike werk gedoen het nie. Varke verstaan eerlike reguit taal baie, baie goed.
Boelie se pappa is toe ‘n ruk later uitgevang dat hy sy harige kloue in die brandkas gehad het. Hy is nie meer so belangrik nie, want hy was maar ‘n junior in die party strukture, dus is hy vir die wolwe gegooi. Die blinde sambok loop lang draaie voor hy sy eerste houe slaan, en dis nog erger as die Bate Beslagleggingseenheid die groot huis en die blink Mercedes kom vat.

Hendrik ·

Skuus, dit is nog steeds net ek. Die “d” en “f” is langs mekaar. Nota vir myself: kyk wat jy tik Boet!!

Rob ·

Hierdie boelies moet oppas vir daai stil eenkant mensie. Baie boelies het ook vinnig geleer dat wanneer jy ‘n sekere tipe mens met sy rug teen ‘n muur het, hy/sy nogal gevaarlik kan wees.
Boelies dink dat hulle oor jou kan loop en hul aansien verhoog deur jou voor hul vrinne te verneder. Eintlik sukkel boelies met “klein-mannetjie” sindroom en hulle gedrag getuig van hulle behoefte vir aanvaarding en liefde. Boelies se meelopers sukkel nog meer as die boelie self

TH ·

Dis regtig so hartseer,ek sien elke oggend as ek my dogtertjie aflaai hoe erg dit gaan by die skoole!ek maak seker ek staan by haar tot die klok lui omdat ek laat werk en sy moet na skool toe gaan!dis vreeslik ek gee elke dag minsters 5 dogtertjies n drukkie en se moenie bekomerd wees daar is baie maats om mee te speel!Ek probeer kyk wie is ook alee en dan speel hulle saam!daar is ook geen Leiers of onderwysers in die oggende naby nie!Hulle sit seker lekker en koffie drink!!baie van die dogtertjies huil vreeslik!my hart raak so seer!my dogtertjie word weer gespot oor haar gewig!Al wat ek vir haar se is dat sy moet se daar is baie meer van my vir Jesus om lief te he!want Jesus het my lief nes ek is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.