Boelievoorvalle kan só voorkom word

boelie-een-teen-almal

Foto: Alexas_Fotos/Pixabay.com

Deur Leandie Bräsler

Die manier hoe boelievoorvalle hanteer moet word, kan by die huis geoefen word. Om boelievoorvalle te stop, is nie noodwendig die leerders/kinders se verantwoordelikheid nie, maar die verantwoordelikheid lê by die volwassenes (ouers) en wanneer die kind by die skool is, is dit die onderwysers se plig om ’n hand uit te steek. Die woorde “Nee!” en “Stop dit!” kan as die eerste stap in hierdie boelievoorvalle dien. Dit is dus belangrik om jou kind die volgende te vra:

Is jy daartoe in staat om vir die boelie op ’n oortuigende wyse te sê: “Nee!” of “Stop dit!”?

In meeste boelievoorvalle kan jy vir die boelie “nee” sê. Jy kan dit in die begin eers saam met jou ouers oefen. Vind ’n stil plek by jou huis wat privaat is en waar jy nie sommer gepla sal word nie. Lees van die (a) Ek weet-gedeelte wat hieronder gelys word. Bespreek dit. Beweeg dan aan na die (b) Ek kan-gedeelte waar jy oefen om “nee” te sê. Handel dan hierdie twee boonste gedeeltes af met die (c) Ek doen-gedeelte waar jy die woord in ’n werklike situasie kan gebruik. Saam kan julle dink aan voorvalle waar julle die woord “nee” kan en moet gebruik.

  • EK WEET: “Nee” is ’n baie kort, maar kragtige woord! Dit maak dit duidelik aan ander dat jy nie daarvan hou wat hulle besig is om te doen nie. As jy gedreig/geïntimideer word en iemand behandel jou sleg, kan jy die woord “nee” gebruik. Dit voel aan die begin moeilik om die woord “nee” te sê, maar jy kan oefen om dit te sê. Dit is ’n woord wat ons saam met ons kan dra tot ons die dag oud is. Dit is soms nodig om “nee” te sê.
  • EK KAN: Met oefening kan jy begin om baie goed te raak deur “nee” te sê. Jy kan begin om te oefen deur voor die spieël te staal en “nee” te sê. Kyk na jou refleksie in die spieël. Staan regop, met jou kop in die lug en vol selfvertroue. Haal diep asem en sê ferm en duidelik, “nee”. Sê dit weer ’n keer, maar hierdie keer met ’n harder en dieper toon: “Nee!” Wanneer jy wys dat jy selfvertroue het, sal die boelie ook makliker met die boeliery/afknouery moed opgee.

Jy kan dit ook saam met iemand in jou familie oefen om dit te sê. Kyk hom/haar stip in die oë en sê in ’n ferm en duidelike stemtoon, “Nee!”.

  • EK DOEN: Nadat jy geoefen het om “nee!” te sê moet jy begin om die woord in werklike omstandighede te gebruik. Dink terug aan hoe goed jy die woord, “nee!” gesê het toe jy dit geoefen het en gebruik dit nou in ʼn werklike voorval waar jy geboelie/afgeknou word of as jy minagtend behandel word. Om die situasie net so te los, verstrek die impak en effek van die woord. Daar is geen punt om te bly staan en in ’n argument betrokke te raak nie. As hierdie situasies aanhou, moet jy eerder met ’n volwassene gesels, soos byvoorbeeld jou onderwyser.
afriforum-teenboeliegids

AfriForum se teenboeliegids vir ouers, onderwysers en leerders kan gratis as ’n PDF-dokument afgelaai word. Foto: AfriForum/Twitter.

Hoe kan die omstanders die slagoffer help?

Daar is gewoonlik omstanders betrokke by ’n boelievoorval waar die boelie en sy “assistente/helpers” is. Hierdie omstanders is nie verantwoordelik vir die boeliery/afknouery nie, maar hulle kan ’n groot rol speel om ’n verskil te maak, soos bvyvoorbeeld om boeliery/afknouery te verminder of te verhoed.

  • Moedig jou kind aan om op te staan teen boelies deur boeliery/afknouery in sy skool hok te slaan. Boeliery/afknouery kan makliker gekeer/verhoed word wanneer ’n buitestaander intree.
  • Vra jou kind oor hoe dit voel om boeliery/afknouery te aanskou as ’n buitestaander. Watter gevoelens kom by jou kind op? Bespreek hierdie gevoelens.
  • Stel aan jou kind die idee voor om met sy vriende oor boeliery/afknouery te gesels. Wat kan hulle saam doen om boeliery/afknouery te probeer stop? ’n Groep mense wat ’n negatiewe siening oor boeliery/afknouery het, kan ’n sterk invloed hê as dit kom om boeliery/afknouery in die skool te stop. Boeliery/afknouery sal stop wanneer daar geen gehoor is om dit te aanskou of goedkeur nie.
  • Jy kan ook verskillende vorme van boeliery/afknouery met jou kind bespreek. Boeliery/ afknouery is nie net wanneer ’n kind geslaan word of lelike name genoem word nie; dit kan ook indirek (soos kuberafknouery) wees. Nie een van hierdie vorme van boeliery/afknouery is aanvaarbaar nie!
  • Moedig jou kind aan om vir ’n volwassene van die boeliery/afknouery te vertel, soos byvoorbeeld ’n onderwyser. Deur ’n volwassene van boeliery/afknouery te vertel, is ’n aanvaarbare en effekte manier om die slagoffer in nood te help. Deur stil te bly, sal net die slagoffer se tyd van lyding uitrek.

Deur meer te lees oor boelies kan AfriForum se teenboeliegids hier as ’n PDF-dokument gratis afgelaai word.

  • Leandie Bräsler is AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ansie ·

My dogtertjie word geboelie deur n gewese ‘beste maatjie’ deurdat die ander dogtertjie altyd lag as my kind n bal mis vang; lag as sy verkeerde voet voor sit tydens dansie; lag as sy verkeerde antwoord in klas gee; ens ens. Ek is al so kwaad vir die kind. Ek wil so graag vir die ouer laat weet dat haar n kind n ‘emosionele’ boelie is. Intussen bespreek ek my dogter die saak so: die ander kind is niks in ons oë nie. Ons sal nie sleg voel as sy lag nie, want ons sien of hoor haar nie eens nie. Sy is onsigbaar vir ons.

Riouna Martin ·

Ek stem nie saam met berig nie. As jy jou kind aanmoedig om op te staan teen boelies word daar duidelik gese deur skool jou kind is net so verkeerd. En dit kan ek bewys! Daar moet strenger opgetree word deur onderwysers en skoolhoof. En nie mense op en af stuur wan jy wel dit onder hul aandag bring nie. Skors onmiddelik sulke kinders dis duidelik dat hul om verkeerde redes by skool is. Ek bid die tyd om in plaas van om die tyd saam my kind te geniet. Die lewe is so onregverdig.

Peter ·

@Riouna, ek’s nou al vir jare lank n onderwyser, die ouers en government het al ons mag weggevat, nou is sulke kinders ons probleem omdat ouers niks doen by die huis nie, en so bietjie interesantheid, die lewe is vir almal onregverdig, wat dit die mees regverdigste ding maak in die lewe.

Riouna Martin ·

Pieter ek se^ weer skors sulke kinders dit sal n gesonder en veiliger omgewing vir kinders wees wat daar is vir die regte redes. Dit sal onderwysers help en ander kinders. Sit meer kamaras op en in klasse dit beskerm alle kante. Maar ek is woedend hoe kinders en onderwysers met tye slagoffers is van die tipe probleme in ons Afr se skole. Boelies gooi uit op Laerskool praat onderwysers genoeg en op Hoerskool gooi varke uit.

MK ·

Ons dogtertjie was so gekrap en verneul by ‘n voormalige kleuterskool. Ek was stukkend om ons kind so te sien. Die probleem by baie van hierdie kleuterskole waar die tipe dinge begin, is dat die toesighouers met hulle selfone sit en chat. Eers as ‘n kind skree word daar ondersoek ingestel. Ek weet, het dit met my eie oë aanskou. Meeste kleuterskool personeel is ook nie opgeleide mense wat onderig gekry het nie. Hulle “ken net van kinders”, dan word hulle R2500 aangestel. Gelukkig is albei ons kinders nou in ‘n regte skool en daar was nog nooit weer so iets na meer as ‘n jaar nie. Die toesighouer/onderwyser speel ‘n baie belangrike rol by die voorkoming van boeliery.

alwyn burger ·

Laat jou seun aansluit by ñ boksklub met ñ ordentlike reputasie. Dit leer jou seun om selfvetroue , waagmoed en respek vir ander te ontwikkele ontwikkel. ñ Boelie is gewoonlik ñ lafaard en versteen as hy uitgenooi word na ñ ontmoetingtjie in die formele vierkant van ñ bokskryt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.