BoobaLoo-ekspo binnekort in Kaapstad

Die Dis-Chem BoobaLoo Expo word binnekort in Kaapstad aangebied. Dié gewilde ekspo was tot dusver nog net in Pretoria aangebied. Vanaf 2 – 4 Augustus 2019 kan nuwe ouers egter by die GrandWest Casino in Kaapstad kom aanklop by kenners en verskeie werkswinkels bywoon.               

Wat is BoobaLoo?

Die Dis-Chem BoobaLoo Expo voorsien kennis-honger nuwe ouers met die geleentheid om betrokke te raak met kenners wat van hulp kan wees met advies en werkswinkels. Nuwe ouers kan deelneem aan interessante seminare en praktiese werkswinkels wat aangebied word deur kundige opvoeders, dokters en bekende handelsmerke. Nuwe ouers ontvang die nodige onderrig, kennis en inligting om hulle groeiende huishoudings met gemak te hanteer – alles onder een dak.

Die Expo bied:
√ Hoë kwaliteit, inligtingryke gebeurtenis
√ Advies van die top-vroeëkinderontwikkelingkenners
√ Tentoonstelling van die nuutste innovasies en noodsaaklike ouerskapprodukte
√ Gemaklike, veilige en genotvolle omgewing

Met Rolene Strauss & Minki vd Westhuizen wat die Mamma Meesterklasse gaan aanbied, gaan die gemaklike omgewing sorg dat mammas en sommer pappas ook die ekspo baie geniet. Verskeie tophandelsmerke is by dié ekspo te sien.

Só het dit begin

Arno en Lizanie Jordaan (organiseerders van die Dis-Chem BoobaLoo Expo)

Die grootste baba- en kleuterekspo wat Pretoria nóg gesien het, het in 2018 vir die eerste keer afgeskop. Met 100 uitgesoekte uitstallers, het die BoobaLoo Expo vir ma’s, kleuters en babas die tonge behoorlik laat klap. Die uitstallers het gespog met die beste wat die Suid-Afrikaanse babamark aanbied.

In 2018 kon dié ekspo met meer as 10 000 voete spog wat die deure ingestroom het. Die opgewondenheid van kinders was hoorbaar toe Lollos sy opwagting maak! Die fantastiese pryse en Mamma Meesterklasse het van hierdie ekspo ʼn reusesukses gemaak. Die produkte, dienste, deskundige seminare, fantastiese spesiale aanbiedings deur die uitstallers, opwindende kompetisies, lewendige vermaak, en meer, het die eerste BoobaLoo Expo onvergeetlik gemaak.

Vroeër vanjaar was Dis-Chem die hoofborg en die ekspo is in Maart 2019 weer by die Sun Arena, Time Square in Pretoria aangebied. Na nóg ʼn suksesvolle ekspo en groot aanvraag – het Arno & Lizanie Jordaan (die organiseerders) besluit om die ekspo sommer Kaap toe te vat in dieselfde jaar!

Klik hier om die webwerf te besoek

Klik hier om jou kaartjies te koop

 

In samewerking met:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.