BoobaLoo: Grootste babaskou binnekort in Pretoria

Argieffoto (Foto: RitaE/Pixabay)

Die grootste baba-en-kleuter-ekspo wat Pretoria nóg gesien het, gaan oor twee dae sy deure oopmaak by die Sun Arena, Time Square.

Hierdie jaar spog die ekspo met meer as 100 uitgesoekte uitstallers. Die Dis-Chem BoobaLoo Expo vir ma’s, kleuters en babas bied dus alles waarna swanger vroue, nuwe mammas en selfs ervare mammas soek. Dié uitstallers spog elkeen met die beste wat die Suid-Afrikaanse babamark bied.

Daar is hierdie jaar weer fantastiese pryse op die spel en een gelukkige wenner gaan wegstap met die groot prys van meer as R200 000!

Die ekspo bied insiggewende Mamma Meesterklasse aan en spog weer met unieke produkte, dienste, deskundige seminare, fantastiese spesiale aanbiedinge deur die uitstallers, vermaak vir die kinders en opwindende kompetisies. Daar is ook 1 000 gratis geskenkpakkies wat weggegee word.

Die span en borge sien uit om die duisende gesinne te verwelkom. Hierdie jaar is Dis-Chem die hoofborg en die ekspo vind weer plaas by die Sun Arena, Time Square, op 1, 2 en 3 Maart 2019.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R80 per persoon. Kinders onder 10 kry gratis toegang.

 

Oor die BoobaLoo Expo

Die Dis-Chem BoobaLoo Expo voorsien kennis-honger nuwe ouers met die geleentheid om betrokke te raak met kenners wat van hulp kan wees met advies en werkswinkels. Nuwe ouers kan deelneem aan interessante seminare en praktiese werkswinkels wat aangebied word deur kundige opvoeders, dokters en bekende handelsmerke. Nuwe ouers ontvang die nodige onderrig, kennis en inligting om hulle groeiende huishoudings met gemak te hanteer. Alles onder een dak.

Die Dis-Chem BoobaLoo Expo vind plaas by die gewilde Sun Arena, Time Square op 1-3 Maart 2019.

Die ekspo bied:
√ Hoë kwaliteit, inligtingryke gebeurtenis
√ Advies van die top-vroeëkinderontwikkelingkenners
√ Tentoonstelling van die nuutste innovasies en noodsaaklike ouerskapprodukte
√ Gemaklike, veilige en genotvolle omgewing

Met Nadia Beukes as seremoniemeester, gaan die gemaklike omgewing sorg dat mammas en pappas die ekspo baie geniet. Ons is baie opgewonde om weer in 2019 met ʼn hele paar tophandelsmerke te werk.

Vir enige navrae, kontak Arno Jordaan by [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.