Daag leerders uit om uitgebreid te dink en te leer

KindEntrep4.jpg

Foto: argief

[promosie-artikel]

Prof Rita Niemann

Teen die agtergrond van die onlangse konflik in die land oor die verwydering van standbeelde en xenofobiese aanvalle, word opvoedkundiges gekonfronteer met die vraag of kinders toegerus word om probleme sinvol te bedink en op te los. Dan ook, kan hierdie uitdagings gebruik word om probleemoplossingsvaardighede by leerders te vestig?

Volgens professor Yrjö Engeström van die Universiteit van Helsinki is dit belangrik dat leerders met uitdagings uit die werklike lewe gekonfronteer moet word. Hy gebruik die term expansive learning (uitgebreide leer) waar teorie en praktyk mekaar ontmoet, en waar  leerders uitgedaag word om ’n probleem aan te durf. Sulke uitdagings stimuleer hoërorde denkvaardighede, maar Niemann (2013) beklemtoon veral die noodsaaklikheid dat daar ’n platform geskep moet word om hierdie soort leer en denkprosesse te laat realiseer.

Hoe word so ’n platform geskep?

  • Stel leerders aan uitdagings bloot. Hierdie beginsel word ondersteun deur die wyse waarop die brein te werk gaan, naamlik dat eksterne stimuli die brein prikkel om te leer en om meer te wil weet. Die leerder word dus gemotiveer om die uitdaging te aanvaar en betree gevolglik die leerproses.
  • Kleur daardie uitdagings in met probleme uit die werklike lewe. Leerders, wat byvoorbeeld inligting oor die Tweede Wêreldoorlog moet baasraak, word uitgedaag om hulself in ’n posisie te plaas waar hulle deur die uitbreek van ’n Derde Wêreldoorlog in die gesig gestaar word. Hulle moet dan lesse (positiewe en negatiewe kwessies) uit die Tweede Wêreldoorlog neem om die dreigende konflik die hoof te bied.
  • Stimuleer leerders om nie net op reedsverworwe kennis staat te maak nie, maar laat hulle toe om “nuut” en “uit die boks” te dink en sodoende nuwe kennis en nuwe praktyke te genereer. Hierdie is ook ’n goeie voorbeeld van die “steierwerk-beginsel” (scaffolding) waar bestaande kennis die basis vorm waarop die nuwe kennis gebou word (Gibbons, 2002).

Denkprosesse wat deur uitdagings gestimuleer word, help leerders om die nuwe kennis en vaardighede wat hulle geleer het, te internaliseer vir toekomstige probleemoplossing.

Impak maak erns met die beginsels van uitgebreide leer en is van mening dat hierdie benadering nie net selfleer aanmoedig nie, maar ook leerders motiveer en voorberei om as denkende en probleemoplossende mense die samelewing en die werkplek te betree.

Bronne:

Engeström Y 2001. Expansive learning at work: Toward an activity theoretical reconceptualization. Journal of Education and Work, 14(1): 137-154.

Engeström Y 2004. New forms of learning in co-configuration work. Journal of Workplace Learning, 16: 11-21.

Gibbons, P 2002 Scaffolding Language, Scaffolding Learning Teaching Second Language learners in the Mainstream Classroom. New York: Heinemann.

Niemann R 2013. Revisiting expansive learning for knowledge production and capability development at postgraduate level in Higher Education Studies Perspective in Education 31(1):30-39.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.