Die waarde van refleksie in die leerproses

Tienerseun_leerproses.jpg

Foto: pixgood.com

[promosie-artikel]

Prof Rita Niemann (Impak)

In ons daaglikse lewe besin ons voortdurend oor ons ervarings, besluite en aksies en evalueer ons dikwels onbewustelik wat ons daaruit geleer het. So maak ons sin van ons belewenisse, leer ons daaruit vir toekomstige besluite en optrede, en word dít wat ons geleer het, geïnternaliseer.

Wat beteken refleksie vir die leerproses?

Die bekende filosoof-opvoedkundige, John Dewey (1933:9), het reeds lank gelede refleksie beskryf as ’n aktiewe, voortdurende oorweging van die nuwe kennis en wat dit mag behels. Wat sê hierdie woorde vir ons in moderne tye? Dit beteken dat wanneer ons van leerders verwag om deurlopend oor hul nuutverworwe kennis te besin,

  • hulle aktief betrokke raak by die leerproses deur te besin oor wát hulle geleer het en hóé hulle dit geleer het;
  • hulle gedwing word om krities te dink, aangesien hulle verskillende opsies moes oorweeg om die probleem wat aangespreek moes word, op te los; en
  • hulle wyer moet dink as net daardie spesifieke konteks deurdat hulle ander toepassings van die nuwe kennis en die implikasies wat die nuwe kennis vir ’n verskeidenheid velde kan inhou, ook moet oorweeg.

Aangesien refleksie ’n belangrike komponent van hedendaagse leerfasilitering uitmaak, kan strategieë soos selfrefleksiejoernale, kritiese vrae, die konfrontasie van aannames, die stel van nuwe probleme/uitdagings, teken van prente en dieper ontledings (soos om “hoe”- en “hoekom”-vrae te stel) doeltreffend aangewend word.

Kan refleksie dus bydra tot die ontwikkeling van die 21ste eeuse vaardighede? Beslis JA!

Bron: Dewey J. (1933) How we think. Heath: New York.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.