Eersteskooldagfoto: Hier is ons wennertjie

Christo Vermeulen van Laerskool Republiek in Meyerton. (Foto: Verskaf)

Christo Vermeulen van Laerskool Republiek in Meyerton. (Foto: Verskaf)

Die eerste skooldag is vir enige graadeentjie en sy ouers ʼn gróót dag. Vir weke vooraf word die kosblik beplan en die tas met inkleurpotlode is gepak en skoolskoene blink gevryf.

Al is daar soms trane (van die graadeentjie en die ma!), is dit met trots dat jy jou kind toelaat om self sy vlerke te sprei.

Anel Vermeulen van Meyerton is een so ʼn trotse mamma wat haar seuntjie, Christo, ingeskryf het vir Maroela Media se Eersteskooldagfoto vir 2019-kompetisie en hy is aangewys as die wenner.

Christo (6) is ʼn leerling by die Laerskool Republiek in Meyerton, waar hy verlede jaar in gr. R ook skoolgegaan het.

“Ek het hom vertel ek het hom ingeskryf vir die kompetisie toe ek die nuus ontvang dat hy gewen het en hy wou net dadelik weet wat hy gewen het,” lag Vermeulen. “Hy is baie opgewonde!”

Sy vertel Christo is haar laatlammetjie en dat sy boetie vanjaar gr. 8 toe is. “Ons is baie trots op die klein outjie.”

Volgens Vermeulen is Christo mal oor skool. “Hy is baie tevrede met die skool en vertel vir my hy hou die meeste daarvan om deur die dag tou te spring.”

Klein Christo is ʼn stil kind, sê sy. “Die juffrou sê vir my sy weet party dae nie eers hy is in die klas nie!”

Christo neem nog nie aan enige naskoolse aktiwiteite deel nie. “Hy begin wel vanjaar met mini‑rugby en hy kan nie wag nie.”

Christo wen ʼn geskenkpak wat bestaan uit die volgende:

  • 1 stel Kindertaal-yskasmagnete
  • 1 x Lipsalf
  • 1 x Kettie
  • 1 x Klimtol
  • 1 x Kinderkosblik
  • Boek en CD – Jesus-avonture vir kaalvoeters (Oom Karoolus en Lente)
  • Boek en borsspeld – Wie is jy Mnr Slym? (Zanri Kritzinger)
  • Boek – My Gunsteling legkaart-Bybel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gesiggie ·

Agh kyk net daai gesiggie, sterkte bulletjie hoop Graad 1 is vir jou ‘n fees.

Anna ·

Baie geluk aan die wennertjie. Kan daar nie nog ‘n prys gegee word vir ‘n dogtertjie ook nie? Ek het my niggie se kind, Kate Lennon, ingeskryf. Sy is behoeftig maar niks kry daai mensie onder nie. Sy is begaafd met tekenwerk en ek voel as daar ‘n mensie is wat iets verdien is dit Kate. Sy is tans in Hermanstad Laerskool. Maar nie almal kan wen nie en ek berus daarby.
Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.