Ek gaan nee sê: My kind is my verantwoordelikheid

dirk_hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het hierdie ope brief aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, geskryf as deel van sy kommentaar op die wysigingswetsontwerp op die Skolewet, wat op 13 Oktober deur die onderwysdepartement aangekondig is.

Geagte minister Motshekga

Ek gaan nee sê: My kind is my verantwoordelikheid en daarom wil ek besluit

Ek is net ʼn gewone ouer met vier dogters, almal nog op skool. Soos ʼn gewone ouer is ek, ʼn gewone burger, gefrustreerd oor baie dinge in die land. Soos die meeste gewone mense het ek geduld met baie dinge, maar oor iets wat my kinders raak, is ek, soos ander gewone ouers, buitengewoon ongeduldig. Kom ek stel dit anders: dit maak my woedend as iemand my kinders benadeel.

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op Basiese Onderwys wil van my kinders staatsobjekte maak, onderdanig aan ʼn staatsideologie. Die idee krap waar nie gekrap moet word nie; dit krap in my hart. Die nuwe wysigings verander openbare skole in staatskole. Die staat sprei sy tentakels in my huis in en ontneem net eenvoudig ouers die reg om deur hul beheerliggame besluite te neem.

Ek is ʼn demokratiese burger, nie ʼn staatsonderdaan nie. Ek wil ʼn sê hê oor my lewe tot op die laagste vlak. Dit geld nog soveel meer vir my kinders.

Skole is mikro-demokrasieë. Dit is plekke waarheen ouers hul kinders neem om onderrig te ontvang en opgevoed te word. Hulle neem saam verantwoordelikheid vir hul kinders en verkies beheerliggame wat oor die skole moet “regeer”.

Die staat wil die demokrasie van skole wegneem en vervang met staatsdiktatorskap. Om ʼn meer bekende begrip te gebruik: die staat wil die skole kaap.

Deur die nuwe wysigings wil die staat besluit oor toelatings, oor taal, oor skoolkapasiteit en oor aanstelling van onderwysers. Die departement kan besluit oor klasgroottes en taalsamestelling. Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het vandeesweek oor die radio gesê daar is nie plek vir Afrikaanse skole nie. Sy doel is om klasse te vergroot tot 60 of 70 kinders, in teenstelling met konsensus wêreldwyd dat kleiner klasse tot beter onderrig lei, veral op skoolvlak. ʼn Klaskamer met 70 kinders gaan net lei tot ʼn oorwerkte onderwyser wat swak onderrig aan 70 kinders gee. Uitnemendheid word ingeboet vir inklusiwiteit.

Met alle respek, die probleem is nie skole wat uitsluit nie, maar te min skole. Die oplossings wat voorgestel word, is ʼn klag teen die staat se onvermoë om nuwe skole te bou.

Ander voorgestelde wysigings is dat die onderwysdepartement skole kan dwing om fasiliteite met ander skole te deel. Die hoof van die departement kry die mag om beheerliggame eensydig te ontbind. Skoolfasiliteite wat deur ouers onderhou en verbeter word, moet gratis aan die departement beskikbaar gestel word.

Aanstellings van onderwysers moet streng volgens regstellende aksie en rasverteenwoordiging geskied. Onderwysers moet selfs verslag doen oor hul eie en hul huweliksmaat se finansies. Alle skryfbehoeftes en studiemateriaal moet sentraal verkry en versprei word.

Minister, u wil dus die seggenskap van ouers om te besluit oor die huishoudelike sake van die skool wegneem. Skoolgemeenskappe gaan van hul skole vervreem word, want hulle het nie meer inspraak nie.

Die staat word al swakker, maar die regering wil meer regeer. Die wetgewing gaan goeie skole in slegte skole, en slegte skole in nagmerries verander.

Deur die wysigings word die staat nie méér demokraties nie, maar minder demokraties. Suid-Afrika word só ʼn staatsdiktatuur. Dit is ʼn verloor-verloor-verloor-scenario.

Voor 10 November moet Suid-Afrikaners kommentaar op die wysigings lewer. Ek, soos tienduisende ander ouers, gaan nee sê. Ek gaan nee sê vir skoolkaping deur die staat. Ek gaan nee sê vir die staat se planne om openbare skole in staatskole te omskep.

My kind is mý verantwoordelikheid en daarom wil ék besluit. Los my kinders uit!

  • Enigiemand wat kommentaar wil lewer, maar onseker is waarheen dit gestuur moet word, kan van Solidariteit se gebruikersvriendelike kommentaarplatform gebruik maak by die #VIRskole-platform. Elkeen se kommentaar sal afsonderlik aan al die korrekte partye aangestuur.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers, Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Marie ·

Nee, my kind is my verantwoordelikheid en ek wil deel in besluitneming

GJK ·

Ek sê ook NEE. My kind sal nie ‘n staatsobjek word nie!!!!

Marizahn Buitendag ·

Ek sê ook NEE! My kind is my kind ek sal verantwoordelikheid vir my kinders behou. Wat gaan van die skole en kinders word hulle gaan nie n toekoms he nie want hulle gaan nie die regte opvoeding en opleiding ontvang nie.

Cornett van der Nerwe ·

Nee nee as ons saam met die straat stem is dit nie lank voor ons Huishoudings ook oor gevat word nie

Margaret Coetzee ·

No, no to the capturing of our parental rights. Lost their minds.

Penellope Jones ·

Kinders is nie die staat se objekte om rondgegooi te word soos en wanneer dit hulle pas nie.

Dis ons Kinders – nie hulle staatseiendom nie.

Penellope Jones ·

Kinders is nie die staat se objekte om rondgegooi te word soos en wanneer dit hulle pas nie.

Dis ons Kinders – nie staatseiendom nie.

Johan. H. ·

Stem saam , my kind is waar hy is omdat ek in beheer van hom is, met gristen waardes…Nou wil hierdie staat sy vuil vingers in sy wese in sit,,, BLA BLA ,

Erick ·

Soos die ou liedjie sê :”If you tolerate this, then your children will be next”.

Elize ·

Verseker se ek NEE. Ons neem self besluite oor ons kinders. Nie die staat nie.

André Visser ·

Kinders is baie belangrik vir Suid Afrika se voortbestaan, dit wat hulle op skool leer, moet onderheuwig wees aan waarde-toevoeging sodat hulle ook goeie besluite vir hul eie lewens kan maak. Ons as ouers is aanspreeklik om toetesien dat hulle nie aan slegte opsies in hul vroeë lewens gebind of emosionele druk swig nie. Die Staat is ń politieke instelling, geensins geskik om besluite aan my kind voor teskryf nie.

Christine Visser ·

Die staat het geen se. As my kind goed doen wil hulle hom voorse en reels maak. As hy n krimineel is, is hy my probleem. Hulle het nie vir die kraam, siektes, klere gesorg nie. Hulle is nie lief vir hom nie. Hulle dra glad nie sy belange op die hart nie. Nee nee nee. Beslis nie.

Staan op ·

Ek voel sterk saam met Dr Hermann. Genoeg is genoeg. Jammer, Mnr Lesufi, jou pritret gaan nou tuimel. Letterlik.

André Badenhorst ·

Die voorgestelde wetgewing gaan nie goedsmoeds aanvaar word nie, al word dit wet. Dis al wat ek weet. Ons is nog nie so ver getoets nie.

carl ·

Ouers moet eerder aandele koop in privaat skole as om aan n staatskool se infrastruktuur te help bou wat nie noodwendig vir ons nageslag behoue gaan bly nie. Ons gaan nog droom en hoop dat ons beheer gaan behou oor ons staatskole maar die kanse is te groot dat ons in elk geval die beheer gaan verloor. Dus bele, op wat se manier ook al, in ons eie privaat skole wat in privaat beheer is en soos n besigheid bestuur word.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Carl, Baie dankie. Ons kinders se voortbestaan is gesetel in Volkseie onderwys. dws onderwys deur ons eie mense aan ons eie kinders in ons eie taal. Meer nog geloof gebonde aan God Drie-enig en gebaseer op ons kultuur waardes en norme. Net jammer, almal wat praat is nie bereid om die CVO-skole te ondersteun nie. Hierdie beweging bring kinders na vore wat presteer op alle gebiede. Maar nouja, sport en sosialisering is belangriker as norme en waardes.

Marion le Roux ·

Ek stem n besliste nee. Ons kinders se opvoeding is bepaal deur ons voorgeslagte wat hulle se kinders se kinders met integriteit en Christelike waardes groot gemaak het. Ons het nie die staat nodig om ons kinders se lewenswandel in opvoeding en dissipline te bepaal nodig nie. Kyk maar net na die chaos by die universiteite. Kort voor lank gaan dit in die skole ook so. Nee nee nee ñ besliste nee.

Amanda Kriel ·

Ek sê NEE, my kinders kan nie vir hulself praat nie, ek as ‘n ouer is verantwoordelik vir hulle, ek sal alles doen om seker te maak hulle het die beste. EK Sê NEE.

Elfrieda ·

Beslis NEE. Ek gun my kinders die reg om self oor hul kinders se opvoeding te besluit.

Elka Faurie ·

As ouma van kleinkinders se ek ook Nee Waarom krap waar daar nie gekrap hoef te word nie. Daar is skole gebou vir leerders wat deur leerders afgebrand is. Beheerligaam skole werk.

Martin ·

Verseker se ek Nee,Ons sal self besluite neem oor ons kinders ,nie die staat nie.

Yda Venter ·

Ek sê ook nee. Die staat het nie die reg om te sê wat se opvoeding my kind kan kry nie. Hulle moet eerder konsertreet oo AL die ander probleme in due land.

Neefie ·

Hou jull korrupte kloue van on skole af weg! Hoe meer seggenskap die staat het hoe groter die katastrofe. ORALS

Cornelia ·

In die ou bedeling is ons geskool onder die fundamentele beginsel C.N.O/ Christelike Nasionale Onderwys. Dit is onweerlêbaar dat ouers rentmeesters is voor God vir die opvoedings fondasie wat hulle kinders voorgeleef word in die Opvoedingstaak. Dan is ouers ook daartoe verplig om die staat toerekenings vatbaar te hou vir wat sy beleid op skoolvlak vir sy kinders inhou. En as dit op ouer ondermyning en die aftakeling van ouerlike gesag afstuur, ywer so ‘n wetgewer doelbewus konfrontasie politiek. Duisende jongmense kan op hierdie wyse gemanipuleer word om geforseerde agendas te sluk. Aan hierdie bewind sê ons NEE. En klaskamers met 60 tot 70 leerlinge per onderwyser is die bewys van ligsinnige onkunde!

Renee Roosenschoon. ·

NEE!! Ons gaan nie meer gelate aanvaar dat ons regering, wat berug is vir patetiese, swak besluite, oor ons kinders en hul opvoeding, onderrig en toekoms besluit nie!! NEE!!

Santie ·

Ek stem ook nee maar hoe kan enige iemand nog vandag hulle kinders in staatskole hou want die kurrikulum wat ons kinders leers is vol gemors

Tanja ·

Ek se ook Nee – die staat gaan ni besluit neem oor my kind se toekoms ni.

My kind verdien goeie onderig.

Marie kleinhans ·

Beslies Nee Nee en Nee.ons as ouers moet self besluit oor ons skole

Linda van Mosselbaai ·

NEE.
Met die kat wat in die voëlhok gegooi word – is dit maar net weer duidelik hier word alweer weer wol om ons oë probeer draai – Die FOKUS word weggeneem van die feit dat daar baie min moedertaal onderwyssers opgelei is in die laaste 20 plus jare. Ook is daar gefaal om die oorgrote meerderheid leerders te laat vlot lees. So boet en sus hoef niks te doen hul word deurgesit na die volgende graad – al wat hule goed kan doen is om vreeslik stout te wees en vir almal die lewe te versuur. Dis ‘n onmoontlike situasie vir die onderwyser en die leerders wat graag wil leer. LOS wat WERK – bepaal julle by wat noodsaaklik is – soos genoeg toerusting (skole, banke , boeke , skryfbehoeftes) en behoorlik opgeleide onderwysers asook skoon werkende toiletgeriewe.

Mari Beukes ·

Nee. Dis elk geval belaglik. En eensydig. Hoe dink hulle met dit wat in die land aangaan moet ouers hulle kinders met gerustheid toe vertrou aan die staatsinstansie van so n land? Belaglik.

Eish ·

Verseker druis dit in teen teen enige ouer se beginsels en vry dit ons teen ons grein. Die vraag is net wat kan daaraan gedoen kan word indien wetgewing in die parlement dien en verseker aanvaar sal word deur die regerende meerderheid.

Elsie Styger ·

Beslis NEE! Ons kinders en skole is ons verantwoordelikheid en ons kan nie toelaat dat getalle in klasse en gebrekkige onderwys ons met n nageslag van ongeletterde en onopleibare kinders laat nie! Dis ons verantwoordelikheid om seker te maak ons kinder word behoorlik geskool, geleer en voorberei vir die toekoms om hulle self as nuttige burgers van ons land te kan aanwend!

Francis linstrom ·

NEE NEE NEE HIER GAAN MOEILIKHEID KOM EN ONS LAND HET ALREEDS MEER MOEILIKHEID AS WAT HANTEER KAN WORDÀ

Cornel Koen ·

Nee die staat kan nie eers ons land instand hou nie wat nog van ons kinders se skole. Ons as ouers en gemeenskappe kan self besluit wat in ons kinders se skole moet en nie moet gebeur.

Annemari ·

M.a.w. die staat wil nou seggenskap hê oor die bestuur van beheerliggame en dus aanspraak maak op die hulpbronne en kommoditeite wat deur OUERS onderhou word. WERKENDE skole gaan dus tot niks gereduseer word, met rampspoedige gevolge. Op die end van die dag ly ons kinders daaronder. Ek is self in die onderwys en hul voorstel van 60-70 leerders per opvoeder is absurd. Sulke getalle kan geensins kwaliteit onderwys tot gevolg hê. Hul dobbel met die jeug se toekoms en dit SAL NIE geduld word. NEE NEE NEE!

Elize Potterton ·

Nee nee nee!!!! My kind se opvoeding is my verantwoordelikheid. Geen onderwyser kan sorg dat 70 kinders daagliks onderrig word nie.

Marinda ·

Dit maak glad nie sin om dit te doen nie. So verseker NEE! Nie net die kinders gaan daar onder lei nie, maar ook heel moontlik nog meer mense gaan werkloos raak.

B.l. vd Merwe ·

Ek se ook nee, die staat het nog net in meeste gevalle van als waar aan hulle raak verongeluk en nou die skool nee nee nee. Wie is in beheer van die land die staat of die mense in wat daarin woon en Tax betaal?

Sonja ·

Moet asb nie net hier NEE sê nie. Gaan na Solidariteit se skakel in die artikel en volg die regte stappe sodat ons kommentaar by die regte mense uitkom. Ons moet die regte kanale volg as ons enigsins ‘n kans wil staan om hierdie ding te stop!

Tanya ·

Hulle wil orals oorneem en alles val tot op die grond wanneer dit gebeur. Ek sê nee en as hulle regkom dan sal ek my kinders skuif na private skole toe

Mariette Pressly ·

Dit is ‘n besliste NEE van my kant ook! Ek betaal vir my kind se onderrig. Hy doen tuisonderrig by ‘n privaat instansie en ek sal NIE my kind enigsins aan die staat se nuwe reels blootstel nie. Ek betaal ‘n klein fortuin om te verseker dat my kind die beste opvoeding kry. Die staat dra nie ‘n sent daartoe by nie en moet derhalwe nie dink hulle kan hiet en gebied nie. Dit is veronderstel om ‘n demokratiese land te wees. Maar soos dinge nou gaan is dit outokraties tot in die ergste graad!

Annemarie ·

Ek se defnetief ook nee, ek is n ouer, en dit is my reg as ouer om te kan kies

K Vosloo ·

Nee. Ons en ons kinders sal nie soos marionette en robotte beheer word nie.

Neeeeeee en dis klaar ·

Gladnie, nee, die regering besit nie ons mense nie, die regering begin nou arrogant raak en hulle sal ophou daarmee, ek gaan nee bly se. Klaar.

Tanya ·

Nee nee, een duisend maal nee!! Hulle wil ons wat tuisskool ook kontroleer, en ons tuisskool juis oordat die toestand van die staatskurrikulum halglik is. Ek het komentaar gelewer teen die BELA Bill? Asseblief ouers wat kinders in die skool het, as ook almal wat alternatiewe opsies vir opvoeding gebruik, stuur asseblief komentaar voor 4 uur vandag sodat dit in ag geneem kan word. As hierdie wysigingswetontwerp deurgaan, gaan die regering net meer en meer inmeng in ons demokratiese lewens, en dit sal ‘n “precendent” wees vir hulle om teen ons grondwetlike regte te gaan, soos wat hierdie wetsaanpassing nou teen ons grondwetlike regte gaan om die eerste keuse te he oor hoe ons kinders opgevoed word.

Tanya ·

Lewer ASB komentaar daarop en stuur dit aan voor 4h vanmiddag. Ons moet as land, as ouers, bymekaar staan om hierdie ding te stop voor dit te laat is

Piet Pille ·

NEE NEE NEE. Is dit nie ‘n probleem wat Gerrie Nel moet beveg nie. Dit raak all ouers wat hul kinders se toekoms wil beskerm

Philippa ·

Nee, nee, nee!!!
Alles wat werk wil die regering afbreek….hoekom altyd peuter aan dit wat goed werk?

Louis Prinsloo ·

Nee, my stem is Nee! Skole wat privaat skole is gaan so bly en kan onder geen omstandighede staat skole raak nie!
Veral nie in toestand waarin land tans is nie, al kom watter kamma tydelike voordele en wolwe in slaap klere!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.