Ek is nog nie reg om uit my ouerhuis te gaan nie

Argieffoto: Pixabay.com

Een van die groot mylpale is om eendag op jou eie te bly.

Vir party mense gebeur dit dadelik ná skool: hulle gaan bly in ’n koshuis of op ’n ander dorp. In baie gevalle is dit die enigste opsie. Vir ander is dit nie nodig nie en bly hulle langer ná skool in hul ouerhuise.

Die jongste navorsing wys dat baie jong mense vandag ná universiteit terugtrek na hul ouerhuise toe – nie omdat hulle noodwendig wil nie, maar omdat dit eenvoudig te duur is om op hul eie te bly. Dis ook belangrik om te weet dat kinders in vorige generasies lank saam met hul ouers gebly het en in baie kulture is dit nog steeds die norm.

Dit bly vir baie ’n angswekkende gedagte om op hul eie te bly. As dit jou voorland is, is hier ’n paar goed om te onthou:

  • Begin solank tuis meer bewus raak van wat nodig is om op jou eie te bly, soos die doen van inkopies, was van wasgoed, huisskoonmaak en die begroting van die huishoudig. Dit sal dit makliker maak wanneer jy moet uittrek.
  • Vir baie is die vrese emosioneel: dit voel of jy jou ouers verloor, of dat jy nie meer deel is van die huis nie. Jy kan onseker voel of jy dit regtig gaan regkry (en dit is maar net een van baie aanpassings in die nuwe lewensfase wat jy alleen moet trotseer. Onthou egter, jou gesin bly jou gesin en sal altyd daar wees vir jou.
  • Daar gaan beslis interessante (selfs wonderlike) nuwe mense daar wees waarheen jy trek.
  • Al die grootmensdinge wat jou nou intimideer, is iets wat jy mettertyd gáán regkry en dalk selfs later geniet.
  • Hoe dit ook al sy, die beste ding om te doen is om elke dag of nuwe uitdaging stappie vir stappie te doen en vas te byt – kort voor lank gaan dit voel soos iets wat jy nog altyd gedoen het!

Dié artikel is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JJ ·

Gielie, meeste “jongmense” van vandag is mos te goed vir werk. As jy 18 is, is jy n grootmens, en moet so ook begin optree. Ek’s direk na skool uit die huis, gaan werk en swot, mens gaan net terug ouer huis toe vir n braai en kuier. As jy tot 30 nog daar bly is jy n spunger.

Namgrl ·

Geagte JJ,

Ek stem nie saam met jou mening nie, nie heeltemal nie. Ek dink dat dit heeltemal goedkoper sal wees om by jou ouers te bly tot tyd en wyl jy dit kan bekostig om ‘n plekkie te kan huur. Onthou, daar is baie faktore wat saak maak:

Bekostigbaarheid van huur;
Veilige Plekkie van huur;
distansie van huurplek na: werk/kampus – alles gaan oor kostes.

As jou ouers jou kan akkommodeer, waarom nie. Dis nie te se die persoon moet verewig daar bly nie. Ek weet van ouers wat huur geld by hul kinders vat, dit bank, en met die uittrek van die kinders – en as hul in hul eie tuistes in trek koop hul ouers somer vir hulle ‘n slaap kamer stel etc. Ouers is ouers en sal altyd omgee.

PS: tog hoor ek wat jy se.

Groete uit Namibie

Andrea Lotter ·

Ek is 31 en bly by my ouers nie almal is so gelukkig om direk na skool uit te trek nie, maar glo spunge is die laaste ding wat ek doen, ek betaal my losies en gee nog n bydrae vir kos en so.
Alles behalwe n Spunger

VanAfrika ·

Vandag is dit ook nie meer veilig om die ouers alleen te los nie, dis ook nie meer veilig vir die kinders om te trek. My een seun is nog by my en een by die ander deel van sy familie. Ek bekommer ewe veel of altwee elke dag veilig is.

my mening ·

@JJ, Ek stem 100% saam met jou. Ek weet van ‘n geval waar die persoon by sy ouers bly tot op die ouderdom van 30 waar die persoon nog “studeer”.
meer soos op die ouers se nekke lê. Want om te swot is mos beter as om jou eie lewe te kry
Mamma en Pappa gaan verewig daar wees om te sorg.
of die jonger boetie/sussie moet vir hom goed koop of sorg dat hy geld het

Sommige jongmense het al hoe meer rugraatloos geword. Ek blameer die ouers. die ouers wil die kinders oppiep

Jozi ·

@JJ. Dis nie ‘n geval van 18 en te goed om te gaan werk nie. Dinge was duidelik anders toe jy daardie ouderdom was.
Toe kon jy nog met ‘n matrieksertifikaat in jou hand begin werk.
Vandag sukkel menige jong mense wat met ‘n graad of twee sit om werk te kry. Hoeveel erger is dit nie vir die matrieks nie?
Waar trek ons die strepie? Wanneer was jy jou hande in “onskuld’ en wys jy jou kind die deur?
Is ouerskap en verantwoordelikheid neem vir jou kind beperk tot die dag wat hulle 18 jaar oud word?
Dis mense wat soos jy en “my mening” wat vorentoe op die ouetehuis se stoepie gaan sit en wag vir kinders en kleinkinders wat nie gaan omgee of kuier nie.

my mening ·

@Jozi, Ek kom nie uit ‘n huis waar geld vollop was nie. Ek het hard gewerk vandat ek uit die skool uit is.
Ek het studeer en deeltyds gewerk. Daar is baie werks geleenthede in Suid Afrika maar niemand wil ‘n kelner of teller wees nie. Ek het 3 werke gehad sodat ek ‘n dak oor my eie kop kan sit en kos op my tafel.
Ek het gespaar vir my eerste kar ek moes loop waar ek wou wees.
Ek het vir op’n tyd vir ‘n paar weke in my kar gebly omdat ek nie my ouers wou opstres omdat ek nie genoeg geld gehad het nie. Hul het selfs gesukkel met finansies.
Tog leef ek vandag ek is getroud met 1 wonderlike kind wat geleer word dat sy ook vir haarself moet dink en hard moet werk. Ek is ‘n vrou van 26 jaar oud en my man is 28.

Alles is verskonings wat die mense vandag gebruik net om nie verantwoordelikheid te aanvaar vir hul eie slaphouding nie.

Kyk maar ·

Jozi jou kleinkinders gaan nie vir jou by die ouetehuis kuier nie hulle gaan saam met hulle ouers en jou in jou huis bly.

waarheid ·

Vandag is dit te gevaarlik om alleen te bly. Punt. Dit is nie vandag soos in ons tyd nie. Realiteit.
Kinders kan eerder vir hulle ouers help met geld per maand as om alleen erens te gaan woon. Op hierdie manier is almal veiliger.

Dann Druff ·

Ek voel die oomblik wat jy op jou eie kan bly moet jy dit doen. Die lewe is taai en nie almal kan dit op die selfie tyd doen nie. Maar as jy meer grade as ń termometer het, met ń nuwe BMW rond rits en ń eiendom uit verhuur, dan teer jy op jou ouers

Dankbaar ·

Ons 2 kinders woon by ons en kyk na ons.
Hulle dek alle uitgawes en behandel ons soos konings en met respek. Hulle is in hulle vroeg twintig’s. Hulle het klaar grade en werk albei. Hulle pas ook mekaar op asook vir ons.
Ek is trots op hulle.

Jozi ·

@ Kyk maar, ek plan nie om die hele ouetehuis ding te doen nie.
En tweedens ek het een amazing kleinkind en ons het ‘n wonderlike verhouding. Ons gaan verseker lekker kuier vorentoe.
My kinders het almal na skool gaan studeer en was nog nie ‘n dag sonder werk nie. Geswot, begin werk en toe beweeg hulle aan.
En ons kuier baie gereeld, en ons is lief vir mekaar en hulle het opregte waardering vir dit wat ons vir hulle kon bied.
Hulle ken van arm student wees. Daar was nie ‘n goue lepel in die mond nie.
Die punt wat ek probeer maak is 1) Dinge is anders as way back when en ons kan nie verwag dat ons kinders vandag op 18 of pas uit universiteit met hul graad of twee verseker gaan wees van ‘n werk nie.
2) In welke geval, behoort ons as ouers hulle te ondersteun terwyl hulle poog om finansieel onafhanklik te word.
Ek se glad nie jongmense moet vir altyd en ‘n dag by hul ouers woon nie.
Dit neem net langer as in die verlede.

@my mening. Ek se jammer. Jy het duidelik die harde en moeilike pad gestap om menige uitdagings te oorkom.
Mag ek se ek het baie respek vir jou en al die ander studente wat op n jong ouderdom moes swot, deeltyds werk en hul bes doen om te “oorleef”.
Ek glo jy is ‘n fantastiese rolmodel vir jou kind.

Susan ·

Balans dink ek is die sleutel, maak nie saak hoe oud n kind is nie, my deur staan altyd oop vir my kinders. As my eie ma haar sin kon hê, sou sy die Edwards huis (van Egoli) wou hê, al haar kroos met skoonseuns en – dogters en kleinkinders onder een dak. Punt is, werk die kind of lê hy/sy rond, bring hy sy kant of moet alles gedoen word vir hom/haar, hou hy/sy by die reëls in die huis of is hulle onbeskof en maak en breek soos hulle wil (want in daai geval dan help ek sommer pak). Dis waar balans inkom wat bepaal of hulle kan bly of gly. Party teer op ouers en kort n skop uit die nes om hulle op hul voete te kry en hulle te vorseer om te gaan werk. Ander storie as hulle werk en net daar bly en hulle kant bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.