[Foto’s] Fotograaf vang baba se laaste oomblikke met gesin vas

Foto: Lindsey Brown Photography

Foto: Lindsey Brown Photography

Lyndsay en Matthew Brentlinger van Ohio in die VSA het jare lank gesukkel om swanger te raak, en toe hulle hoor dat hulle ʼn tweeling gaan hê, was dit dubbel die vreugde.

Tydens die 23ste week van die swangerskap het die dokter  ʼn hartkwaal by een van die babas gediagnoseer en Lyndsay en Matthew het die aaklige nuus ontvang dat hul seuntjie, William, dood by geboorte sal wees.

“Die linkerdeel van sy hart het nie gefunksioneer nie,” het Lyndsay aan ʼn televisienetwerk in Houston gesê.

Lyndsay het in Desember 2016 lewe geskenk aan William en dogtertjie Reagan en dit was vir dié gesin ʼn wonderwerk om te sien dat William nog lewe.

Albei babas is saam met hul ouers huis toe in Toledo, hoewel Lyndsay en Matthew geweet het dat William nie lank sal lewe nie.

Om William se laaste kosbare oomblikke saam met sy gesin te verewig, het ʼn familievriend die fotograaf, Lindsey Brown, genader.

“Dit was slegs ʼn paar dae voor Kersfees, maar weens die omstandighede het ek ingestem,” het Lindsey in ʼn onderhoud aan CNN gesê.

“Die tweetjies was perfek. William was so wakker gewees – dit het gelyk of hy alles wou inneem, terwyl sy sussie net heeltyd geslaap het. Dit het my hart gebreek – William het vir my gestaar terwyl ek hom afgeneem het,” het dié fotograaf gesê.

Klein William is 11 dae ná sy geboorte oorlede.

“Dit was die beste 11 dae van my lewe,” het pa Matthew gesê.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mamma van 3 ·

Sit ek nou en huil hier by die werk. Dis so hartseer. Nog n klein engel by die Here se voete. Rus sag!

botterblommetjie ·

My oë ook vol trane en my hart as moeder wat nie verstaan nie… hoekom…??

Eileen ·

Moes ook maar ‘n tissue gryp. Wat ‘n pragtige klein engeltjie.

Denise ·

Baie mooi fotos maar vir my so hartseer hy is so wakker net om elf dae te lewe !!!!! Sterkte aan die ouers en baba sussie!!!

LS ·

Dis so hartseer !!!
Dit is asof boetie bly leef het vir sussie se onthalwe, sodat hy tyd saam met haar kon spandeer , ai dis so pragtige maar hartseer storie.
Sterkte aan die ouers, dink aan julle in hierdie moeilike tyd!
Mag God julle hande styf vashou.

Jane ·

Mooiste ou twee babatjies. Kosbare wesentjies en so dankbaar dat julle wel ‘n kort tydjie met julle seunskind kon deurbring. RIV, so jammer jou hartjie was nie sterk genoeg vir die wereld nie. So jammer oor julle verlies en baie sterkte met die verwerking van die groot verlies. Geniet julle meisiekind en gee haar sommer ‘n ekstra drukkie en soentjie van haar boetie af.

Sê Net ·

Hoe groot God se genade! Die ouers verwag n stil-geboorte vir een van die tweeling dan kry hulle wel 11 dae om n stukkie hemel vas te hou. Hulle sal daardie tydjie saam altyd koester en die sussie altyd as n wonderwerk sien. Alle kinders is wonderwerke maar ons vergeet dit só maklik wanneer ons gesonde kinders het. Mag hulle 3, in tyd om te kom, troos vind in die mooi herinneringe van 11 dae en pragtige foto’s.

Jenna ·

William het beslis aan die lewe geklou vir sy sussie, ware liefde van die begin tot bitter einde. Jy is en sal altyd jou sussie se beskerme engel bly. Aan die ouers eendag sal julle die antwoord kry hoekom William se afsprakie so gou was. My hart gaan uit na julle.

katryn ·

baie hartseer. Jammer, ek moet nou net iets sê: ek weet dit is mode om babatjies so styf toe te draai na geboorte, laat hulle kamma veilig voel, maar ek weet darem nie. In my maag kon hulle darem nog woel en skop soos hulle wil. Nou word hulle beweging heeltemal ingeperk. Kyk hoe probeer pasgebore William sy arpies loskry en later het hy sy voete uitgekry – heeltemal te veel inspanning vir kind met hartprobleme! Dalk moet die professionele mense net weer gaan dink oor hierdie styf-toedraaiery. Ek het my kinders nooit so styf toegedraai nie, hulle het nie gelê en huil nie, was heeltemal gelukkig om armpies en beentjies te kon skop soos hulle wil. Onwillekeurige ruk van arm of been laat hulle wakker skrik, ja, maar dan slaap hulle weer verder. ens ens

fraai ·

My kinders het altwee blou moord geskreeu as hulle NIE toegedraai was nie. Almal verskil so daar is nie professionele mense wat kan voorskryf nie. As sy haar kinders wil toedraai, los haar

MR ·

Ag Katryn,jou kommentaar is onvanpas.. Dit is nie nodig om nou slim te wil wees terwyl jy eerder net die berig kan lees en sien waaroor dit eintlik gaan nie

M ·

Pragtig hartseer pragtig hartseer pragtig
Regtig nie die tyd on swaddling te bespreek Nie. Dit is fotos,nie hul leefstyl! Mag hul gedra word met die gemis!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.