[Foto’s] Ma deel teer oomblik tussen boeties

(Foto: Instagram)

(Foto: Instagram)

“Ouboet is hier, alles is oukei,” het die driejarige William Blanksby sy boetie, Thomas, wat vier maande oud is, getroos. Thomas het terminale kanker.

Sheryl Blanksby het ingestap en verwag haar seuns maak moeilikheid. William was egter besig om sy broer te verseker dat alles “oukei” is. Sheryl het ʼn foto van die teer oomblik op sosiale media gedeel.

Die dokters kan niks meer doen vir Thomas nie en sy ouers weet ook nie meer hoe lank hy gaan lewe nie. “Daar is trane en die intense pyn, omdat jy weet jy gaan iemand verloor vir wie jy so lief is.”

“Ons neem die heeltyd video’s en foto’s van hom, staar na hom en gee vir hom soentjies,” sê sy ma. “Ons probeer as gesin die beste wat ons kan, maar tot dusver was dit baie moeilik.” Die Blanksby-egpaar wil nog graag met hul twee seuns gaan reis, strand toe gaan, piekniek hou, vrugte pluk en gesin-fotosessies hou.

Thomas was ses weke oud toe dokters sy linkernier verwyder het nadat ʼn gewas ontdek is. Die dokters het toe ontdek Thomas het ʼn seldsame kanker wat slegs by babas en kleuters voorkom. Sedert die operasie het hulle gewasse in beide sy longe en op sy heupbeen gevind.

Hierdie kanker begin gewoonlik in die niere en kan ook versprei na die brein. Die dokters het tot dusver nog geen behandeling daarvoor gevind nie.

Die Blanksby-gesin weet hulle gaan Thomas verloor, maar sê hy leer hulle wat werklik belangrik is in die lewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

muis ·

So pragtig en vriendelike babatjie ons gaan oor 10;15;20 ens. Oor die baba weer lees waar hy agterskool banke sit, studeer op universiteit en n sakeman gan wees. By God is onmoontlike dinge MOONTLIK!! Hy is op die aarde met sy siekte stryd met n DOEL! N Eye-opener hoe Groot God is!

Denise ·

Dit is vir my baie hartseer Thomas is so vol glimlaggies !!!! Vir my is dit baie moeilik om so iets te verstaan dit is dan net n baba?????

NELIA MEYER ·

By GOD is niks onmoontlik nie… ons bid GOD se GENADE toe oor klein THOMAS en is dit ons gebed dat hy genesing uit ons VADER se hand sal vind tot eer en verheerliking van sy HEILIGE NAAM. Sterkte aan sy ouers met GELOOF HOOP EN GENADE

Corne ·

Ek het al gehoor hoe kanker mense genees word met Canabis olie.

JudyCupcake ·

Ag Siestog So Spesiaal die liefde tussen die boeties, baie jammer vir hulle as gesin siestog xxx

Vkcky Bownes ·

Jammer sal en kan dit nie net goedsmoed aanvaar nie. My gesonde verstand kan dit nie verwerk nie…. Dit is skryend. Dis ñ onskuldige baba. My hart wil breek my hart wil skeur.

Mienkie ·

N mens moet nie sê ons weet ons gaan hom verloor , God kan hom genees, glo en vetrou op die Blessing…..ons mond het krag…..

J ·

Ons word almal aan mekaar geleen. ‘N groet kan lank of skielik wees. Maar wonderwerke is moontlik indien nié antwoorde sal daar eendag wees. Sterkte aan ouers en geliefdes. Leer by Boetie hy is gelukkig vir elke dag om sy kleinboet kinderlike broederlike en onvoorwaardelike liefde te gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.