‘Gap’-jaar? Nee, FAK Horisonjaar!

Die FAK het ʼn opwindende nuwe program ontwikkel vir skoolverlaters en jongmense tussen die ouderdom van 18 en 21 jaar wat graag meer ondervinding in die wêreld buite klasroosters en eksamens wil opdoen voordat hulle die belangrikste keuses van hul jongmenslewe neem.

Dié program staan bekend as die Horisonjaar en is spesifiek ontwikkel om jongmense binne ʼn veilige omgewing bloot te stel aan ʼn wye verskeidenheid ervarings wat alles daarop gemik is om hulle volle potensiaal te ontwikkel terwyl hulle dit geniet en nuwe vriende maak. Die program word ondersteun deur verskeie organisasies met wie die FAK saamwerk wat onder andere tersiêre instellings soos die NWU, Akademia en Sol-Tech insluit.

Vinnige antwoorde op ʼn paar kernvrae:

  • Wie kan aansoek doen? Jongmense wat tans in matriek is of reeds matriek geslaag het en tussen die ouderdom van 18 en 21 is.
  • Is daar keuring? Ja, daar is slegs plek vir 14 jongmense.
  • Hoe lank duur die program? 10 maande.
  • Waar word dit aangebied? Udolpho, die FAK se Jeugplaas buite Parys langs die Vaalrivier. Daar sal egter verskeie ander plekke besoek word deur die loop van die jaar.
  • Wat kos dit? Inskrywing is verniet, maar ʼn deposito van R2 500.00 is betaalbaar indien jou aansoek suksesvol is. Die volle prys sal wissel tussen R80 000 – R100 000 na gelang van die betalingsopsie wat gekies word en die keuse aktiwiteite. Die prys is allesomvattend en sluit onder andere alle verblyf, etes, kursusmateriaal en vervoer in.
  • Is daar ʼn afsnydatum vir inskrywings? Ja, inskrywings moet voor of op 30 April 2018 ingestuur word.

Die program sal in vier kwartale aangebied word en veral fokus op sewe areas nl.

  1. Ken jouself
  2. Wêreldbeskouing
  3. Gemeenskapsbetrokkenheid, geskiedenis, taal en kultuur
  4. Praktiese lewensvaardighede
  5. Loopbaanontwikkeling
  6. Netwerk
  7. Avontuur

Vir meer inligting oor die Horisonjaar of om ’n inskrywingsvorm in die hande te kry stuur ʼn e-pos aan: [email protected] of vul die aanlynvorm in by die FAK se webblad www.fak.org.za/horisonjaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.