Geen spasie by skole? Tuisonderrig bied ’n werkbare alternatief

tuisonderrig

Argieffoto Foto: todaysparent.com

Die nuwe skooljaar het hierdie week begin, en met baie skole wat reeds oorvol is, is ouers op soek na alternatiewe om in die opvoedkundige behoeftes van hulle kinders te voorsien. Aangesien duur privaat opvoeding nie vir alle gesinne beskore is nie, begin al hoe meer ouers om tuisonderrig te oorweeg.

Tuisonderrig, wat eens op ’n tyd as ’n vreemde verskynsel beskou is, is sedert 1996 wettig in Suid-Afrika en het die afgelope paar jaar wyd aanklank begin vind. Terwyl die bogenoemde kwessies – oorvol klaskamers en bekostigbaarheid – baie mense aanspoor om meer oor tuisonderrig uit te vind, is die redes waarom ouers kies om hul kinders tuis te onderrig gevarieerd.

Wat ook al die redes, tuisonderrig bied aan ouers – en kinders – buigsaamheid rondom tyd, plek, leermateriaal en tempo. Wat dit beteken is dat ouers kan besluit hoe, wat en waar hulle kinders leer. En met die beskikbaarheid van vooraf opgestelde kurrikulums wat lesplanne en skedules insluit om ouers te ondersteun, is tuisonderrig kinderspeletjies. Tuisonderrig leerders kan dus volgens hul eie behoeftes leer en steeds ʼn geldige matrieksertifikaat aan die einde van graad 12 behaal.

Ouers wat die idee steeds uitdagend vind, hoef egter nie bekommerd te wees nie. Baie ouers win die hulp van tutors en leersentrums vir kontaksessies in. Dié fasiliteerders bied aanvullende onderrig en ondersteuning aan tuisonderrigkinders, asook geleenthede vir die opdoen van ervaring en ontwikkeling as deel van die breër gemeenskap. (Neem egter kennis dat ’n tutor of leersentrum nie die ouer se verantwoordelikheid as primêre bron van onderrig vir ’n tuisonderrigkind mag aanneem of beheer nie.)

Die opswaai in tuisonderrig die afgelope paar jaar het ook gelei tot die ontstaan van verskeie sosiale ondersteuningstelsels, wat kinders wat tuis geskool word, toelaat om saam te kuier en aan kultuuraktiwiteite en spansporte deel te neem.

Tuisonderrig is ’n opwindende en werkbare alternatief tot hoofstroomopvoeding en die toewyding, tyd en sorg wat dit verg om jou kind tuis op te voed, is beslis die belegging werd. Indien jy sukkel om ’n plasing vir jou kind by ’n skool te kry – of ernstig ander moontlikhede oorweeg – onthou: Die geïndividualiseerde benadering van tuisonderrig plaas die fokus op jou kind; jy beheer die standaard en gehalte van jou kind se opvoeding; groepsdruk is beperk; en die ekstra tyd wat julle saam gaan spandeer sal ongetwyfeld die band tussen julle versterk.

Impaq (voormalig bekend as Impak Onderwysdiens) bied aan jou as ouer alles wat jy benodig om jou kind tuis te onderrig van Gr R – 12. Die pakkette sluit in ’n omvattende stel lesmateriaal, ouerleiding en -ondersteuning, assesseringskomponente en verwante dienste, om aan jou totale beheer oor jou kind se opvoeding te gee.

Die artikel is verskaf deur Impaq en is saamgestel deur Danielle Barfoot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.