Greenpower ZA wek belangstelling in talle vakgebiede

Vorige Greenpower ZA-kompetisies (Foto: Greenpower ZA)

Vorige Greenpower ZA-kompetisies (Foto: Greenpower ZA)

Die Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine het vandeesweek aangekondig dié skool gaan deelneem aan Greenpower ZA se Forumle 24-projek. Dié inisiatief wil met ʼn reeks prettige kompetisies vir die jongspan die jeug in Suid-Afrika se belangstelling in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en wiskunde opnuut aanwakker.

Greenpower ZA se Formule 24-kompetisie, waaraan die skool gaan deelneem, is ʼn uitdaging waarin leerders hul eie elektriese, enkelsitplek-renmotor moet ontwerp om aan ʼn wedren, op 21 Oktober in Delmas, deel te neem.

Motorsport word met dié kompetisie gebruik om aanklank te vind by die jeug en leerders kry dan ook die geleentheid om prakties geïnspireer te word op die gebied van ingenieurswese, wiskunde, wetenskap en tegnologie.

Vorige Greenpower ZA-kompetisies (Foto: Greenpower ZA)

Vorige Greenpower ZA-kompetisies (Foto: Greenpower ZA)

Hoewel die leerders bygestaan word deur twee onderwysers, berus die onus om verantwoordelikheid te neem vir alle aspekte van deelname en dinkwerk, by die entoesiastiese leerders self.

Leerders van HTS Tuine het op 9 September die renmotor-raamwerk ontvang. Die beplanning en opwinding van die laaste fase het pas begin.

Leerders is tans ook besig om verskeie ondernemings te nader om die projek te borg. Indien jy belangstel om betrokke te raak, kan jy ʼn e-pos stuur na [email protected].

Vir meer inligting, of om ook betrokke te raak, besoek die Greenpower ZA se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ken ·

Hierdie skool het visie. Dankie dat julle aan die leerders se toekoms dink.

E.K. ·

Wat ‘n lekker manier om kinders by sg “goor” vakke betrokke te kry en te sien mens kan geniet terwyl jy leer. Uitstekende idee, hoop daar is nog heeelwat meer sulke tipe goed om die belangstelling van meer kinders by hierdie vakke betrokke te kry.

Riaan ·

Ons onderskat ons kinders se vermoe. Hulle het net ‘n hupstoot en ondersteuning van hulle onderwysers en ouers nodig om die beste in hulself te kan uithaal.Ek is ongelooflik trots op die span.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.