Groot Gees skolekompetisie skop af

Die burgerregte-organisasie AfriForum is baie opgewonde om vanjaar deel te wees van die Groot Gees skolekompetisie. Dié kompetisie word in samewerking met Groot FM en Beeld aangebied. Agtien skole in en om Pretoria neem aan die Groot Gees skolekompetisie deel. Elke deelnemende skool word die geleentheid gegun om te wys hoeveel gees hy het en hoop om dan as wenner uit die stryd te tree as die skool met die meeste gees.

Die kompetisie het vandag by Laerskool Constantiapark afgeskop. “Dit was ʼn heerlike oggend en CP’s se gees is gevaarlik goed. Die skool het verseker ʼn baie hoë standaard aan al die ander skole gestel,” meen Carien Bloem, hoof van onderwysveldtogte by AfriForum.

“Dit is heerlik om by skole te kom waar onderwysers soveel moeite vir ons kinders doen en op ʼn positiewe manier ʼn groot rol in hulle toekoms speel,” het Bloem bygevoeg.

Die volgende skool neem op 12 Maart aan die Groot Gees skolekompetisie deel.

Hiermee ‘n paar foto’s en ‘n video geneem deur Groot FM:

https://www.youtube.com/watch?v=x4_XcvXlk40

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.