Ouers is al te bewus van kinders se vermoë om met tegnologie te werk – talle kinders weet selfs beter as hul ouers hoe mobiele toestelle werk.
Die hoeveelheid tyd wat kinders egter aan hul slimfone en tabletrekenaars spandeer (selfs in die aand onder die kombers wanneer die lig lankal afgeskakel is), is kommerwekkend.
Nou het jy egter, danksy ʼn app genaamd “Our Pact”, ʼn instrument om jou kind se internet- en appgebruik te skeduleer volgens jou kind se daaglikse roetine. Jy kan ook ʼn beperking plaas op die hoeveelheid tyd wat jou kind daagliks met die toestel mag speel en jy kan toegang tot die internet en ander apps baie maklik verbied.
“OurPact” is ontwikkel deur ParentsWare, en wil ouers bemagtig om hul kinders te help om op ʼn gebalanseerde manier tegnologie te gebruik.
Met dié app kan jy:
- internet en app-gebruik skeduleer volgens jou kind se daaglikse roetine, en onderskei tussen weeksdae en naweke
- bepaal hoeveel tyd jou kind op die internet en aan apps mag spandeer
- internettoegang en apps verbied
- OurPact kan pornografie verbied
Volgens die maatskappy moet die app nie beskou word as iets om jou kinders mee te “polisieer” nie, dit kan eerder as ʼn “gesinsriglyn” gebruik word.
Die app is gratis en is tans beskikbaar op die App Store.
‘n Weergawe word binnekort vir Android-toestelle vrygestel.
Besoek die webwerf en Facebook-blad.
OurPact het verskeie hulpvideo’s op sy YouTube-kanaal beskikbaar indien jy vasbrand.