Hierdie video’s kan jou kind se Wiskunde red!

Met enkele weke voor die wintereksamen is dit nou die tyd om seker te maak jou kind is voorbereid vir die Wiskunde eksamens. Laaste voorbereidings kan ’n groot verskil maak. Spring weg met twee uur lange video’s waarin eksamenvraestelle bespreek en deurgewerk word en red jou kind se Wiskunde!

Verby is die moedelose laataande voor stomme boeke. Solidariteit Helpende Hand se Ekstra Wiskunde-projek bied ’n bekostigbare en interaktiewe oplossing vir elke kind wat daardie hupstoot met Wiskunde nodig het. “Wiskunde is van kardinale belang vir enige kind se toekomstige loopbaan en baie beroepe vereis goeie Wiskunde-punte,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand en stigter van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (V.A.W.).

Die V.A.W. glo ekstra wiskundeklasse kan ’n daadwerklike verskil in kinders se punte maak en het daarom begin om aanlyn klasse aan te bied. Ekstra wiskundeklasse is dus ’n uitstekende belegging wat ’n reuseverskil in jou kind se lewe kan maak. Deesdae betaal ouers egter deur hul nek vir bykomende klasse.

Dit is waarom Helpende Hand hul ondersteuners toegang bied tot weeklikse aanlyn wiskundeklasse van wêreldgehalte teen ’n bekostigbare prys. Kinders kan dit op hul eie tyd in hul eie kamer deurwerk. Indien kinders steeds sukkel, kan hulle Wiks die Wiskunde-superheld kontak en vir hulp vra.

Dit is veral die V.A.W. se twee uur lange video’s wat eksamenvraestelle bespreek en deur die kurrikulum werk wat deur die eksamen gedek gaan word wat vir leerders dringend ’n voorsprong kan gee vir die Juniemaand eksamens.

Teen net R50 per maand kan kinders van gr. 4 tot 12 ekstra Wiskundeklasse ontvang! Hiervoor verkry jy toegang tot die Ekstra Wiskunde-webtuiste – wolkskool.co.za – waar klasse vir leerders van gr. 4 tot 12 beskikbaar is, en toegang tot die leerinstelling Akademia se 11 landwye sentrums.

Ekstra Wiskunde se voordele sluit in:

  • Twee uur lange video’s wat Wiskunde-eksamenvrae bespreek – Eksamenvoorbereidingsvideo’s vir gr. 4 tot 12 is beskikbaar op wolkskool.co.za. Hierdie video’s gaan die kurrikulum bespreek en kyk na die tipe vrae wat in die eksamen gevra kan word.
  • ’n Koepon ter waarde van R600 vir die webtuiste diemarkplein.co.za. Met hierdie koepon kan ou vraestelle, oefenvraestelle, memorandums, werkkaarte, wenke en vele meer afgelaai word.
  • Lewendige klasse vir gr. 12-leerlinge – Vir gr. 12-leerlinge word daar weeklikse ekstra Wiskunde-klasse aangebied. Leerlinge kan die klasse bywoon en lesse regstreeks kyk by een van Akademia se 11 landwye sentrums.
  • ’n Wiskundespesialis, Wiks die Wiskunde-superheld, is beskikbaar op WhatsApp om kinders se vrae te beantwoord. Dié foendie sal hulle binne 72 uur met moeilike probleme kan help.
  • Gratis Wiskunde-winterskoollesse sal van 12-14 Julie 2017 regstreeks deur die Akademia-platform uitgesaai word vir gr. 12-leerders.  Besoek Ekstra Wiskunde nou om jou plek by een van die 11 landwye sentrums te bespreek!

Gee jou kind die beste kans om Wiskunde baas te raak! Gaan na wolkskool.co.za of SMS die woord “Wiskunde” na 39950 en ons bel jou. Elke SMS kos R2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.