Hoe leer ons kinders?

children-learning.jpg

Foto: oxfordlearning.com

[promosie-artikel]

deur Prof Rita Niemann

Gedurende die eerste paar jaar van kinders se lewens is die leerproses maklik waarneembaar en ouers staan dikwels verstom oor die wyshede waarmee hul kleingoed vorendag kom. Daarenteen kom leerfasiliteerders tydens die skoolfase deurentyd voor die uitdaging te staan om onderrig op so ’n manier aan te bied dat leer so effektief as moontlik kan plaasvind. Dit is dus baie belangrik vir kurrikulumverskaffers soos Impak om ’n deeglike studie te maak van hoe leer plaasvind, sodat daardie kennis toegepas kan word om effektiewe leermateriaal te ontwerp en aan te bied.

Die brein is ’n komplekse orgaan wat op ’n ingewikkelde wyse funksioneer en die leerproses is self ook ingewikkeld. Die beste manier om ouers, fasiliteerders en onderwysers te help om proses te verstaan, is om dit grafies voor te stel. Hoe beter ouers, fasiliteerders en onderwysers die leerproses verstaan, hoe makliker word dit dan weer vir hulle om die leerproses effektief te fasiliteer.

Kliek op die foto om die groot weergawe te sien:

Maroela-Media_Hoe-leer-ons-kinders-2.png

Artikel verskaf deur:  Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.