Hoekom neem mens selfies?

Argieffoto (Foto: wilkernet, Pixabay)

Daar is seker nie een mens op skool wat nog nie ’n selfie geneem het nie. Daar is baie redes hoekom ons ’n selfie neem: soms is ons alleen en is daar niemand om ’n foto van ons te neem nie. Ander kere verkies ons ’n selfie bo ’n groepfoto wat lyk soos iets uit die skool se jaarblad, en ’n selfie vang baie keer die atmosfeer van die geleentheid beter vas. Soms speel ons maar net met ons fone en is ons alleen en wil ons ’n foto hê om vir iemand te stuur. Nie een van hierdie redes is iets om oor te bekommer nie.

Wanneer moet ons wel begin bekommerd raak oor selfies? As ons hele sosialemediaprofiel, veral op Instagram, net selfies is.

As jy byvoorbeeld 50 foto’s op Instagram het en 10 daarvan is selfies, is dit glad nie abnormaal nie. Maar as 40 van daai 50 foto’s almal selfies is, moet jy mooi daaroor begin dink. Dit beteken nie jy is selfbehep of narsisties nie. Nee. Maar dit stuur wel ’n boodskap uit na die groter wêreld waarvan jy nie dalk bewus is nie.

’n Goeie balans is om te sê: vir elke selfie deel ek ook ’n foto saam met ander mense asook ’n foto van iets wat vir my mooi is; daar waar ek letterlik die kamera weg van my gedraai het. Selfies is deel van ons generasie. En soos met alles, is daar niks fout daarmee as dit in matigheid geskied nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ChrisE ·

Daar is geen probleem om ‘n selfie te neem nie. Ek sal ook selfie neem as daar niemand anders is om ‘n foto van my te neem nie.

Gert ·

Ek verstaan dit glad nie lyk vir my net nie reg as die selfies daai bekkie so tuit trek en dit word fotos geneem vir die a span, ek raak seker nou net te oud vir die nuwe nonsens .

Sputnik ·

Ek het self nog nooit ‘n selfie geneem nie, maar sien absoluut niks verkeerd daarmee nie, behalwe as dit, soos in die artikel berig, oordoen word. As jy in ‘n spieël kan kyk, of in die openbaar kan verskyn, kan jy seker maar ‘n selfie ook neem? Nee wat mense, kom by en lewe!

anton ·

n gesegde wat lui……..I do love myself, who do you love?
Mense het net heeltemal te behep geraak met selfone en is somtyds net n pyn.
Dink as jy meerderheid mense se selfone wegneem, val hulle hele lewens uitmekaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.