Impak se leerlinge maak ‘n verskil

Aletia-Steenkamp-Impak

Aletia Steenkamp was Impak se toppresteerder in 2014 met ses onderskeidings en ‘n gemiddelde van 82,6%. Foto’s: Verskaf.

[promosie-artikel]

Impak se toppresteerder in 2014 was tuisskoler Aletia Steenkamp, met ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 82,6%. Aletia, wat Optometrie aan die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer, het onderskeidings in Afrikaans, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, wiskunde en rekenaartoepassingstegnologie verwerf.

Aletia is egter nie die enigste Impakker wat beïndruk het nie. Petrus Erasmus is net ’n kortkop agter met ses onderskeidings in Afrikaans, Engels eerste addisionele taal, ingenieursgrafika en ontwerp, lewensoriëntering, wiskunde en inligtingstegnologie. Met ’n gemiddeld van 79,7%, gaan hy vanjaar Megatroniese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Kobus Stadler, Lizri Kotze en Pieter Engelbrecht was die ander drie uitblinkers in Impak se Top 5, met drie onderskeidings elk. Met gemiddeldes ver bo 70% lê daar nog ʼn blink toekoms voor vir dié driestuk.

Impak-matrikulante se prestasie in 2014 getuig van die maatskappy se wenresep. Ongeveer 650 kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê, met ’n slaagsyfer van 72%. “Ons is baie trots op al ons leerders en personeel, en het groot verwagtinge vir ons matrikulante in 2015,” sê Stefan Botha, hoof uitvoerende beampte van Impak.

Impak het oor die laaste paar jaar gegroei tot meer as net Suid-Afrika se grootste verskaffer van ’n tuisonderrigkurrikulum. Met meer as 200 geregistreerde privaatskole en tutorsentrums in die Impak-stal, benewens die maatskappy se tradisionele tuisskoolleerders, kon Impak met sy innoverende onderwysoplossings die beste maak van die groei in privaatonderrig. Die maatskappy bied nou ’n oplossing vir elke leerder en elke behoefte.

Impak, wat in 2014 ongeveer 7 000 leerlinge geregistreer het, verwag vanjaar ’n groei in leerdergetalle van meer as 35%. Dit word veral gedryf deur sterk groei in leerdergetalle by Impak se skole en tutorsentrums. Impak is veral opgewonde oor sy aanbieding aan privaatskole, wat in 2014 bekend gestel is. Die maatskappy verskaf reeds produkte en dienste aan 21 bestaande privaatskole met ʼn beraamde 1 100 leerders.

Die maatskappy, waarvan die PSG Groep ’n meerderheids-aandeelhouer is, is in 2002 gestig en het oor die afgelope 12 jaar tot die grootste diensverskaffer van sy soort in Suid-Afrika gegroei. Impak bied ’n omvattende KABV-belynde kurrikulum vir graad R tot 12 en is geregistreer by SACAI, ’n Umalusi-geakrediteerde eksamenraad wat die Nasionale Senior Sertifikaat aanbied.

Registrasies is nou oop vir 2015. Besoek www.impak.co.za en word deel van die Impak-familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.