Internasionale erkenning vir nuwe afstandsonderrigstelsel

tuisonderrig-03

Foto: Homeschooling.urbankid.ro

Deur Impaq

Tuisonderrig is in 1996 in Suid-Afrika as wettig verklaar en raak sedertdien al hoe meer gewild. FutureLearn, ’n afstandsonderrigverskaffer vir leerders in die skoolfase, beraam dat daar tans nagenoeg 90 000 tuisonderrigleerders in Suid-Afrika is, waarvan meer as 16 000 van hulle produkte en dienste gebruik maak.

Alhoewel dit baie voordele inhou, word afstandsonderrig gekenmerk deur ’n gebrek aan interaksie tussen die leerder en die fasiliteerder. Dit beteken dat afstandsonderrigverskaffers doeltreffende tegnologie-gedrewe leerstelsels moet ontwikkel om leerders se sukses te optimaliseer. Twee van FutureLearn se werknemers, prof. Rita Niemann (uitvoerende Hoof: Akademie) en Eloise Nolte (uitvoerende hoof: Innovation Consulting Group) het kragte saamgespan om ’n omvattende ekostelsel te ontwikkel wat leer sal verbeter, ongeag die gebrek aan persoonlike interaksie.

Deur FutureLearn as gevallestudie te gebruik, het Niemann en Nolte navorsing gedoen oor beide die teoretiese en praktiese kwessies by die ontwerp van ’n leerstelsel. Die teoretiese aspekte het gefokus op basiese leerteorieë en kurrikulumvereistes, terwyl die praktiese kwessies gekyk het na die implikasies wat die teoretiese kwessies vir die ontwikkeling van ’n doeltreffende leerstelsel inhou.

Niemann en Nolte het die onderskeie leerteorieë bestudeer en ’n sintese gedoen van die kernbeginsels asook die vereistes van die land se nasionale kurrikulum (KABV) om ’n leertaksonomie (soos hieronder uiteengesit) te ontwikkel.

Die leertaksonomie daag afstandsonderrigverskaffers (soos FutureLearn) uit om te bepaal hoe teoretiese leerbeginsels in die praktyk oorgedra en toegepas kan word. Niemann en Nolte se navorsing bied egter ook ’n raamwerk vir die bou van ’n stelsel wat sal verseker dat die beginsels van leer aan die verbonde tegnologiese eise voldoen.

Niemann en Nolte se navorsing sal aangebied word by die International Conference on Business, Economics and Social Sciences in Lombok, Bali in April vanjaar, asook tydens EduWeek, wat in Junie in Midrand plaasvind. Hul verslag gaan ook in die International Journal of Economics Research (Vol 15, 2018) gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nicki Blakeway ·

“gebrek aan interaksie tussen leerder en fasiliteerder”…. ag nee wat. Baie kennis kom dan uit die geskrewe werke van persone wat honderderde jare gelede gelewe het! Om eerlik te wees is die traditionele onderwyser van die die verlede al LANK al deel van die geheuenis, vandag is daar 45+ kinders per klas, is baie klas kamers wanordelik en is die onderwysers oorweldig. Hoevell direkte interaksie daar plaasvind sal moeilik vasgestel word.

JC ·

Tuis/Selfonderrig, gerugsteun deur afstandonderrig modelle, is die toekoms- veral vir besorgde Afrikaner ouers wat bekommerd is oor hul kinders wat gedwing word om liberaal geinfesteerde “hersiene” geskiedenis kurrikulums; [met gepaardgaande miskenning van die Afrikaner, en sy belangrike en betekenisvolle rol in SA (bv. die Anglo-Boereoorlog, en vroeer helde soos Cornelis Frederik Bezuidenhout en die Slagtersnek rebellie-en eeue daarna ‘n ironiese nadraai daarop met die mislukte Jameson inval en die vernedering van die Britte- en President Kruger se briljante kwytskelding van die verfoeilike akteurs daarin- anders as by Slagtersnek-asook volkshelde soos Jopie Fourie, Generaals De Wet, De la Rey en Beyers en aie andere onnoembare “Afrikaner/boere bouers” en mense soos D.F. Malan en J.B.M. Hertzog] te leer.

Ironies genoes is die Afrikaner se geskiedenis en erfenis ryk genoeg en is daar genoeg waardering daarvoor dat hy in die Penguin History of The World van deurspek is, en nogal telkemale na verwys word, maar nie goed genoeg om uiting te vind in SA skole se Sosiaal- Marxisties- geinspireerde “geskiedenishandboek” nie.

Sonder erfenis en ‘n begrip van waar JY EN JOU GEMEENSKAP EN KULTUURGROEP vandaan kom, kan jy NIE vorentoe nie, en dobber jy doelloos rond soos ‘n voorwerp in ‘n eindelose see van onsekerheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.