Jou matriekuitslae in die palm van jou hand!

Om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word.

Ons weet die eindeksamen kan ʼn groot knop op die maag veroorsaak en met bykomende bekommernisse oor wat volgende jaar gaan gebeur en die onbekende wêreld wat wag, het ons ook hiervoor voorsiening gemaak: Maroela Media het met verskeie kenners gesels en die app bied hope raad en video’s om die senuwees bietjie te kalmeer en matrieks te help om te fokus op dit wat saak maak.

As jy bekommerd is oor jou toekoms, nie mooi weet hoe om rustig te raak en te fokus op jou akademie nie, sukkel om op te som of sommer net nie weet waar om te begin met jou leerwerk nie, is “Maroela Matrieks” ook jou antwoord!

Jy kan al die lees- en kykstof op die app op sosiale media deel en jy kan dus sommer ook jou vriende, wat dieselfde uitdagings as jy beleef, daardeur bemoedig.

Jou ouma en tannie wat dalk ver bly en ook gretig is om jou uitslae te sien, kan boonop ook die “Maroela Matrieks”-app aflaai. Hulle sal dan ook jou punte kan sien sodra die uitslae bekend gemaak word. (Onthou om jou eksamennommer met hulle te deel sodat hulle maklik jou uitslae kan opsoek!)

Maroela Matrieks is beskikbaar vir Android- en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JT ·

Ag maar dit was lekker om te wag vir die koerant, n paar biertjies te vat en te wag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.